Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
+ Reply to Thread
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 12

Thread: Winter

  1. #1

    Winter

    Die natuur is hierdie jaar ekstra deurmekaar. In die W Tvl is ons gewoond dit word al skerpend koud vroeg Mei. Hierdie jaar trek nou al by 3 Junie en ek dra steeds kortbroek en kortmou hemp. Dit raak al bietjie kouer die afgelope paar dae en die weerburo belowe winter gaan die naweek opdaag.

    Vanoggend reŽn dit in Klerksdorp! Kan mens dit glo? ReŽn in Junie. Maar die grootste verassing vir my is my vrou se potplant. Ons het die plant vir haar seker 10 jaar gelede gekoop vir haar verjaardag, terwyl hy vol in blom was. Die idee was dat hy elke jaar op haar verjaardag sal in blom wees. Hy het nie een jaar terleur gestel nie. Elke jaar op haar verjaardag, staan hy vol in blom. Groot was my verbasing toe ek vanoggend sien hy blom! Sy verjaar 15 September...


  2. #2
    Tom. Jy het nou n lekker onderwerp hier aangeraak waaroor ek ook al n paar jaar gewonder het. My opinie verskil vandag van baie ander mense en wanneer ek vertel hoe ek dit sien, moet jy dit nie as n aanval sien nie maar eerder net as my eie ondervinding en hoe ek die seisoene ervaar.

    Iemand het dit ook eenkeer aangehaal dat jy nie met n dom mens moet argumenteer nie, want hy gebruik sy ondervinding om jou tot op sy vlak af te trek en dan trek hy jou uitmekaar. My reaksie is gedeeltelik waar. EK is nie so slim nie en ek praat uit ondervinding. Maar die verskil is dat ek jou nie uitmekaar wil trek nie.

    EK het in Wes Transvaal grootgeword en vir n klomp jare ook daar gewoon waar my kinders grootgeword het. EK het ook in die Oos-Kaap onder die Stormberge gewoon waar temperature van minus 18 tot minus 22 garde nie vreemd is nie. Waar plaasdamme oornag wil ys en waar jy 14:00 in die middae die krippe met n hamer moet stukkend slaan sodat die skape kan water kry. En tog was daar geen plek wat vir my so koud was as wat dit in Wes Transvaal en in die Noordkaap was nie.

    Die droŽ klimaat van die dorre binneland maak dat die winde deur jou waai en nie om jou nie. Maar ek het een ding by die ou mense geleer. Die winter kom na die wintervakansie. Ons ergste koue kom nadat die son gedraai het en besig is om vir die somer terug te kom. Dit is dan eers wanneer ons koue kom.

    ReŽn in Junie is nie vir my vreemd nie en een keer in die 80s het Klerksdorp self ryp in November gekry. Een ding kan ek van daardie winters onthou. Wanneer dit koud word word dit vir drie weke so koud dat dit alle geheue van enige hitte so uitwis dat dit vir jou voel of dit vir n jaar so koud is.

    Ek praat nou lekker. EK sit lekker hier bo in die Soutpansberge en die winter is nog nie nie n faktor nie. Hier is dit nog so groen en reŽn dit nog genoeg sodat jy nie aan die winter dink nie. Ek sal graag wil sien hoe hierdie plek in Julie, Augustus en September lyk. So ver is dit vrek lekker.

    Wat die wÍreld temperature betref wonder ek of ons nie aan ons neuse gelei word nie. Hoe ouer ons word hoe swakker word die bloedsomloop en so ervaar ons elke jaar die koue anders. Maar die Kasteel in die Kaap, was toe dit gebou was, nie ver van die strand af nie. Wat het gebeur dat dit vandag so ver van die strand af is en wanneer gaan die see weer terugkom tot waar dit in 1652 was ?

    Die grootte van die arktiese pole is ook konstant besig om te verander en dit het niks met ons blikkies Doom of voertuie se uitlaatgasse te doen nie. Die gebiede rek en krimp oor lang tydperke en ons lewenstyl word vandag daarvoor geblameer, sodat een of ander organisasie geld daarop kan hef en ons meer belasting daarvoor kan betaal.

    Nee, ek dink dat die wÍreld nog nie soos n dronk man op sy as waggel nie. Daardie tyd sal volgens my verstaan van die wÍreld nog kom, en dit sal heel moontlik as gevolg van die mens se eie handewerk wees waar bomme wat die vermoŽ het om die aarde te laat kantel, meer en meer as wapens voorberei word om die magspel te regverdig.

    My gevoel is dat die veranderings wat ons jaarliks sien, hoofsaaklik uit twee elemente bestaan. Ons bloedsomloop wat vertraag en die siklusse van die wÍreld waardeur dit in elk geval gaan.
    Last edited by Lukas; 06-05-2015 at 06:23 PM.

