PDA

View Full Version : Die Wildtuin - Die Breakdown - Die Olifantbul



456
01-13-2015, 06:24 PM
Woensdag middag die 3de dag van 2015.

Ek en Maryke is op Satara ruskamp en ons besluit ons is bietjie moeg vir self bestuur en ons bespreek vir ons 'n "Sunset Drive" op Satara.

Nou die "Sunset Drive" vertrek om 16:30 en sal weer 19:30 terug wees... Of so het ons gedink...

Vrek opgewonde arriveer ons 16:00 vir die beste seats op die 22 sitplek game viewer. Mitwell is ons Ranger en mens kan sommer sien die man is al vir ‘n paar jaar betrokke in die wildtuin. Ons name word afgemerk en ons het eerste keuse van die 22 sitplekke, heel links 2de ry van agter.

Ons vertrek toe soos beplan om 16:30 uit die kamp… en ek let dadelik op dat Mitwell geen geweer saam op die “drive” gebring het nie.. Ek wou hom vra waar is jou roer maater, maar my gedagtes keer my met “niks sal tog fout gaan nie, ons is mos op ‘n “drive” en nie ‘n stap nie”.

Sommer vroeg op die “drive” wys Mitwell ons ‘n paar nuwe interessanthede van die veld en leer ek selfs ‘n paar goedjies by van bekende dier spesies. Teen omstreeks 17:50 trek Mitwell so effe van die pad om vir ons almal ‘n goeie view van ‘n “wahlberg arend” te gee wat goeie fotos vir ons almal se kamera’s verseker het.
Mitwell start die Izuzu lorrietjie, maar hy wil nie…. Hy start hom weer maar hy wil nie….
DAAR SIT ONS MET ‘n BREAKDOWN!!....
…..maar Mitwell se lorrie sy Radio hy werk nie… Mitwell se phone hyt hom ook nie die signal nie, en Mitwell se gun hy is nie.
Ons almal klim uit die voertuig en staan in die pad, alles is nog "fun en games" en ons maak nuwe kenisse en ‘n “groot” mechanic toevallig op die trokkie kyk of hy nie sy beroep kan uitleef om die trokkie aan die ry te kry nie (Mitwell het later die man die bynaam EATwell gegee). EATwell se pogings was power en ander planne moes gemaak word. Mitwell beveel ons toe om nie verder as 20 meter van die voertuig te beweeg nie terwyl hy verder op die pad gaan stap om selfoon sein te soek. Na so 15min is Mitwell terug en latweet hy het iemand aan die hande gekry en hulp is oppad.

Almal se gesindhede is goed en daar word vir Mitwell gevra om van sy beste belewenisse te vertel terwyl ons wag vir hulp.. hy vertel van ‘n Leeu charge op ‘n oggend stap in 2007 waar hul tussen 2 leeu wyfies en hul kleintjies beland het en hoe kardinaal dit is vir toeriste om na die “Rangers” se opdragte te luister.
Die tyd word 19:00 en geen hulp is in sig nie… die tyd stap verder aan na 20:00, die son is onder en die maan skyn helder en ons “trokkie” staan steeds half van die pad met sy kap oopgemaak (die lyk nie vir die wilde diere meer normaal nie)
Ek, Mitwell en EATwell staan lekker en gesels in die pad terwyl die girls almal lekker gesels op die trokkie… TOTDAT Mitwell vir ons vra of ons dit ruik… Ons ruik die reuk dadelik (‘n tipe skerp stink reuk) en vra aan hom wat dit is.. Hy se toe dit is ‘n aleen loper Olifant Bul in Must.

Hy beveel ons almal om terug op die voertuig te klim en as ons die bul gewaar om asseblief net tjoep stil te bly… nie te beweeg.. en ook geen fotos te probeer neem nie.

