Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0

Poll: LVMpso

+ Reply to Thread
Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 10 of 21

Thread: Media vs Oscar

  1. #1
    Unregistered
    Guest

    Media vs Oscar

    Hoekom speel die media so n groot rol om die onigeligte publiek te mislei, en Oscar as n moordenaar met voorbedagte rade te laat lyk. Talle BEWERINGE word die heeltyd gemaak en meeste mense eet dit vir soetkoek op.

  2. #2
    Unregistered
    Guest
    Dink jy regtig iemand wat n ander mens deur n toe deur skiet, ongeag wie agter daardie deur is, is onskuldig?

  3. #3
    Unregistered
    Guest
    Ja ek wonder nou juis hoekom eet jy Oscar se storie vir soetkoek op.

  4. #4
    Unregistered
    Guest

    Media vs Oscar

    Nommer 2 en 3 julle beaam sopas wat ek van praat. In die eerste plek se ek nie hy is onskuldig aan n sekere aanklag nie en in die tweede plek wie is julle om sy weergawe te bevraagteken? Was julle daar? Hy het mos erken hy het geskiet! Maar ja dis maar n kwaal onder die Afrikaner/Boer om vinnig klippe te gooi. Die man het in die verlede doodsdreigemente ontvang hy bly in NSA waar moord/ volksmoord hoogty vier. Jy weet wie is waar in jou huis en jy sit met twee afbene, almal is nie ewe aangewasse waneer dit kom by waneer dit tel nie. Enige kant toe kan gaan hy straf kry, maar as bewys kan word dit was onbeplan en n vrees gedrewe misverstand het hy reeds baie gely en sal n opgeskorte vonnis die ding doen. Is hy inderdaad skuldig aan moord of beplande moord motief sal dit lewenslank wees 25jr. Maar gaan lees weer my eerste pos voor julle die tou om die man se nek wil sit.

  5. #5
    Unregistered
    Guest
    Ek dink mense is redelik verdeeld oor die ding. Baie glo en wil glo hy is onskuldig. In elk geval dis nie net Afrikaners wat oordeel ens nie. Mense oordeel ongeag wat hul nasionaliteit is. Klink my jy is ook een wat graag jou eie mense afkraak.
    As jy n maaksel van die media is sal hul jou breek as hul so voel. Die media het Oscar gebring waar hy is en die media sal hom afkap as hul so voel.
    Daar is buitendien geen van die sg doodsdreigemente waarvan Oscar praat ooit aangemeld nie.
    Of Oscar skuldig is of nie, sy groot ego, arrogansie en beheptheid met vuurwapens is welbekende feite.
    Alet

  6. #6
    Unregistered
    Guest
    Jy etiketeer Oscar dan se jy ek kraak my eie af? Dink wat jy wil. Die NSA media het hom nie gemaak wat hy is nie hy het hom self bewys op die sportveld met harde werk. Ek hoop nie vir enige iets nie behalwe die waarheid. Ek salueer hom vir wat hy oorkom het, en AS hy skuldig is moet hy ook sy man staan tot dan sal ek wag en sien.

  7. #7
    Unregistered
    Guest
    Baie ander het net soveel of meer as hy bereik en nie soveel aandag gekry nie. Die media het baie met sy sukses te make. Hy was net n bemarkbare produk. Of ek hom oordeel of nie het niks te doen met jou veralgemening van Afrikaners nie. Daar is hope voorbeelde waar n vraagteken oor sy gedrag gehang het. Oa sy onsportiewe aanmerking tydens die Spele toe n ander atleet hom gewen het.

  8. #8
    Unregistered
    Guest
    Ja die volkie is nie soos wat jy wil voorgee n superras nie. Ons het tekortkominge en dis een van die punte, klim maar nou van daai troontjie af.

  9. #9
    Unregistered
    Guest
    Ek verstaan nie mooi wat het die superras met die saak te doen nie. Ek sukkel ook om te verstaan hoekom Afrikaners altyd alles aan hul nasionale identiteit wil koppel. "Afrikaners kraak hul eie af". Afrikaners is lui. Afrikaners is rassiste. Afrikaners dit, Afrikaners dat. Afrikaners is n superras.
    Vir 40 jaar het die NP ons vertel ons is super. Vit die laaste 20 word vertel hoe vrot ons is, sonder ophou.
    Ons is nie vrot nie en ons is ook nie super nie, ons is mense.
    Toe Oscar voor die hof verskyn het was n klomp swartvroue aan die voorpunt van die veroordeling met n uiters onsmaaklike opmerking van n swart vroue minister. Lw swart vroue, nie Afrikaners nie.
    Goeie genade, ons is net mense soos alle ander volke. Toe Jesus gese het die wat sonder sonde is kan die eerste klip gooi het ons as volk nog nie eens bestaan nie maar op hierdie blad word daardie eienskap nou n Afrikaner-eienskap.
    Alle volke het dinge waarin hul presteer. Die Keniane kan so goed hardloop. Afrikaners is goed in sekere sportsoorte en vindingryk met sekere praktiese goed. So, wat daarvan? Niemand is n superras nie en niemand is net sleg nie. Swartmense is as n reel baie meer jaloers op mense wat uitstyg maar gedurig hoor ek "jy weet mos ons mense gun mekaar niks". Hoekom wil mense hulself so afkraak? Want dis al wat jy indirek doen. Jy maak jouself so sleg omdat jy jou eie mense afkraak. As jy n selfbeeldprobleem het wat jy op jou eie volk wil projekteer, maak dan so. Ek ly nie daaraan nie.
    Vir my is ek trots op baie dinge wat hier bereik is en ook spyt en skaam or ander. Ons is NIE n superras nie maar ons is ook nie net sleg nie. Die Britte en Amerikaners is baie kwaaier op hul bekendes.
    As mense geld insamel om onder Afrikaners opheffing te doen kom mense en vertel hoe sleg is die meeste blankes. Regtig? Ek wonder maar net hoe het die Suid-Afrikaanse blanke wat so sleg is daarin geslaag om te help bou aan Afrika se grootste ekonomie.
    Maar nee dit was seker die Chinese?
    Die algemene houding is dat Boer Bashing n lekker sport is en nou kom mense op hierdie blad en gebruik n hofsaak van n sportman om sommer ook n hou in te kry.

    Alet

  10. #10
    Unregistered
    Guest
    Is dit jou nasionalistiese opinie?

+ Reply to Thread
Page 1 of 3 123 LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •