Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
  • Welkom by AKSKA

    Vir die nuwe lesers wat hier kom loer. AKSKA staan vi,r Afrika Kriminele en Sosiale kode Analiste. Baie van julle het al in die verlede e-posse of BBMs gekry waar mense van allerhande tekens bewus gemaak word om vir misdaad op die uitkyk te wees. Wel, AKSKA doen al vir ongeveer 23 jaar navorsing oor die verskynsel en kan met redelike eerlikheid sÍ dat dit wat julle so in e-posse kry, baie vÍr van die waarheid is.

    Om meer van die verskynsel te leer en te verstaan hoe dit in misdaad gebruik word, is daar net een manier. Jy sal moet aansluit om by die dieper plekke van hierdie webblad in te kom. Ons loop nie met daardie tipe inligting te koop nie en daar is ín baie goeie rede daarvoor. Omtrent elke swart mens, wat jy in Afrika ken, ken die goed beter as wat ons dit ken. Maar omdat hulle vermoor word wanneer hulle daardie tipe inligting met ons deel, sal hulle nie die inligting met jou deel nie.

    Die tweede rede waarom ons nie met die kennis te koop loop nie, is omdat die misdadigers tans nog baie gerus is en dit tel in ons guns. Om ons kennis met misdadigers te deel, is soos om in ín kaart spel jou kaarte vir jou opponent te wys. Dit doen ín mens mos nie. Maar ons is al vir honderde jare in Afrika en ons verhouding met die swart mense is in sommige gevalle so goed dat jong mammas wat nie melk het nie, soms hulle bediendes vra om die kind te borsvoed. Daardie bediende is dan amper soos familie en wanneer so ín gawe bediende eendag ín wrede aanval op die huis beplan, is die mense gewoonlik baie ontsteld en uit die veld geslaan.

    Maar wanneer jy deel van ons word gaan jy Afrika eendag met ín ander oog bekyk. Jy sal vir daardie bediende deernis hÍ en jy sal waarskynlik so optree dat sy nooit in ín posisie kom om ín wrede aanval op jou te reŽl nie. Afrika dink so bietjie anders as wat ons dink en ons onkunde van hulle wÍreld en lewens beskouing (Ubuntu) bring in baie gevalle ín ongemaklikheid oor onsself omdat ons uit onkunde sekere goeters doen wat vir hulle ín taboo is.

    Maar hier by AKSKA sal julle sien dat daar op forum vlak vier vlakke is. Die eerste vlak wat jy gaan raaksien is ín anonieme vlak en met anoniem, bedoel ons anoniem. Jy teken nÍrens in om iets te plaas nie. Jy kan sÍ wat jou pla of omkrap of bang of bly maak en niemand sal ooit weet wie jy is nie.

    Op die vlak kan aktuele kwessies soos wat in die politiek gebeur, Mandela se dood en die invloed van sy bestaan in die wÍreld en veral op Afrika, en vele ander aktuele sakies bespreek word.

    Vlak twee gebruikers:

    Dit is die volgende vlak vir AKSKA gebruikers. Op daardie vlak moet jy inteken en daar word ook allerhande meer sensitiewe sakies bespreek, maar soms, net soms glip daar ietsie oor die tekens deur.

    Dan kry ons die vlak 1 AKSKA lede vlak.

    Op hierdie vlak skryf jy vir ín agt maande kursus in, wat jou vir Afrika en die volgende AKSKA kursusse voorberei. Tydens hierdie agt maande gaan jy presies leer wat misdaad is, waar misdadigers vandaan kom. Hoe hulle dink. Wat hulle motiveer, en waarom dit hulle motiveer. Hoe hulle hul beplannings doen sodat jy reeds in ín baie vroeŽ stadium reeds kan sien wanneer moeilikheid aan die broei is.

    Ons gaan jou leer wat Ubuntu is en wat dit alles inhou en beteken, sodat jy dit tot jou voordeel kan gebruik. En ons gaan jou leer hoe om misdaad begeertes wat teen jou beplan word, sonder moeite of geweld te ontlont, sodat niks gebeur nie.

    Die kursus beloof om vir jou ín nuwe wÍreld vol humor en vrede in Afrika oop te breek.

    Die vierde vlak is AKSKA lede.

    Dit is mense wat alreeds ín lang tyd deel van AKSKA is. Hulle is deel van die navorsing en die nuwe ontdekkings wat ons maak, word ook op daardie vlak met hulle gedeel.

    AKSKA lede lewer ín maandelikse finansiŽle bydra, waarmee ons, ons informante betaal en waarmee ons die navorsing en uitbouing van die AKSKA kennis moontlik kan maak. AKSKA lede mag alle kursusse gratis bywoon. Ons maak hulle tydens die praktiese opleiding ook mentors wat die sindikate help en verduidelik hoe die vurk in die hef steek.

    AKSKA bemagtig mense en ons kennis verseker vir jou ín toekoms van vrede in Afrika. Ons kennis is reeds bewys en ons suksesse is ons getuienis dat ons weet waarvan ons praat.

    Nogmaals welkom by ons webblad en ons hoop om jou eendag beter te leer ken.

    Lukas

    https://www.youtube.com/watch?v=gDULQgN2kgY
  • Recent Forum Posts

    Plaas aanvalle end Pers

    ...ek het maar my bedenkinge oor RSG nuus... Almal moet doen soos hul goed dink maar ek dink die draadsittery maak menigte se agterente tog seer want

    1616 Today, 04:50 PM Go to last post

    Plaas aanvalle end Pers

    Die volgende nuusberig was op die 1 uur nuus vanmiddag. Dit lyk darem of sommige mense se oe begin oopgaan.

    Die vakbond Saptu het 'n beroep

    456 Today, 01:27 PM Go to last post

    Ominous endtimes signs

    Nov16

    AMEN op jou gebed!

    Ek weet nie wat was die persoon wat die video geplaas het se doel nie. Wat ek wel weet is dat die

    454 Today, 09:04 AM Go to last post

    Dood op ons paaie

    1615 Het die draad begin met 'n vraag of halloween iets te doen kan he met die getal padongelukke rondom daardie tyd. Ek het die raakgelees en gedink

    454 Today, 08:42 AM Go to last post

    in gebed

    wil net graag ook die deel.. ek het n eenvoudige gebed wat begin en eindig elke dag

    dankie Vader dat ons nog U woord kan ondersoek...

    Nov16 Yesterday, 10:03 PM Go to last post
  • Recent Articles