+ Reply to Thread
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 19

Thread: nuwe statistieke

  1. #1
    462
    Guest

    nuwe statistieke

    Geen wet en orde Zuma, en algemene nuus;






    Meer as 161 000 mense is sedert 2004 in Suid-Afrika vermoor terwyl 5 900 misdade elke dag by die polisie aangemeld word. Die verbysterende feite is deur crimestatssa bekendgemaak. Die misdaad statistiek wys dat die meeste moorde in Nyanga in die Wes-Kaap gepleeg word.

    Die syfers toon dat 47% van alle dwelm-verwante misdade in die Wes-Kaap voorkom. Meer as 43 mense word daagliks in Suid-Afrika vermoor. Die gemiddelde syfer vir moord in die wÍreld is 7.6 per 100 000 mense. In Suid-Afrika is die syfer 36.5 vir elke 100 000 mense.

    Suid-Afrika het in die afgelope 18 jaar R650 miljard weens korupsie verloor. Sowat 16 000 mense is oor Ďn tydperk van Ďn jaar in die boekjaar 2011 en 2012 vermoor. KwaZulu Natal het die hoogste moordsyfer in die land, gevolg deur Oos-Kaap en Gauteng.

    Meer as 400 dwelmsake word daagliks aangemeld. Mitchelsplein polisie melt die meeste sake aan. Daar is 29 verskillende misdaad kategoriŽ. Daar is 1 118 verskillende polisiestasies in die land.

  2. #2
    Unregistered
    Guest
    Onder die Zuma regering vloei die meeste bloed, as jy kyk na Marikana, Sandf en ander... Dit lyk ook of die meeste geld geplunder word en oor die algemeen die land maandeliks in n swakker posisie geplaas word. Nou finansier ons Mugabe se eiendelose put van misbruik ook, hoeveel van die laste gaan ons nog dra, ek weet solank die koei nog melk het. Wat die statistiek oor Mitchelscomplaint betref kan jy se dis die bende hoofstad van Afrika.

  3. #3
    Is daar bewyse dat daar in Zuma se tyd meer bloed vloei?

    Ek kan nie die syfer presies onthou nie maar as ek reg onthou was daar in die twee jaar voor Zuma president geword het, tussen 15000 en 16000 mense per jaar vermoor. Die meeste van daardie mense was swart en wanneer ons net na plaasaanvalle kyk was plaasaanvalle sedert 2001 tot 2011 konstant aan die afneem.

    Plaasaanvalle het 2012 n styging begin toon en hierdie jaar lyk dit of dit erger gaan word. Ons vermoede is dat die DSM/PAC en die Black panthers moontlik n groot aandeel in hierdie toename het.

    Dat die Zuma bedeling uitgevang is dat hulle geld misbruik is baie waar. Maar ek dink dat ons nooit sal besef hoeveel geld die ou wit regering verduister het nie. Dit was in die ou regering ook baie moeilik om staatskontrakte te kry sonder om n minister ook finansieel te bevoordeel. Baie soos wat dit nou ook maar is.

    Ek is nie so seker of die Zuma regering ons grootste bedreiging is nie. Die Zuma regering word ook bedreig en die ondergang wat hulle in die gesig staar word deur dieselfde elemente bestuur as wat ons bedreiging beheer. Die PAC is volgens ons informasie direk vir die opleiding van plaasaanvallers en huisrowers verantwoordelik. Die PAC is direk by die DSM betrokke en die DSM en die PAC unies is besig om die Cosatu unies toe te maak.

    Cosatu se Vavi dreig die regering dat hulle nie meer vir die regering gaan stem nie. Cosatu is die handperd van die Kommuniste wat tans deur die sosialiste bedreig word. Nie dat die sosialiste die kommuniste wil oorneem nie maar omdat die sosialiste die leiding in die revolusie neem.

    Die ANC wat in homself verdeel is in liberaliste, kommuniste en sosialiste is tans besig om hulle greep in die revolusie te verloor. Alhoewel die ANC , internasionaal as Suid-Afrika se verteenwoordiger op die internasionale organisasie Socialist International verteenwoordig, beteken tans nie veel nie. Die sosialiste van Wallis ondermyn die huidige regering en is tans besig om alle moontlikhede om in vrede te leef te verongeluk.

    Gevolgtrekking:

    Om, ons teen die huidige regering se vermoŽ of onvermoŽ vas te kyk gaan ons niks in die sak bring nie. Om nou ín verskil tussen die wat het en die wat nie het nie kleiner te maak gaan ook nie werk nie. Ons moet nou begin om informante te werf sodat ons die impak van die bedreiging kan voorspel.

