Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
  • Waarom drade soms op die forums verwyder word

    Ek is seker dat ek al weer te lank gewag het om die draad oor rassisme te verwyder. Die draad was aanvanklik met n grappie begin en dit het toe totaal in n ander rigting ontwikkel wat die koers en beeld en doel van AKSKA totaal verdraai.

    EK kan dit ongelukkig nie toelaat nie en ek gaan ook nie in die toekoms nie.

    Wanneer daar n geestelike draad spesifiek oopgemaak word is dit een ding. Maar wanneer drade se rigting en doel verander word omdat iemand graag n preek wil afsteek, gaan hy teen die delete knoppie verloor.

    Die enigste wanneer ons op n draad n teks uit die Bybel sal inbring om iets te vertel, sal die boodskap wees om bemoediging en hoop te gee. Ek gaan geen denominasie toelaat om sy eie kerklike politiek of werwing hier te kom bedryf nie.

    AKSKA se doel is om mense te bemagtig om in vrede in hulle eie land te kan woon. Ons het nie n politieke agenda nie en ons gaan die ook nie een kry nie. Ons wil die politiek verstaan soos wat agendas ontvou en ons wil die bedreigings verstaan sodat ons dit kan afweer. Verder wil ons hoop skep deur alternatiewe oplossings vir probleme te vind en dit is dit.

    Van tyd tot tyd is daar geestelike aspekte wat aktueel word en dan sal ons die drade wat daarvoor geskep word toelaat, mits dit nie oor kerklike politiek gaan nie.

    Ons glo dat die enigste weg tot die Vader deur die Seun is en ons glo dat die Seun vir die hele mensdom gekom het. Ons glo dat die vrug van die Gees met wysheid loop en ons sal altyd probeer om daardie wysheid te bly. Almal maak soms foute maar ons gaan nie toelaat dat foute ons van koers bring of dat foute tussen ons staan nie.

    Ons soek antwoorde op die vrae wat ons pla en ons soek oplossings om ons lewens meer draaglik te maak. Miskien moet al die lesers wat op AKSKA iets wil skryf hiervan kennis neem en daarby hou
  • Recent Forum Posts

    The Enemies we face

    @472 Groot plesier, ek is bly jul maak tyd vir die videos. Mens leer elke dag en dis vervullend om by iemand te leer wat baie lief is vir die Here en

    1616 06-24-2017, 12:34 PM Go to last post

    The Enemies we face

    S415

    Ek stem saam met jou, God maak nie Sy kinders siek nie, Hy vermoor ons nie, Hy stuur nie barbare om ons te vermoor nie, Hylewer ons

    454 06-23-2017, 09:21 PM Go to last post

    The Enemies we face

    Ek dink hierdie is naby aan die regte antwoord. Ons reaksie op die genade is om dit net te aanvaar en daarom, omdat ons dit aanvaar, gedoop te word.

    S415 06-23-2017, 03:57 PM Go to last post

    The Enemies we face

    S415

    Die kort antwoord is 'n gebrek aan geloof of 'n verkeerde geloof(bygeloof). Beide die sieke en geneser kan genesing so verhoed.

    454 06-23-2017, 11:06 AM Go to last post

    The Enemies we face

    regstelling: Jy kry dit(Heilige Gees) as jy Jesus as Verlosser aanvaar, en vas in Hom glo, en Hom innooi in jou lewe.

    Hein 06-23-2017, 11:04 AM Go to last post
  • Recent Articles