• Waarom drade soms op die forums verwyder word

    Ek is seker dat ek al weer te lank gewag het om die draad oor rassisme te verwyder. Die draad was aanvanklik met n grappie begin en dit het toe totaal in n ander rigting ontwikkel wat die koers en beeld en doel van AKSKA totaal verdraai.

    EK kan dit ongelukkig nie toelaat nie en ek gaan ook nie in die toekoms nie.

    Wanneer daar n geestelike draad spesifiek oopgemaak word is dit een ding. Maar wanneer drade se rigting en doel verander word omdat iemand graag n preek wil afsteek, gaan hy teen die delete knoppie verloor.

    Die enigste wanneer ons op n draad n teks uit die Bybel sal inbring om iets te vertel, sal die boodskap wees om bemoediging en hoop te gee. Ek gaan geen denominasie toelaat om sy eie kerklike politiek of werwing hier te kom bedryf nie.

    AKSKA se doel is om mense te bemagtig om in vrede in hulle eie land te kan woon. Ons het nie n politieke agenda nie en ons gaan die ook nie een kry nie. Ons wil die politiek verstaan soos wat agendas ontvou en ons wil die bedreigings verstaan sodat ons dit kan afweer. Verder wil ons hoop skep deur alternatiewe oplossings vir probleme te vind en dit is dit.

    Van tyd tot tyd is daar geestelike aspekte wat aktueel word en dan sal ons die drade wat daarvoor geskep word toelaat, mits dit nie oor kerklike politiek gaan nie.

    Ons glo dat die enigste weg tot die Vader deur die Seun is en ons glo dat die Seun vir die hele mensdom gekom het. Ons glo dat die vrug van die Gees met wysheid loop en ons sal altyd probeer om daardie wysheid te bly. Almal maak soms foute maar ons gaan nie toelaat dat foute ons van koers bring of dat foute tussen ons staan nie.

    Ons soek antwoorde op die vrae wat ons pla en ons soek oplossings om ons lewens meer draaglik te maak. Miskien moet al die lesers wat op AKSKA iets wil skryf hiervan kennis neem en daarby hou
  • Recent Forum Posts

    Twee tipes lewens strategiee en "privilige"!

    Ek glo beslis nie so nie. Ek het 'n hele klompie jare in die staat gewerk saam met, wat ons dan as middelklas en selfs hor, sal kan beskryf van alle

    S415 Today, 10:05 AM Go to last post

    Globalisme en die Toring van Babel.

    Daar is wereldwyd 'n neiging om alles te verenig in 'n een taal, een ras, een geld eenheid en een geloofs bestel en dit word Globalisme genoem. Op die

    OVS Yesterday, 10:58 AM Go to last post

    Rasse en genetika

    Sport is seker die grootste bewys daarvan dat daar verskille is tussen rasse. Sekere bevolkingsgroepe vaar net beter is sekere tipes sportsoorte as ander

    OVS Yesterday, 10:30 AM Go to last post

    Twee tipes lewens strategiee en "privilige"!

    Verskillende spesies in die natuur het verskillende "lewens strategiee" om te verseker dat eie genetika voortleef.

    Aan die een

    OVS Yesterday, 10:04 AM Go to last post

    Rasse en genetika

    Ek dink inderdaad nie dat die video iets te doen het met 'n poging om alle mense "gelyk" te stel nie, maar eerder om te bewys hoe 'n baie diverse

    S415 Yesterday, 09:30 AM Go to last post
  • Recent Articles