  4. #4
    Unregistered
    Guest
    Remember the Viano family of Walkerville. The true story: the father was first tortured and forced to hear them raping his wife in another room. Bernadette was repeatedly tortured and then raped with a whiskey bottle. The final blow was when they decided to break the bottle whilst it was still inside her. Then the father was also forced to hear them torturing the 13yo son while they drowned him slowly in a bath of boiling water. Then they hacked the poor man to death. The person that found them saw a trail of bloodied water coming from the front door into the yard because the bath taps had been left on. These monsters were caught and one of them was the maid's son. They sat throughout the whole court case with big smiles on their faces. Two men raped Mrs Viana with a broken bottle before both she and her husband were shot dead. They had gagged the little boy " because he was crying. We forced him into the bath face down, knowing that he would drown.í
    The Vianaís family dog was also killed when its stomach was slit open with a knife.

  5. #5
    Sulke stories maak ’n mens naar en die tipe geweld gebeur te veel. Presies dieselfde tipe geweld was ook gebruik deur ’n boer van Heidelberg Tvl. en ook deur twee jong wit mans by Wierdapark in Pretoria wat selfs die ongebore baba uit die verwagtende ma gesny het voor hulle haar en die huisbediende in die kookwater versuip het. Die boer van Heidelberg het sy meisie en haar verwagtende suster en die twee jarige dogtertjie ook so wreed vermoor voor hy homself gaan was het en toe vir die man wat kunsmis op sy plaas kom aflaai het, koffie gaan maak het asof niks gebeur het nie.

    Aanvalle is wreed en wanneer daar eers met martelings begin word, het die barbare, of hulle nou wit of swart is, geen keer nie. In die nuus is die Modimole monster wat mense gehuur het om die wrede dade te doen. Die probleem wat ek tans het, is dat ons weet en ons weet ook dat die regering weet dat die PAC hulle geweldenaars in Tembisa oplei om spesifiek hierdie tipe wrede aanvalle te doen.

    Die PAC en die SAKP ondergrawe die regering van die dag terwyl hulle nog in vennootskap met die regering is. Dit verstom my daar binne die regering die gematigdes is wat dink dat hulle met vooruitgang die negatiewe nyging van hulle vennote kan teŽwerk.

    Maar dit is nie vir my om die regering voor te skryf of om aanbevelings te maak nie. Ons kan uit die inligting wat ons kry maniere ontwikkel om die geweld tee te werk sonder om self in die tronke te land. Verder kan ons net bid dat hierdie tendens tot ’n end moet kom en dat God self sal ingryp. Ons is dankbaar vir die oorwinnings wat ons teen hierdie geweld kry en ons dank ons Vader omdat Hy dit vir ons moontlik maak om te wen.

    Meer as dit kan ons nie doen nie. Ons kan probeer ons vriende en kennisse te bereik en aan hulle hoop te gee maar as hulle dit nie wil hÍ nie, kan ons hulle nie dwing nie. Dit is reeds bewys dat stories soos wat ons nou hier met mekaar gedeel het, twee uitwerkings het.

    1. Wanneer dit gepubliseer word, word dit onder die kriminele ’n kompetisie om daarop te verbeter.

    2. Die mense wat jy graag wil wakker skud word bang en sal jou eerder vermy of selfs by die polisie aankla as om wakker te word.

    By AKSKA sal ons in uiterste gevalle soos wat dit nou hier gebeur daaroor skryf. Omdat jou plasing van die wrede aanval mense maklik laat veralgemeen en polarisering veroorsaak was dit ook vir my belangrik om jou te vertel hoe wreed wit mense ander wit mense en verwagtende vroue vermoor. Wit mense is vir 6% van wrede plaasaanvalle en huisrowe verantwoordelik.

    Die aanslag is nie ’n wit en swart ding nie. Dit is ’n lig en duisternis ding.
    Last edited by Lukas; 04-19-2013 at 06:45 PM.

  6. #6
    Hier is ’n probleem-som

    (Meer as 161 000 mense is sedert 2004 in Suid-Afrika vermoor terwyl 5 900 misdade elke dag by die polisie aangemeld word. Die verbysterende feite is deur crimestatssa bekendgemaak. Die misdaad statistiek wys dat die meeste moorde in Nyanga in die Wes-Kaap gepleeg word.)

    Die syfers toon dat 47% van alle dwelm-verwante misdade in die Wes-Kaap voorkom. Meer as 43 mense word daagliks in Suid-Afrika vermoor.)

    Ons vermoede is dat daar 87 miljoen swartmense in Suid Afrika is. Die syfer sluit die swartmense van ander lande in.

    Vraag 1: As daar 43 mense per dag vermoor word, hoeveel van hulle is persentasiegewys wit.

    Vraag 2: As crime stats SA beweer dat 6.7 mense per 100 duisend vermoor word. Wat sal die hoeveelheid wit mense per 100 duisend wees ?

    Vraag 3: Wat sal die hoeveelheid swart mense per 100 duisend wees ?

    Hierdie antwoord gaan baie belangrik wees omdat ons vermoed dat dit binne die volgende twee maande ernstig mag verander. Wanneer ons hierdie som weer in Augustus maak, sal ons ’n baie goeie idee van die PAC, DSM en Black panther invloed op die werklose emosioneel onstabiele swart man op straat kry.
    Last edited by Lukas; 04-22-2013 at 09:44 PM.

