Reply to Thread

Post a reply to the thread: UN die "Franchisor"

Your Message

Click here to log in

tik in die woord akska met die nomer twee agteraan ( nie die woord nie)

 

You may choose an icon for your message from this list

Additional Options

  • Will turn www.example.com into [URL]http://www.example.com[/URL].

HTML
Rate Thread

You may rate this thread from 1-star (Terrible) to 5-stars (Excellent) if you wish to do so.

Topic Review (Newest First)

  • 10-20-2018, 03:37 PM
    Unregistered
    Dirk van Vuuren was destyds die leier/stigter van die valse-vlag "israel" groepie met die naam "Dogter van Sion" (Drogbeeld van Sion) wat onder die "siener.co.za" webwerf bedryf was.

    Hy was een van die skrywers van die sogenaamde "Boek van Herinnering" - waaruit die Nuwe Testament verwyder is. Dit was Van Vuuren en sy spul bebaarde dikgat "israel" (agent) bende wat jare gelede "hoed, khakie-en-kaalpoot" met die "Boek van Herinnering" op hulle skote by die Bloedrivier Monument gaan plak het en toe nt s in die Huisgenoot tydskrif verskyn het - alles met die spesifieke doel om die konserwatiewe wittes van SA te "teer en te smeer" en onder hlle (valse-vlag) "label" te adverteer om sodoende die konserwatiewe witmense van SA as die sogenaamde "eng en verkramptes" uit te beeld. Dit was 'n geslaagde intelligensie operasie en hulle het hul doel bereik.

    Van Vuuren was ook 'n vurige kampvegter wat baklei het vir "Paulus wat glo nie in die Bybel hoort nie". Dirk van Vuuren ('n regte vuurvreter) bedryf tans 'n "heenkome vir arm blankes" genaamd "Filadelfia" op sy plot by Kameeldrift-Wes in Pretoria.

    Amper al hierdie sogenaamde "israel" groepies is valse-vlag en word deur die intelligensie agentskappe beheer en bestuur, insluitend Vaandel en Suidlanders. Bly vr weg van hierdie valse-vlag gemors af.

    "Siener-dit en Siener-dat". Bla-bla-bla !! Enige iets met "Siener" daarin moet met opperste wantroue en minagting bejen word. Dit vrot van valse-vlag. Bly vr weg.
  • 10-17-2018, 09:28 AM
    OVS
    In die tyd waarna jy verwys Lukas het daar in amper elke dorp een of twee helder geel bordies met www.siener.co.za in rooi iewers gehang. Ek was een van die mense wat gaan kyk het wat op die website aangaan.
    Later toe ek die internet en domains beter verstaan het het ek op .co.za Domain Registrations http://co.za/whois.shtml gaan kyk wie die eienaar van die website is. Ek kon nie agterkom wie die eienaar is nie maar kon wel sien dat dit deur 'n agentskap in Belize geregistreer is. Belize is 'n tax haven wat soos julle weet gebruik word om die paper trail van vuil geld en ander papierwerk mee toe te smeer! Dit was opvallend dat die website toe nie behoort aan 'n Afrikaner nie maar dat die eienaar die kennis gehad het om sy digitale spoor mee uit te vee. Dit skree "valse vlag"! My gevolgtrekking is dat iemand "naamloos" in wie se belang dit is om anoniem te bly die www.siener.co.za website destyds gebruik het om Afrikaners deur middel van "profesiee" valse inligting te voer!

    Tans behoort die domain aan, Sterling Law Ltd en sy adres is Sterling House, 43-45 Portman Square London W1H 6HN United Kingdom. Laat mens dink ne!
  • 10-16-2018, 09:08 PM
    Lukas
    As die Demokrate hierdie senaat verkiesing wen, kan Trump herkies word tot hy van ouderdom doodgaan, hy sal niks kan uitrig nie.

    Daar is baie profete in die wreld en Bill Meyer het dit mooi uiteen gesit. Daar is valse profete en ware profete en dan is daar ware valse profete. ( Lees die storie van die onbekende profeet as jy dit nie verstaan nie.)

    My ondervinding van profete en mense wat visioene sien is nie goed nie. Dit is gewoonlik mense wat te emosioneel en te bang is.

    Ek dink byvoorbeeld aan die eerste keer dat Mandela dood was. EK dink dit was in 2005. Op daardie stadium was daar n webblad www.siener.co.za Daardie webblad se lede het hoofsaaklik uit n spesifieke denominasie bestaan wat geglo het dat hulle die enigste mense met n regop aarde is.