  3. #3
    Nee Lukas, gelukkig sien ek nie n aanval nie. Jy weet mos hoe sensitief ek is. hehe

    Hierdie is maar elkeen se eie gewaarwordinge en hoe hy dit ervaar. Ek onthou ook my koudste winter op sivie straat as hier in Klerksdorp. Ek het in Bloem groot geword en koue geken. Maar toe gaan bly ek vir 5 jaar in Pretoria noord, noord van die berg en raak toe so aan die klimaat gewoond, dat toe ek vandaar Klerksdorp toe trek, toe kan ek dit nie hanteer nie. Dit was nog nooit weer so koud hier in Klerksdorp nie. Maar soos jy sÍ, dit is hoe jy dit beleef en nie noodwendig waar nie.

    Maar dit verklaar nie vir my waarom liefie se potplant in Junie ipv September blom nie. Laasjaar het my appelkoos boom nie eers gebot nie. Miskien was dit sy 7 jaar rus jaar!

  4. #4
    Die potplant het dalk ook 'n sin vir humor en besluit sy kort iets ekstra die jaar?

  5. #5
    Ek stem 100% met jou Lukas. Mense het maar persepsies oor goed en vals uitlatings versterk dit. Gaan vra maar die weerburo, reen in die winter kom byba elke jaar oor die binneland voor.

  6. #6

    verklaring vir weerstoestande?

    Ek weet nie of die ander jagters dit ook kry nie , maar die 2 Gemsbok koeie wat ek sover geskiet het die winter was altwee dragtig ,en so ook die koedoe koei , dis die eerste keer wat ek dit tee kom die tyd van die jaar . Vandag is hier n swerm heuningbye oor die huis . En ook hulle is nie veronderstel om aktief te wees in die winter nie, al wat ek kan dink dit gaan n baie koue kort winter wees of dit gaan n baie goeie reenseisoen wees .???????

  7. #7
    Onse ouma Minnie was 'n wyse vrou van die veld. Haar uitleg was as die wild in die winter dragtig is kom daar 'n goeie reenseisoen aan. Die diere weet daar sal kos wees vir die kleintjies.

  8. #8
    Senior Member
    Join Date
    Sep 2014
    Location
    Pretoria
    Posts
    123
    Jip ek sÍ ook al lankal dat die mens die aarde en homself gaan vernietig. Daar is allerhande agendas agter die stories wat vir ons vertel word. Ek sÍ dit nie omdat ek 'n "conspiracy freak" is nie. As mens net wil dan sien jy wat aangaan. Die lot is so arrogant dat hulle eintlik vertel waarmee hulle besig is en meeste mense besef dit nie eers nie.

    Ek sien vanoggend dat my een Clivia ook so 'n verpiepte blom aan het. Maar dis ook nie die eerste keer dat ek sien dat een van hulle so ontydig blom nie.
    Last edited by 539; 07-02-2015 at 11:49 AM.

  9. #9
    die weerburo het n redelik matig en effens nat winter voorspel. Sover is die winter maar sag en daaroor gaan ek nie kla nie. Verlede jaar was koud genoeg.

  10. #10
    Ons weet nie van koud nie. Die klomp kry baie koud - as die see eers begin ys..



    Slurpee waves! The moment semi-frozen breakers rolled ashore in New England amid record cold
    Incredible pictures were taken by surfer and photographer Jonathan Nimerfroh in Nantucket, Massachusetts
    Returned the next day to see if the ice had melted, but all the water 300 yards away from the shore had frozen
    Another Arctic blast is set to sweep across the country and hit both coasts over the next few days as March begins
    On Friday morning, temperatures will be at least 10 degrees below average in all areas east of the Rockies
    Detroit and Des Moines, Iowa could experience record lows, topping previous temperatures of minus 4 degrees and minus 11 degrees respectively
    Saturday will get even colder in the Midwest and East, with Chicago, Pittsburgh and Philadelphia all looking to experience record lows.

    Plummeting temperatures have broken hundreds of winter records across the country - making February one of the coldest months in history.
    But in New England, it has gotten so cold even the waves are starting to freeze.
    These incredible photos of so-called 'slurpee waves' were taken by surfer Jonathan Nimerfroh in Nantucket, Massachusetts.
    He took his camera out when he noticed the horizon looked strange - and then spotted the surf had turn slushy.
    The stunning images were taken as snow and icy rain continues to cause chaos across the country - with states of emergency being declared in the South.
    And even though March begins on Sunday - forecasters have warned that the arctic conditions are set to continue.

    Mr Nimerfroh, who posted the pictures on his Instagram account on Wednesday, told the Daily Mail Online: 'When I pulled up to the beach I could see the horizon just look strange. When I got to the top off the dunes I see that about 300 yards out from the shoreline the ocean was starting to freeze.
    'The high temp that day was around 19 degrees. The wind was howling from south west which would typically make rough or choppy conditions not so good for surfing but since the surface of the sea was frozen slush the wind did not chance the shape. They were perfect dreamy slush waves.
    'Most waves were around two feet with some larger sets slushing through around three foot or waist high. What an experience to be absolutely freezing on the beach watching these roll in while I mind surfed them.
    'The next day I drive up to see if things melted but that same 300 yards out of water froze solid on the surface. No waves at all. I've been asking all the fishermen and surfers if they have ever seen such a thing. This is a first they all said.'

+ Reply to Thread
Page 1 of 2 12 LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •