Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
  • Waarom drade soms op die forums verwyder word

    Ek is seker dat ek al weer te lank gewag het om die draad oor rassisme te verwyder. Die draad was aanvanklik met n grappie begin en dit het toe totaal in n ander rigting ontwikkel wat die koers en beeld en doel van AKSKA totaal verdraai.

    EK kan dit ongelukkig nie toelaat nie en ek gaan ook nie in die toekoms nie.

    Wanneer daar n geestelike draad spesifiek oopgemaak word is dit een ding. Maar wanneer drade se rigting en doel verander word omdat iemand graag n preek wil afsteek, gaan hy teen die delete knoppie verloor.

    Die enigste wanneer ons op n draad n teks uit die Bybel sal inbring om iets te vertel, sal die boodskap wees om bemoediging en hoop te gee. Ek gaan geen denominasie toelaat om sy eie kerklike politiek of werwing hier te kom bedryf nie.

    AKSKA se doel is om mense te bemagtig om in vrede in hulle eie land te kan woon. Ons het nie n politieke agenda nie en ons gaan die ook nie een kry nie. Ons wil die politiek verstaan soos wat agendas ontvou en ons wil die bedreigings verstaan sodat ons dit kan afweer. Verder wil ons hoop skep deur alternatiewe oplossings vir probleme te vind en dit is dit.

    Van tyd tot tyd is daar geestelike aspekte wat aktueel word en dan sal ons die drade wat daarvoor geskep word toelaat, mits dit nie oor kerklike politiek gaan nie.

    Ons glo dat die enigste weg tot die Vader deur die Seun is en ons glo dat die Seun vir die hele mensdom gekom het. Ons glo dat die vrug van die Gees met wysheid loop en ons sal altyd probeer om daardie wysheid te bly. Almal maak soms foute maar ons gaan nie toelaat dat foute ons van koers bring of dat foute tussen ons staan nie.

    Ons soek antwoorde op die vrae wat ons pla en ons soek oplossings om ons lewens meer draaglik te maak. Miskien moet al die lesers wat op AKSKA iets wil skryf hiervan kennis neem en daarby hou
  • Recent Forum Posts

    Lang afstand radio komunikasie

    Ja ICASA is so deurmekaar soos enige ander staats instansie, kyk na die vuurwapen wet debakel.

    456 Today, 08:17 AM Go to last post

    Lang afstand radio komunikasie

    South Africa cancels 2,100 Ham Radio licences
    in QRZ Now 23 aprile 2017 1,917 Visite

    South Africa’s ICASA has cancelled

    Janna Today, 08:11 AM Go to last post

    Lang afstand radio komunikasie

    472 ek wil jou graag antwoord en ek hoop ek slaag daarin om jou gemoed bietjie ligter te maak.

    Elke man soen sy vrou of meisie op sy eie

    456 Yesterday, 02:14 PM Go to last post

    Lang afstand radio komunikasie

    Ek het al so baie oorweeg om n radio amateur te word, want dit klink vir my baie lekker en interessant. Dan gryp ek die leer goed om vir die eksamen te

    472 Yesterday, 09:04 AM Go to last post

    Zim soldate deel van die misdaad netwerk in RSA

    Dit is so dat die meeste Shonas wat ek in hierdie land ontmoet het, hulle opleiding, of in die weermag of in die sekuriteit węreld het.

    Lukas 04-27-2017, 06:12 AM Go to last post
  • Recent Articles