    Met die boodskap wat toe geloop het dat Mandela dood is en die regering se stilswye oor die saak, het die mense wat die nag van die lang messe vrees, teen die dakke uitgedryf. En so heet hulle begin profiteer. En die een profeet na die ander het die hospitaal kamer beskry waar Mandela dood is. EN vir die waarheid was die verpleegsters en die dokter in volle besonderhede beskryf asook wat hulle vir mekaar ges het.

    En soos wat die een iets sien duik daar nog drie op wat ook iets gesien het en uiteindelik was die hele groep so opgesweep en gereed om te vlug dat hulle nie meer n ook kon toemaak nie.

    EN toe verskyn Mandela weer by n funksie. Onmiddellik was hierdie profete op hulle perdjies en het weer gesien hoe Mandela se dubbel sy rol vervul.

    Daarna was Mandela seker meer as 10 keer dood. Die webblad het sy koers en uithouvermo teen Mandela verloor en dit het baie stil geword.

    En net so sien ek die profesie teenoor Trump. Die meeste kerke wat profiteer, word deur my as kundalini aanbidders geklassifiseer. En daarom verder te bevestig, het hierdie kerke almal die Pous as hulle geestelike leier aanvaar. Protestante wat nou skielik nie meer n probleem met die Pous en dit waarvoor hy staan, het nie.

    Net daardie feit alleen behoort vir jou iets te vertel. Profiteer iets wat in die skif getoets kan word en ek sal daarna luiste. Maar profiteer oor mense se toekoms en jy maak jou aan waarsery skuldig.

    Saul was as koning gekies maar hy het sy roeping, outoriteit en uiteindelik sy lewe verloor omdat hy op waarsers gesteun het.

    My Opinie oor Trump.

    Elke geslag lewe in die laaste tye en voor elke wreldoorlog, was die mense elke keer oortuig dat dit die einde was en vir miljoene mense was dit die geval. Maar dit was nog nie die einde van die wreld nie en dit is ook nie nou die einde van die wreld nie/ Maar as ons iewers in die tydvak van die tye is, kan dit nou in Openbaring 12 wees.

    Indien dit so is dat ons nou in die tyd van Openbaring 12 leef, sal Trump nog n paar verkiesings wen en hy sal die Senaat geveg ook wen. Maar as ons nie in daardie tyd is nie, glo ek nie een mens kan seker wees hoe die besigheid hom gaan uitspeel nie.

    Maar as ons in die tyd van Openbaring 12 is, sal Trump en Putin nie net die geldmag verslaan nie, hulle sal ook die wreld regeer soos hulle wil. Trump is nie n politikus nie. Hy is n sakeman en hy is op die oomblik besig om sy opposisie wat politici is, op n baie slim manier uit te skakel.

    Indien hy hierdie geveg kan wen en kan oorleef, sal hy n baie goeie kans staan om suksesvol herkies te word.
  • 10-16-2018, 01:10 PM
    Unregistered
    Trump gaan die volgende verkiesing wen, en vir nog n termyn regeer. Dis geprofeteer
  • 10-15-2018, 04:22 AM
    Lukas
    OVS. Ek dink dat jy dit baie mooi saamgevat het. Daar is net nog ’n ding wat vir my duidelik uitstaan. Die "Franchisees" se bestuur, of hulle nou nuut of opkomend is, moet die kursus van die "Franchisor" geslaag het en volkome soos die "Franchisor" lyk en dink, om te kwalifiseer.

    Die "Franchisor" verdra geen kompetisie nie, en dit het ons in Pole gesien. Die oomblik toe die Poolse regering met ’n opposisie vervang was, wat hulle totaal van die "Franchisor" gedistansieer het, was die hele regering na Rusland genooi, waar die vliegtuig wat hulle vervoer het, afgeskiet was.

    Die "Franchisor" laat enige iets tussen opposisie partye binne ’n land toe, mits al die lede deel van dieselfde voorgestelde sisteem is.

    In die Sai shells het ons gesien hoe Frankryk en Amerika, saamgespan het om die nuwe rebelse regering omvr te werp omdat die nuwe president ongehoorsaam was.

    Amerika is vandag ’n baie interessante besigheid. Wanneer ’n Demokraat regeer, word die senaat deur die Republikeine beheer en wanneer ’n Republikein regeer, word die senaat deur Demokrate beheer, so word veroorsaak dat die president uiteindelik nie kan regeer nie. Hier by ons sou dit dieselfde gewees het as Luthuli huis, deur die KP beheer sou word.

