• Waarom drade soms op die forums verwyder word

    Ek is seker dat ek al weer te lank gewag het om die draad oor rassisme te verwyder. Die draad was aanvanklik met n grappie begin en dit het toe totaal in n ander rigting ontwikkel wat die koers en beeld en doel van AKSKA totaal verdraai.

    EK kan dit ongelukkig nie toelaat nie en ek gaan ook nie in die toekoms nie.

    Wanneer daar n geestelike draad spesifiek oopgemaak word is dit een ding. Maar wanneer drade se rigting en doel verander word omdat iemand graag n preek wil afsteek, gaan hy teen die delete knoppie verloor.

    Die enigste wanneer ons op n draad n teks uit die Bybel sal inbring om iets te vertel, sal die boodskap wees om bemoediging en hoop te gee. Ek gaan geen denominasie toelaat om sy eie kerklike politiek of werwing hier te kom bedryf nie.

    AKSKA se doel is om mense te bemagtig om in vrede in hulle eie land te kan woon. Ons het nie n politieke agenda nie en ons gaan die ook nie een kry nie. Ons wil die politiek verstaan soos wat agendas ontvou en ons wil die bedreigings verstaan sodat ons dit kan afweer. Verder wil ons hoop skep deur alternatiewe oplossings vir probleme te vind en dit is dit.

    Van tyd tot tyd is daar geestelike aspekte wat aktueel word en dan sal ons die drade wat daarvoor geskep word toelaat, mits dit nie oor kerklike politiek gaan nie.

    Ons glo dat die enigste weg tot die Vader deur die Seun is en ons glo dat die Seun vir die hele mensdom gekom het. Ons glo dat die vrug van die Gees met wysheid loop en ons sal altyd probeer om daardie wysheid te bly. Almal maak soms foute maar ons gaan nie toelaat dat foute ons van koers bring of dat foute tussen ons staan nie.

    Ons soek antwoorde op die vrae wat ons pla en ons soek oplossings om ons lewens meer draaglik te maak. Miskien moet al die lesers wat op AKSKA iets wil skryf hiervan kennis neem en daarby hou
  • Recent Forum Posts

    net so

    naandse lanklaas met die groep gesels...
    weereens in die kol ek sou dit nie beter kon oordra nie..

    die paaie is meskien bietjie

    Nov16 Yesterday, 08:34 PM Go to last post

    Vroue wat onnodig vermoor en verkrag word

    Clark, jou deuntjie het darem maar drasties verander sedert jy jare gelede die ‘groot en opregte’ (sogenaamde “konserwatiewe” en “nie-liberale”) “boerin”

    Unregistered 02-20-2018, 07:54 PM Go to last post

    Vroue wat onnodig vermoor en verkrag word

    Wel,wat ek lees is dat ons maar almal ons lewens op persepsies grond en die persepsies word bepaal deur die kulturele groep waarin jy grootword.

    S415 02-20-2018, 03:07 PM Go to last post

    Aarde: Plat en rond, plat en vierkantig of bolrond?

    Barry. Ek wil met jou saamstem. Vir my eindig die evolusieleer by die muil en die plat aarde gedagte eindig in Somerset Strand.
    Wanneer jy op

    Lukas 02-20-2018, 12:14 PM Go to last post

    wen net nog tyd

    yip dit is presies hoe die storie loop, hulle doen sulke dinge om die armeskepsel wat nie glo of kan glo nie besig tehou soos baie ander praatjies en

    Nov16 02-19-2018, 08:49 PM Go to last post
  • Recent Articles