• Waarom drade soms op die forums verwyder word

    Ek is seker dat ek al weer te lank gewag het om die draad oor rassisme te verwyder. Die draad was aanvanklik met n grappie begin en dit het toe totaal in n ander rigting ontwikkel wat die koers en beeld en doel van AKSKA totaal verdraai.

    EK kan dit ongelukkig nie toelaat nie en ek gaan ook nie in die toekoms nie.

    Wanneer daar n geestelike draad spesifiek oopgemaak word is dit een ding. Maar wanneer drade se rigting en doel verander word omdat iemand graag n preek wil afsteek, gaan hy teen die delete knoppie verloor.

    Die enigste wanneer ons op n draad n teks uit die Bybel sal inbring om iets te vertel, sal die boodskap wees om bemoediging en hoop te gee. Ek gaan geen denominasie toelaat om sy eie kerklike politiek of werwing hier te kom bedryf nie.

    AKSKA se doel is om mense te bemagtig om in vrede in hulle eie land te kan woon. Ons het nie n politieke agenda nie en ons gaan die ook nie een kry nie. Ons wil die politiek verstaan soos wat agendas ontvou en ons wil die bedreigings verstaan sodat ons dit kan afweer. Verder wil ons hoop skep deur alternatiewe oplossings vir probleme te vind en dit is dit.

    Van tyd tot tyd is daar geestelike aspekte wat aktueel word en dan sal ons die drade wat daarvoor geskep word toelaat, mits dit nie oor kerklike politiek gaan nie.

    Ons glo dat die enigste weg tot die Vader deur die Seun is en ons glo dat die Seun vir die hele mensdom gekom het. Ons glo dat die vrug van die Gees met wysheid loop en ons sal altyd probeer om daardie wysheid te bly. Almal maak soms foute maar ons gaan nie toelaat dat foute ons van koers bring of dat foute tussen ons staan nie.

    Ons soek antwoorde op die vrae wat ons pla en ons soek oplossings om ons lewens meer draaglik te maak. Miskien moet al die lesers wat op AKSKA iets wil skryf hiervan kennis neem en daarby hou
  • Recent Forum Posts

    Rasse en genetika

    2 Samuel 8 vers 1 is hierdie n bewys van reuse na die vloed
    Hulle laat plat le en met n tou gemeet hul was so lank hul moes le om te meet almal

    greengroen Yesterday, 10:02 PM Go to last post

    Rasse en genetika

    2 Samuel 8 vers 1 is hierdie n bewys van reuse na die vloed

    greengroen Yesterday, 09:58 PM Go to last post

    Ewolusie - My Pa is ook nie 'n apie nie

    1074. Adam en Eva het nie net twee kinders gehad nie en die verskil tussen Abel en die volgende broer wat genoem was, was het iets soos 130 jaar verloop.

    Lukas Yesterday, 03:03 PM Go to last post

    Sovereign State of good hope

    Hierdie oes sal nie opkom nie.

    Lukas Yesterday, 02:33 PM Go to last post

    Rasse en genetika

    Greengroen. Wil jy vir ons vertel dat Nicolai Tesla (Wisselstroom) , Newton ( swaartekrag) , Thomas Edison,( Gelykstroom) Albert Einstein,( Atoom split)

    Lukas Yesterday, 02:26 PM Go to last post
  • Recent Articles