Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
  • AKSKA Kriptografie (Teken lees) kursus in Stede en op plase

    Ons Kriptografiese navorsing op merkers van meer as 23 jaar stel ons vandag in staat om ook aan misdaad in die stede ’n verskil te maak.

    DIT IS HOE KURSUSSE NOU GAAN WEES:

    Swartberg ISS Pty ltd, sal in die toekoms meer in die buiteland by misdaadvoorkoming projekte betrokke raak. In Suid-Afrika sal Swartberg Intelligence support services Pty.Ltd statiese webblad bedryf, waar sekuriteit snellers en brandstof besparings sisteme bemark gaan word.

    Binne Suid-Afrika sal Swartberg ISS slegs in misdaadvoorkoming betrokke raak, wanneer dit gemeenskappe kan beveilig. In ander Afrika lande sal ons by myne en groot projekte betrokke bly.

    AKSKA (Afrika Kriminele en Sosiale Kode Analiste)

    AKSKA gaan ook nie meer soos wat ons in die verlede dit gedoen het, konsentreer om konvensionele kursusse aan te bied nie. Daar is eenvoudig nie meer genoeg tyd om al die mense wat belangstel, betyds te bereik nie.

    Mense wat nou, meer oor persoonlike veiligheid wil leer, gaan die kursusmateriaal moet koop, dit self deurlees en dan by ons gratis aanlyn kursus inskakel.

    Kursusmateriaal:

    Oorwin Plaasaanvalle R 250.00 ( Net so van toepassing vir mense in die stede)
    Afrika Kriptografie DEEL 1 R 1250.00
    AKSKA DVD oor tekens R 200.00

    Die totaal is R 1700 .00 ( Mense wat die DVD en Oorwin Plaasaanvalle reeds het, hoef dit nie weer te koop nie.

    Elke lid sal dan voorlopig vir ’n maand lank, gratis toegang kry tot AKSKA se aanlyn kursus kry, by www.akskagroep.com AKSKA lede sal altyd toegang op die draad hê.

    Na die maand kan mense self besluit of hulle by AKSKA wil aansluit of nie.

    OPSIE 2

    Ek kan nog uitgaan om kursusse aan te bied. Die koste is dan R2200.00 per persoon en dit sluit die volledige kursus material in.

    Mense wat reeds in besit van die material is, betaal net R500.00 per persoon.

    Die minimum lede sal volgens die afstand wat ek moet ry, bereken word. Die geld vir die kursus sal voor die aanvang van die kursus reeds betaalbaar wees.



    Nuwe kursusse

    Kursusse vir aanlyn lede wat die proses voltooi het, sal dan uit praktiese kursusse bestaan, wat ‘n nie AKSKA lid, teen R200 per dag kan bywoon. Hierdie praktiese kursusse sal tot 2015 aan alle AKSKA lede gratis verskaf word.

    IS DIE KURSUS MATERIAAL TE DUUR ?

    Jy hoef nie al die boeke op een slag te koop nie. Begin by die Oorwin Plaasaanvalle. Daarna die AKSKA DVD, en dan die Kriptografie boek. Leen geld as jy moet maar ‘n beter belegging in jou gesin se veiligheid, sal jy nooit kan doen of bekostig nie.


    Daar is oud werknemers van Swartberg ISS wat tans in hulle eie hoedanigheid praktiese kursusse aan gemeenskappe bied. Die lede is wel deur Swartberg opgelei en kan wel misdaad roetes redelik suksesvol volg. Hulle was vir die afgelope twee jaar nie deur AKSKA geëvalueer nie en AKSKA kan nie meer hulle kennis waarborg nie.

    Tog ontmoedig ons nie mense om daardie praktiese kursusse by te woon nie en vind ons dat daardie kursusse n goeie inleiding tot die AKSKA kursusse is. Sien dit as ‘n voorskoolse opvoeding wat jou vir die groot skool voorberei.


    http://youtu.be/bO-gBzTzha0
  • Recent Forum Posts

    Lang afstand radio komunikasie

    Ja ICASA is so deurmekaar soos enige ander staats instansie, kyk na die vuurwapen wet debakel.

    456 Today, 08:17 AM Go to last post

    Lang afstand radio komunikasie

    South Africa cancels 2,100 Ham Radio licences
    in QRZ Now 23 aprile 2017 1,917 Visite

    South Africa’s ICASA has cancelled

    Janna Today, 08:11 AM Go to last post

    Lang afstand radio komunikasie

    472 ek wil jou graag antwoord en ek hoop ek slaag daarin om jou gemoed bietjie ligter te maak.

    Elke man soen sy vrou of meisie op sy eie

    456 Yesterday, 02:14 PM Go to last post

    Lang afstand radio komunikasie

    Ek het al so baie oorweeg om n radio amateur te word, want dit klink vir my baie lekker en interessant. Dan gryp ek die leer goed om vir die eksamen te

    472 Yesterday, 09:04 AM Go to last post

    Zim soldate deel van die misdaad netwerk in RSA

    Dit is so dat die meeste Shonas wat ek in hierdie land ontmoet het, hulle opleiding, of in die weermag of in die sekuriteit wêreld het.

    Lukas 04-27-2017, 06:12 AM Go to last post
  • Recent Articles