Na sekerlik so 5 min sien ons ‘n groot donker skadu kol met twee merske tande wat blink in die maanlig in die oopte verskyn. WRAGTAG, hier kom die Bewoede Olifant Bul in Must reguit op ons af…. Die bul steek vas aan die oorkant van die pad 5m van ons af.. Hy klap sy ore…Stamp sy voete, Trompetter, tel sy slurp op en gooi een hengse “scene” terwyl Mitwell net met sy wysvinger teen sy mond vir ons beduie om net stil te bly.
Ons gameviewer effe van die pad af met die kap wat steeds oop is lyk nie vir die Olifant normaal nie en die bul drafstap oor die pad tot reg voor ons waar hy sy tande onder die voertuig in stoot met sy laaste spoor slegs 1.5 tree van die voorkant van ons gameviewer… en daar staan die bul en flap sy ore, Pa’s druk hul kinders se monde toe, Maryke se naels steek in my arms in en ander vroue se trane drip van hul wang… my hart op daai oomblik het sekerlik 300bpm geklop… Mens kon sien Mitwell het besef hier is nou moeilikheid… Mitwell klap teen die kant van die voertuig, skut die voetuig se sleutels en skree vir die olifant, maar die wil nie weg beweeg nie… ek hou net my oe toe en wil nie vir die enorme dier kyk nie, ek dink almal op daardie stadium het reg gemaak vir die ergste.

Eweskielik in my gedagtes kom ‘n getuienis by my op oor hoe iemand boewe in die naam van Jesus al laat wegbly het tydens ‘n inbraak… Ek kan nie regtig hierdie deel in woorde so goed beskryf nie.. maar ek staan toe op en steek my hand uit na die olifant en begin bid.. In die naam van Jesus sal jy NOU kalmeer, Olifant in die naam van Jesus draai om en stap weg!!!!!! Manne net daar en dan gee die Olifant bul ‘n tree terug, draai om en beweeg weg!
Ek het die storie al vir ‘n paar van my naby vriende en familie lede vertel maar die laaste paragraaf nie vertel nie, omrede ek skaam is en niemand dit dalk sal glo nie, Toe ek weer die storie vir iemand vertel is daar ‘n stemmietjie wat vir my se:

“Hoekom vermy jy my, jy het My op die naam geroep en ek het geluister, ek is die een wat jul uit die nood gered het, en nou ontken jy my”

408
01-13-2015, 10:06 PM
Dankie 456.

Tom
01-13-2015, 10:39 PM
456, ek kan met jou n soortgelyke storie deel. Ek het gewonder of ek iets moet së op n slag. Daaroor gebid en toe my bybel oopgemaak. Die antwoord was, jy sit nie n lamp onder n emmer nie en jy kan nie n stad op n berg wegsteek nie.

Ek het nie die begin gelees nie. Net die laaste deel en ek glo jou onvoorwaardelik.

Hein
01-14-2015, 06:53 AM
456 dis n awesome getuienis. Ons het outoriteit as weergeborenes gekry in Sy Naam en ons kan dit enige plek gebruik,

454
01-14-2015, 07:48 AM
Hein vir eenkeer stem ons saam.

Hierdie is een klein voorbeeld van die mag en outoriteit wat God aan ons, Sy kinders, gegee het om op aarde te heers. Ongelukkig het satan deur kerke, instansies en bygelofies hierdie waarheid by ons kom steel, wat ons magteloos laat. Nou begin ons van voor God se mag en outoriteit in ons ontdek en sal ons dit deur die gewoonte oefen (partykeer in nood) sotdat die kinders van God vir die wereld openbaar word en die wereld vol raak van God se heerlikheid.

456. Dankie vir jou getuienis, hou aan getuig en die belewenis sal vir jou 'n werklikheid bly. Moet dit nie net in nood oefen nie, maar maak dit deel van jou lewenswyse.

Mooibly
Chris

Lukas
01-14-2015, 11:00 AM
Baie dankie 456. Dit is presies soos jy sê. Baie kinders besef nie en jou getuienis help baie. Ek moet sê. Jy kan n storie vertel.

456
01-14-2015, 11:39 AM
Ek moet nie die eer kry nie. Dit is 'n getuienis wat ek van 'n ander website gekry het, en ek wou dit graag deel. Dit was vir my ook iets besonders.

Lukas
01-14-2015, 11:57 AM
Ek stem saam maar onthou, Jy hoef nie skaam te wees omdat jy n storie goed kan vertel nie. Jesus was ook n goeie storieverteller. En Hy gebruik juis daardie eienskap van jou om jou getuienis sterk te maak.

Maar dit is so, al die eer kom Hom toe en Hy is nie ons Gini nie en Jesus is nie n toorwoord nie. Wanneer ons binne God se Wil in opdrag van God optree, gebeur onbegryplike verstommende wonderwerke.

Toe jy opgestaan het en die Olifant aangespreek het, het jy outoriteit gekry om dit te doen. Daardie gesag waarmee jy gepraat het, het nie uit jouself gekom nie. Dit was n Goddelike gesag omdat jy die toestemming gehad het om dit te kon doen.