PDA

View Full Version : Is fietsryers altyd onskuldig ?



Lukas
01-07-2013, 08:34 PM
Ek gaan vanaand ’n teer sakie aanraak. Dit is nou ’n baie slegte ding in die nuus dat Suid-Afrika se beste atlete nie ons paai oorleef nie. Maar ek het baie oor die ding gewonder. Ek het nou al ’n paar keer hieroor gedink en dit kon net so wel met my gebeur het.

Ek is nou maar een van daardie motoriste wat nie eers op motorfietse ingestel is nie. Hoeveel keer het ek my nie al agter die stuurwiel vrek geskrik as ’n motorfiets by my verby bars nie. Ek skrik elke keer want ek het die ding nooit sien kom nie. Ek is nooit laat vir ’n afspraak nie maar dit gebeur weinig dat ek vir ’n afspraak betyds in die pad val. Maar omdat ek die verkeer gewoonlik goed lees en goed kan vleg, vang ek my elke keer dat ek net voertuie in my truspieŽl monitor. Daar waar die motorfietse vandaan kom is hulle gewoonlik vÍr buite my spieŽl se vermoŽ wanneer ek my skuif maak. Dit is net ’n genade dat ek tot vandag nog nie ’n motorfiets oor die reŽlings gehelp het nie.

Maar fietse is vir my net so erg. Nee, dit is erger. Hulle het nie hoofligte nie, kan maklik 80km per uur en vinniger ry en dan kry ek die gevoel dat die ou op die fiets, glad nie omgee hoe jy die penaries wat hy vir jou skep, moet oplos nie. Ek ry byvoorbeeld op ’n pad waar ek 120kpu mag ry. Om die draai en hier is die fietsryer in die pad aan die verkeerde kant van die geel streep omdat die kant aan die ander Kant van die geel streep vir hom te nou is, of omdat die groepie ryers eenvoudig besluit het dat hulle langs mekaar wil ry. Van voor af is aankomende verkeer en die motoris moet self sien hoe hy die ou met die middelvinger op die fiets moet mis, sonder om ’n gesin of selfs twee gesinne se lewens in gevaar te stel.

Ek het al ’n paar noue ontkomings met fietse gehad. Ek het redelik pad ondervinding omdat ek al vir meer as dertig jaar , tussen 40 000 en 85 000 kilometer per jaar op ons paaie spandeer. Wat maak ’n motoris wat nie ondervinding het nie. Ek wonder maar net omdat ek elke dag baie van hulle op ons paaie sien. Hoe kan so motoris uit noodsituasies kom wat deur fietsryers geskep word ?

Maar dan is die fietsryers ook in beboude gebiede waar ons 60 kpu moet ry. Hulle ry oor rooi ligte want dit tel nie vir hulle nie. Hy kom met ’n hengse spoed op jou af waar jy nie voertuie verwag nie en dan vat hy ook nog kanse om links tussen jou en die sypaadjie by jou verby te jaag. En sit ek my flikker aan om te draai, tel dit glo nie vir iemand wat op ’n fiets ry nie. Jy moet hom konsidereer maar hy het geen konsiderasie vir die motoris nie.

Moet fietsryers nie ook geleer word om vir die motoris ook te dink nie. Ek moet dit elke dag van my lewe doen. Ek moet elke voertuig voor my en elke voertuig agter my se spoed, begeertes en motiewe probeer voorspel om nie in die sop te kom nie. Waarom kan fietsryers nie ook vir motoriste dink nie? Ek sou sÍ dat hulle dit veel meer as ons moet doen. Eenvoudig omdat ons hulle die meeste van die tyd eers sien wanneer hulle reeds by ons verbygaan of waar ons op so manier op ons remme moet spring dat die voertuig agter ons nie in ons injaag nie. En om te verhoed dat ons nie ook op die lys van nare fiets-trappers kom nie.

Wat doen Europa anders ? Waarom is dit net vir ons n kopseer en waarom word fietsryers in Europa natuurlik oud ?

