Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
  • Waarom drade soms op die forums verwyder word

    Ek is seker dat ek al weer te lank gewag het om die draad oor rassisme te verwyder. Die draad was aanvanklik met n grappie begin en dit het toe totaal in n ander rigting ontwikkel wat die koers en beeld en doel van AKSKA totaal verdraai.

    EK kan dit ongelukkig nie toelaat nie en ek gaan ook nie in die toekoms nie.

    Wanneer daar n geestelike draad spesifiek oopgemaak word is dit een ding. Maar wanneer drade se rigting en doel verander word omdat iemand graag n preek wil afsteek, gaan hy teen die delete knoppie verloor.

    Die enigste wanneer ons op n draad n teks uit die Bybel sal inbring om iets te vertel, sal die boodskap wees om bemoediging en hoop te gee. Ek gaan geen denominasie toelaat om sy eie kerklike politiek of werwing hier te kom bedryf nie.

    AKSKA se doel is om mense te bemagtig om in vrede in hulle eie land te kan woon. Ons het nie n politieke agenda nie en ons gaan die ook nie een kry nie. Ons wil die politiek verstaan soos wat agendas ontvou en ons wil die bedreigings verstaan sodat ons dit kan afweer. Verder wil ons hoop skep deur alternatiewe oplossings vir probleme te vind en dit is dit.

    Van tyd tot tyd is daar geestelike aspekte wat aktueel word en dan sal ons die drade wat daarvoor geskep word toelaat, mits dit nie oor kerklike politiek gaan nie.

    Ons glo dat die enigste weg tot die Vader deur die Seun is en ons glo dat die Seun vir die hele mensdom gekom het. Ons glo dat die vrug van die Gees met wysheid loop en ons sal altyd probeer om daardie wysheid te bly. Almal maak soms foute maar ons gaan nie toelaat dat foute ons van koers bring of dat foute tussen ons staan nie.

    Ons soek antwoorde op die vrae wat ons pla en ons soek oplossings om ons lewens meer draaglik te maak. Miskien moet al die lesers wat op AKSKA iets wil skryf hiervan kennis neem en daarby hou
  • Recent Forum Posts

    Die Bybel se feeste

    Afrikanerbonder "B" hou aan om die draad met sy irrelevante snert te ontspoor.

    Unregistered Today, 03:26 PM Go to last post

    Die Soewereiniteit van God

    Hein

    As jy die video kyk sal jy besef dat jou gelofie wat die kerk jou geleer het mbt Paulus se doring glad nie sin maak nie. God neem

    454 Today, 02:24 PM Go to last post

    Die Soewereiniteit van God

    Net so terloops. Alles wat ek skryf word deur verskeie weergebore kinders van God geproeflees, wat lankal kinders van God is. Nog nooit is daar deur hul

    Hein Today, 01:04 PM Go to last post

    Die Soewereiniteit van God

    Nee Chris, God het dit toegelaat. Lees die res. Paulus vra vir God 3 maal om die engel van satan weg te neem, maar God doen dit nie. Dink jy Paulus het

    Hein Today, 12:59 PM Go to last post

    Die Bybel se feeste

    1. BABILONIESE (LIBERALE, GELYKHEID, NIE-RASSIGE EN MULTI-KULTI) BESOEDELDE TEOLOGIE IS IDEOLOGIESE TEOLOGIE ; DIT IS DIE IDEOLOGIE VAN BABILON. BAIE

    Unregistered Today, 12:43 PM Go to last post
  • Recent Articles