    Daardie verkiesing wat die beheer van die senaat gaan verander, moet nou gebeur en Trump is glo besig om al die nuwe rol spelers in die tronke te stop. Die senaat word tans deur die Republikeine regeer en as die Republikeine hierdie laaste verkiesing wen, het die "Franchisor" ’n groot probleem.

    Die intelligensie agentskap in Amerika word deur die Pous en the City of Londen beheer en Trump word tans glo deur die Marines se intelligensie beskerm. In die verlede was dit maklik om ’n Kennedy of Verwoerd tipe regstelling te maak, en ons sal maar moet wag en kyk wat volgende gaan gebeur.

    Dit lyk of Putin sy geveg teen die "Franchisor" gewen het en as Amerika dit ook gaan regkry, sal die "Franchisor" ’n paar benoude spronge maak. Die hele proses kan die "Franchisor" wat die VVO en die wreld tans beheer, maklik ’n 100 jaar, in hulle beplannings vir die wreld terugsit.

    Alles hang van hierdie volgende Verkiesing in Amerika af, en of Trump dit soos Putin gaan regkry om te oorleef.
  • 10-10-2018, 11:50 AM
    Unregistered
    Quote Originally Posted by OVS View Post
    Met al die praatjies van Seseering deesdae wonder mens hoekom die VVO nie vir Katalonie bygestaan het in hulle poging om te seseer nie?

    Ongelukkig gaan die VVO nie oor goed of kwaad nie, dit gaan oor beheer. Leiers wat hulle mense tot in die grond in onderdruk word soos Konings behandel deur die VVO maar dit pla nie die VVO nie. Die VVO het 'n "Franchise" toegeken en dis al wat vir hulle tel. Die "Franchisor" en "Franchisee" sorg vir mekaar!
    Sou interressant wees as ons weer wat die VVO vereistes is om lidland te word en te bly. Ek neem aan Amerika met Trump, en May van Engeland val nie meer lekker in hul planne nie.

    Na die Bybel en eindtye... Laat my dink dat die eerste "beast op die wit perd", as conqueror in Openbaring 6 beskryf word, en mooi gedefinieer word as die leeu met 2 arendsvlerke, maw Britanje saam met Amerika....

    interressant

    Hein
  • 10-09-2018, 10:19 AM
    OVS

    UN die "Franchisor"

    Met al die praatjies van Seseering deesdae wonder mens hoekom die VVO nie vir Katalonie bygestaan het in hulle poging om te seseer nie?

    Die VVO is die "Franchisor" en elke land se regering is "Franchisees" wat 'n "Franchise" toegeken is deur die "Francisor" die VVO. Daar bestaan 'n simbiotiese verhouding tussen die "Franchisees" van elke lidland van die VVO se regerings en die "Franchisor" die VVO. Maw hulle het mekaar nodig om in bewind te bly albei kante toe. Die VVO gee nie baie om hoe elke lidland hulle interne sake behartig nie solank dit binne die ideologiee van wereld oorheersing wat die"Franchisor" koester bevorder. Die "Franchisor" se enigste doel en funksie is om 'n Nuwe Wereld Orde te vestig.

    Wanneer aansoek gedoen word vir nuwe "Franchises" en dit krap bestaande "Franchisee's" se "Franchises" om of bedreig dit soos in Katalonie gebeur het en die ander "Franchisees" aanvaar dit nie het die "Franchisor" geen keuse as om die nuwe aansoekers se aansoek om 'n "Franchise" te verwerp nie soos wat in Katelonie gebeur het nie.

    Maw die kanse vir Seseering om suksesvol te wees moet die ander lidlande van die VVO dit goedkeur. Net soos wat die Spur Restaurant groep se "Franchisor" nie 'n nuwe "Franchise" gaan toelaat onder die neus van een van sy bestaande "Franchises" nie gaan die VVO nie 'n lidland aanvaar op die grondgebied van 'n bestaande Lidland nie.

    Ongelukkig gaan die VVO nie oor goed of kwaad nie, dit gaan oor beheer. Leiers wat hulle mense tot in die grond in onderdruk word soos Konings behandel deur die VVO maar dit pla nie die VVO nie. Die VVO het 'n "Franchise" toegeken en dis al wat vir hulle tel. Die "Franchisor" en "Franchisee" sorg vir mekaar!

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •