• Waarom drade soms op die forums verwyder word

    Ek is seker dat ek al weer te lank gewag het om die draad oor rassisme te verwyder. Die draad was aanvanklik met n grappie begin en dit het toe totaal in n ander rigting ontwikkel wat die koers en beeld en doel van AKSKA totaal verdraai.

    EK kan dit ongelukkig nie toelaat nie en ek gaan ook nie in die toekoms nie.

    Wanneer daar n geestelike draad spesifiek oopgemaak word is dit een ding. Maar wanneer drade se rigting en doel verander word omdat iemand graag n preek wil afsteek, gaan hy teen die delete knoppie verloor.

    Die enigste wanneer ons op n draad n teks uit die Bybel sal inbring om iets te vertel, sal die boodskap wees om bemoediging en hoop te gee. Ek gaan geen denominasie toelaat om sy eie kerklike politiek of werwing hier te kom bedryf nie.

    AKSKA se doel is om mense te bemagtig om in vrede in hulle eie land te kan woon. Ons het nie n politieke agenda nie en ons gaan die ook nie een kry nie. Ons wil die politiek verstaan soos wat agendas ontvou en ons wil die bedreigings verstaan sodat ons dit kan afweer. Verder wil ons hoop skep deur alternatiewe oplossings vir probleme te vind en dit is dit.

    Van tyd tot tyd is daar geestelike aspekte wat aktueel word en dan sal ons die drade wat daarvoor geskep word toelaat, mits dit nie oor kerklike politiek gaan nie.

    Ons glo dat die enigste weg tot die Vader deur die Seun is en ons glo dat die Seun vir die hele mensdom gekom het. Ons glo dat die vrug van die Gees met wysheid loop en ons sal altyd probeer om daardie wysheid te bly. Almal maak soms foute maar ons gaan nie toelaat dat foute ons van koers bring of dat foute tussen ons staan nie.

    Ons soek antwoorde op die vrae wat ons pla en ons soek oplossings om ons lewens meer draaglik te maak. Miskien moet al die lesers wat op AKSKA iets wil skryf hiervan kennis neem en daarby hou
  • Recent Forum Posts

    Wolwe in skaap klere

    Of dit nou politiek is of nie dit is energie en energie het n reaksie en daardie reaksie het nagevolge.
    Plaasmoorde is een so reaksie net soos wat

    greengroen Yesterday, 11:29 PM Go to last post

    Wat het Siener van Rensburg nie gesien nie?

    Hein Ek moes verlede week vir die eerste keer een van Adriaan se boeke lees om te sien waar die probleem is. Ek dink ek het die probleem raaksgesien wat

    Lukas 05-23-2018, 12:33 PM Go to last post

    Wat het Siener van Rensburg nie gesien nie?

    Hallo Lukas,

    Frik se briewe op sy web bladsy toon aan dat Adriaan se boeke baie mense in die afgrond laat gaan het, en dit sluit sekere boeremag

    Hein 05-23-2018, 07:19 AM Go to last post

    Wat het Siener van Rensburg nie gesien nie?

    Adriaan is seker nog onseker om hier te kom praat. Miskien moet ek meer verduidelik wat my motief is.

    Adriaan doen goeie werk om mense bewus

    Lukas 05-21-2018, 09:48 AM Go to last post

    Wba?????

    Die WBA lyk vir my maar nete na nog n politieke set, om jou by politiek in te sleep wat uiteindelik vir jou niks sal beteken nie

    Lukas 05-21-2018, 09:37 AM Go to last post
  • Recent Articles