Leo
01-08-2013, 10:36 AM
Ek stem saam met jou Lukas. Ek het ook al 'n paar keer koud geword, omdat ek skynbaar voor 'n motorfietsryer ingery het deurdat ek van bane verwissel in normaal vloeiende verkeer. Die ding is... motorfietse en selfs fietse beweeg heel dikwels baie vinniger tussen die twee rye voertuie deur en jou oog is ingestel op die ritme van die voertuig verkeer. Ek het ook al links gedraai by 'n robot met 'n vloekende fietsryers wat by my verbyskiet aan die linkerkant... ek wil draai en hy wil reguit ry en al kom hy van agter af verwag hy van my om stil te staan sodat hy eers kan oor ry.

Hulle is heel dikwels baie arrogant en verwag dat hulle voorkeur behandeling moet kry of ry voorkeur moet geniet. Ek is ook dankbaar dat ek nog nie een van hulle raak gery het nie. Dis net genade.

blok506
01-08-2013, 08:21 PM
Ek stem ook saam n mens moet dikwels oor in die ander baan gaan om soos wat hulle die pad oorvat. Die ander ding Lukas wat ek wil byvoeg is voetgangers in die Kaap veral onder die bruin gemeenskap sal hulle eerder in die pad loop plaas van op sy sypad. Ek het nou al n fietsryer en n voetganger getrap omdat hulle dink hulle is groter as ander padverkeer.

417
01-13-2013, 04:16 PM
Dankie vir 'n intersessante draad. Ek het al baie oor die een gewonder. Ek wil begin met 'n paar definisies uit die padverkeerwet (wet 93 van 1996)

ďdriverĒ means any person who drives or attempts to drive any vehicle or who rides or attempts to ride any pedal cycle or who leads any draught, pack or saddle animal or herd or clock of animals, and ďdriveĒ or any like word has a corresponding meaning;

ďmotor vehicleĒ means any self-propelled vehicle and includes -
(a) a trailer; and
(b) a vehicle having pedals and an engine or an electric motor as an integral part thereof or attached thereto and which is designed or adapted to be propelled by means of such pedals, engine or motor, or both such pedals and engine or motor, but does not include -
(i) any vehicle propelled by electrical power derived from storage batteries and which is controlled by a pedestrian; or
(ii) any vehicle with a mass not exceeding 230 kilograms and specially designed and constructed, and not merely adapted, for the use of any person suffering from some physical defect or disability and used solely by such person;

ďpedal cycleĒ means any bicycle or tricycle designed for propulsion solely by means of human power


Die "bold" is my eie verandering. As mens net die donker woorde lees is die boodskap duidelik. Voor die reg is 'n fiets maar net 'n soort voertuig. Hy het dieselfde regte, voorregte en verpligtinge as ander voertuie behalwe vir die paar reŽls wat net op fietsryers van toepassing is. As jy 'n ander kar van agter tref is dit nie omdat hy te stadig in die middel van sy baan gery het nie. Net so vir 'n fiets. As jy 'n ander kar tref omdat jy hom nie gesien het nie is dit nie sy fout nie.

"Europese fietsryers" laat my aan Duitsland en Skandenawiese lande dink. Daai mense se totale onvermoŽ om enige reŽl te oortree is wat hulle van die res van die wÍreld onderskei. Hulle ry 100 km/h in 'n 110 km/h sone om seker te maak hulle bly binne die wet. Ons ry ten minste 130km/h in 120 sone want die "speedo" is mos met 5km/h uit en hulle vang eers van 125 af.

Dit is waar ons groot probleem is. Ons ken nie die reŽls nie en aan die wat ons wel ken steur ons ons eenvoudig nie. 'n Fietsryer hoef nie links te hou sodat jy in dieselfde baan as hy by hom kan verby blits nie. Die wet sÍ karre moet op "veilige afstand" by fietse verby gaan. Europese wette praat van ten minste 1.5 meter (dan hou hulle seker 2meter) tussen jou en die fiets. My kar se breedte plus 1.5 meter plus 500mm vir die fiets gaan nie lekker in een baan inpas nie...