  7. #7
    Unregistered
    Guest
    Niemand weet regtig of witmense veral boere swaarder deurloop onder geweld en misdaad as swartmense nie. Tensy plaasaanval statistiek apart van ander misdaad aangeteken word is dit onmoontlik om te weet of witmense en boere spesifiek onder meer misdaad en geweld deurloop as die res van die samelewing.Dis hoekom Afriforum en die FF Plus aandrind dat Plaasaanvalle as 'n prioriteits misdaad verklaar moet word.

    Indien plaasaanval statistiek op sy eie bereken is kan dit as 'n aanslag van 'n politieke aard uitgemaak word. Indien statistiek die vermoede steun dat witmense of dan boere onder meer dodelike geweld as die res van die samelewing deurloop kan 'n saak van stelselmatige volksmoord of lae frekwensie burgeroorlog gemaak word.

  8. #8
    Daar word altyd gesÍ dat ín oorlog ín ekonomie kan stimuleer. Toe Amerika op die rant van ineenstorting was, het hulle die vreemdste verskonings uitgedink om ín oorlog teen Irak te verklaar.

    Misdaad soos wat ons dit ken staan ook as ín lae intensiteit oorlog bekend. Ons misdaad stimuleer ook die ook die ekonomie soos wat ín oorlog dit doen. Maar wat ons misdaad dryf en aan die gang hou, is ín rewolusie. Die rewolusie wat na die 1994 verkiesing nie gestaak het nie, veroorsaak ons lae intensiteit oorlog. Ek het gister weer ín bewys gekry dat die moordbendes wat as Born to kill bekend staan, ook deur die PAC bestuur word. Verder het ek ín kriptografiese boodskap ontsyfer wat sÍ dat dit nou die tyd vir die born to kill is en dat hulle van 21:00 to 12 Nm. moet moor.

    Hoe wyd hierdie boodskap loop weet ek nog nie. En of hierdie boodskap ook ín toename in moorde en rowe teen blankes alleen veroorsaak kan ons ook nie bewys nie. In die verlede was daar berekenings gemaak wat aanvalle teen spesifiek die boere per 100 duisend gemeet het. Die res van die aanvalle was ook met ín syfer per 100 duisend vergelyk maar dit het nie ín onderskeid tussen swart mense en wit mense gemaak nie.

    Omdat die SAKP die veiligheid portefeuljes beheer sal daardie onderskeid seker nooit deur die staat gemaak kan word nie. En omdat die SAKP, Cosatu en die die PAC vennote van die regerende party is, is daar wat my betref verseker inligting wat van die regering weerhou word.

    Die vraag is: Ons kry tog sekere syfers en statistieke. Kan ín mens wat toegepaste wiskunde verstaan nie met die syfers wat ons tot ons beskikking het, by benadering ín vergelykende aanduiding van die aanslag teen die blankes teenoor die aanslag teen die swartes bereken nie ?

  9. #9
    Unregistered
    Guest
    Die tipe goed is baie moeilik. Wat ek wel uit n betroubare bron gehoor het is dat in die weste van JHB blankes so ongeveer 8% van die bevolking is, maar 22% van die moordslagoffers uitmaak. Hierdie is n rasseding maar dis veel ingewikkelder as net suiwer swart en wit. Dis ook n klasding. Die witras en die middelklas is in die spervuur. Waar die twee oorvleuel sal jy seker dan sien hoe baie wittes sterf. Swartmense is egter nie noodwendig veilig nie en as hul behoudende mense is, dan word hul ook geteiken.
    Plaasaanvalle geniet onsettend baie publisiteit maar ek glo lankal nie meer dat plaasbewoners veel meer geteiken word nie. Niemand praat namens die ou in die dorp nie. Sy moord gaan stil-stil verby. By Kroonstad is n gastehuis wat sukkel om aan die gang te bly. Gautengers wil glo nie eintlik in n gastehuis op n plaas bly nie, hoe dom is dit nie? Daardie selfde Gautenger sal dalk nie weet as iemand in sy straat vermoor is nie.
    Die mense glo ook dat plaasaanvalle baie wreder is as huisrowe. Ek dink die plasing hierbo van die ma, pa en seun bewys daardie persepsie ook verkeerd.
    Omdat die grootste getal misdadigers swart is, sal ek dink dit maak net uit n suiwer wetenskaplike oogpunt sin om eerder op misdade in die Afrikastyl te konsentreer. Sodoende gaan jy mos die meeste misdaad voorkom.
    Alet

  10. #10
    Unregistered
    Guest
    Die feit is: tensy plaasaanvalle nie as 'n apparte misdaad geklassifiseer word nie sal daar nie akkurate statistieke daaroor wees nie. Dieselfde geld vir marteling. Om beter statistiek teen te staan is in niemand se belang nie. Wees sistematies, bereken die dinge wiskundig, wees objektief moenie dat emosies jou pooitjie nie.

+ Reply to Thread
Page 1 of 2 12 LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •