• Waarom drade soms op die forums verwyder word

    Ek is seker dat ek al weer te lank gewag het om die draad oor rassisme te verwyder. Die draad was aanvanklik met n grappie begin en dit het toe totaal in n ander rigting ontwikkel wat die koers en beeld en doel van AKSKA totaal verdraai.

    EK kan dit ongelukkig nie toelaat nie en ek gaan ook nie in die toekoms nie.

    Wanneer daar n geestelike draad spesifiek oopgemaak word is dit een ding. Maar wanneer drade se rigting en doel verander word omdat iemand graag n preek wil afsteek, gaan hy teen die delete knoppie verloor.

    Die enigste wanneer ons op n draad n teks uit die Bybel sal inbring om iets te vertel, sal die boodskap wees om bemoediging en hoop te gee. Ek gaan geen denominasie toelaat om sy eie kerklike politiek of werwing hier te kom bedryf nie.

    AKSKA se doel is om mense te bemagtig om in vrede in hulle eie land te kan woon. Ons het nie n politieke agenda nie en ons gaan die ook nie een kry nie. Ons wil die politiek verstaan soos wat agendas ontvou en ons wil die bedreigings verstaan sodat ons dit kan afweer. Verder wil ons hoop skep deur alternatiewe oplossings vir probleme te vind en dit is dit.

    Van tyd tot tyd is daar geestelike aspekte wat aktueel word en dan sal ons die drade wat daarvoor geskep word toelaat, mits dit nie oor kerklike politiek gaan nie.

    Ons glo dat die enigste weg tot die Vader deur die Seun is en ons glo dat die Seun vir die hele mensdom gekom het. Ons glo dat die vrug van die Gees met wysheid loop en ons sal altyd probeer om daardie wysheid te bly. Almal maak soms foute maar ons gaan nie toelaat dat foute ons van koers bring of dat foute tussen ons staan nie.

    Ons soek antwoorde op die vrae wat ons pla en ons soek oplossings om ons lewens meer draaglik te maak. Miskien moet al die lesers wat op AKSKA iets wil skryf hiervan kennis neem en daarby hou
  • Recent Forum Posts

    Tekens

    Lukas julle was voorheen by ons met n ondersoek , daar was 3 groepe . Ek probeer uitvind of die groepe dalk van die bendes af kom in die stad naby ons

    1807 Yesterday, 02:14 PM Go to last post

    Teken

    Ja ek het dit deur gestuur .
    Goed dan maak ek so . So as ek enige vrae het bel ek Oom Johan of post ek op die page en webblad ?

    1807 Yesterday, 02:04 PM Go to last post

    Hoe kry ek meer inligting

    Het oom Johann nie vir jou verduidelik nie. Jy is nou met Deel 3 klaar. Nou gaan jy vir ses maande huiswerk op die webblad doen deur in die geskiedenis

    Lukas Yesterday, 09:53 AM Go to last post

    Teken

    Ek het die naweek deur die stad naby ons gery en ek het klomp tekens op n paar huisies gesien . Ek wil uitvind of dit dalk soos bende tekens is of dalk

    1807 09-17-2018, 11:54 AM Go to last post

    Hoe kry ek meer inligting

    Ek het nou aangesluit en geregistreer , ek wil asseblief meer informasie kry van Deel 4 . Is daar n boek of hoe presies werk dit ?
    Groete

    1807 09-17-2018, 10:22 AM Go to last post
  • Recent Articles