Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
  • Waarom drade soms op die forums verwyder word

    Ek is seker dat ek al weer te lank gewag het om die draad oor rassisme te verwyder. Die draad was aanvanklik met n grappie begin en dit het toe totaal in n ander rigting ontwikkel wat die koers en beeld en doel van AKSKA totaal verdraai.

    EK kan dit ongelukkig nie toelaat nie en ek gaan ook nie in die toekoms nie.

    Wanneer daar n geestelike draad spesifiek oopgemaak word is dit een ding. Maar wanneer drade se rigting en doel verander word omdat iemand graag n preek wil afsteek, gaan hy teen die delete knoppie verloor.

    Die enigste wanneer ons op n draad n teks uit die Bybel sal inbring om iets te vertel, sal die boodskap wees om bemoediging en hoop te gee. Ek gaan geen denominasie toelaat om sy eie kerklike politiek of werwing hier te kom bedryf nie.

    AKSKA se doel is om mense te bemagtig om in vrede in hulle eie land te kan woon. Ons het nie n politieke agenda nie en ons gaan die ook nie een kry nie. Ons wil die politiek verstaan soos wat agendas ontvou en ons wil die bedreigings verstaan sodat ons dit kan afweer. Verder wil ons hoop skep deur alternatiewe oplossings vir probleme te vind en dit is dit.

    Van tyd tot tyd is daar geestelike aspekte wat aktueel word en dan sal ons die drade wat daarvoor geskep word toelaat, mits dit nie oor kerklike politiek gaan nie.

    Ons glo dat die enigste weg tot die Vader deur die Seun is en ons glo dat die Seun vir die hele mensdom gekom het. Ons glo dat die vrug van die Gees met wysheid loop en ons sal altyd probeer om daardie wysheid te bly. Almal maak soms foute maar ons gaan nie toelaat dat foute ons van koers bring of dat foute tussen ons staan nie.

    Ons soek antwoorde op die vrae wat ons pla en ons soek oplossings om ons lewens meer draaglik te maak. Miskien moet al die lesers wat op AKSKA iets wil skryf hiervan kennis neem en daarby hou
  • Recent Forum Posts

    Gaan ons trek of gaan ons hier bly?

    Dan glo ek ons verstaan mekaar amper reg. Dit is goed dat jy my inligting gebruik, maar jy moet mooi dink hoe jy dit gebruik, want daar is twee “foutjies”

    Lukas Today, 12:22 PM Go to last post

    Gaan ons trek of gaan ons hier bly?

    Lukas jy is heeltemaal reg.

    Dit is nie vir almal beskore om te emigreer nie, en ek weet reg van die begin af dat jou blad verseker nie

    Unregistered Today, 11:48 AM Go to last post

    Hierdie een steel ek by Hannes

    R50 is R50



    Piet and Anna went to the Garies Landbou Skou every year.
    Every year, Piet would ask:
    "Anna, ek

    Lukas Today, 11:04 AM Go to last post

    Gaan ons trek of gaan ons hier bly?

    Anoniem. Dit is nogal lekker om weer van jou daar uit die buiteland te hoor en dit is ook lekker om te hoor dat dit met jou goed gaan waar jy nou is.

    Lukas Today, 10:42 AM Go to last post

    Gaan ons trek of gaan ons hier bly?

    Originally Posted by Lukas
    Anoniem. Europe werk op presies dieselfde beginsel en die onwettiges word daar net so beskerm. Die hele Weste lyk soos

    Unregistered Today, 10:32 AM Go to last post
  • Recent Articles