Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 5 of 6 FirstFirst ... 3456 LastLast
Results 41 to 50 of 51

Thread: Dood op ons paaie

  1. #41

    Satan is magteloos

    Hein meskien lees of verstaan ek en Cris nie die deel nie

    Help asb

    Submit yourselves therefore to God. Resist the devil and he will flee from you. (James 1 gaan lees bietjie

  2. #42
    Julle s eintlik presies dieselfde ding, maar dis asof julle aspris mekaar verkeerd probeer verstaan.

    Satan het mag op die aarde en oor mense BEHALWE oor God se kinders naamlik wedergebore Christene.
    Die mag het hy ontvang met die Sondeval.
    Dit is die stryd tussen goed en kwaad.
    God kan enige oomblik Satan se magte beindig, soos hy ook sal doen met die Wederkoms. Maar voor dan laat God Satan toe om te doen wat hy wil sodat mense uit hulle eie vrye wil God kan kies.
    As jy God gekies het, het die Satan geen mag meer oor jou nie.
    Dit beteken nie hy sal ophou om jou te versoek nie, maar as jy in God se wil leef en groei en tot Hom bid, gee Hy jou die krag om die versoekings te weerstaan en die probleme te oorkom.

    Ek gaan nie nou versies opsoek nie. Lees sommer maar net die hele Bybel

  3. #43
    More 510

    Dankie vir jou bydrae, ek waardeer dit. Satan se mag le in misleiding en verleiding. 'n Halwe waarheid is baie naby aan die waarheid, tog bly dit 'n leuen.

    Ek en Hein stem oor baie saam, tog verskil ons oor God se karakter. Ek se God is net goed, liefde sonder vrees. Hein se God kan goed wees maar Hy is partykeer ook kwaad, liefde met vrees. So nee ons is nie aspris nie, ons is opreg opsoek na die waarheid en ja, asb, enige tyd, help ons reg.

    Ek stem saam met jou tot jy se: "God kan enige oomblik Satan se magte beindig"

    Kom ons dink gou daaroor. Toe God, satan verslaan het is die satan se mag tog gebreek. Die Bybel se, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—
    Tot niet, dit beteken tog magteloos. Dus satan is magteloos, God hoef nie meer sy magte te beeindig nie, Hy het reeds. God het reeds gedoen wat Hy kon, satan se tande is getrek, God kan en wil hom nie gebruik om Sy kinders te beheer nie. Al wat die mens moet doen is om satan te weerstaan, dan vlug hy. Ons is nie uitgelewer nie.

    In my geval kan ek God volkome vertrou, ek weet God sal nooit iets kwaad oor my laat kom nie, dit is nie in Sy wil nie en dit is nie deel van Sy groter plan nie. Die bybel leer my verder dat wanneer God my sou beproef, sal dit nie bo my vermoeens wees nie en sal dit altyd ten goede wees. Indien kwaad in my lewe voorkom is dit omdat ek dit toelaat, meestal uit onkunde.

    Kinders van God wat glo dat God kwaad, satan, siektes, dood, vloede, misdaad, ongelukke, ens, gebruik om Sy kinders te straf/beheer/mannipuleer, se verhouding met God ly daaronder. Daar is altyd 'n twyfel en tekort aan vertoue, wat veroorsaak dat God daardie mense nie volgens hul volle potensiaal op aarde kan gebruik nie. Hierdie is die hoogste vlak van satan se misleiding en lei na elende op aarde vir God se kinders.

    Kyk waar het die draad begin. Iemand is moedeloos oor die dood op ons paaie, party wil satan/halloween die skuld gee. 'n "bonatuurlike mag" wat meeste mense 'n heilige vrees voor het en nie wil konfronteer nie. Dit bestaan nie. Dit is 'n misleiding van satan.

    Kinders van God ly onnodig omdat die waarheid van hulle weerhou is en hulle die misleidings wat deur tradisies aan hulle oorgedra is bly glo.

    So nee, ons se eintlik nie presies dieselfde ding nie.

    Chris

  4. #44
    Quote Originally Posted by 510 View Post
    Julle s eintlik presies dieselfde ding, maar dis asof julle aspris mekaar verkeerd probeer verstaan.

    Satan het mag op die aarde en oor mense BEHALWE oor God se kinders naamlik wedergebore Christene.
    Die mag het hy ontvang met die Sondeval.
    Dit is die stryd tussen goed en kwaad.
    God kan enige oomblik Satan se magte beindig, soos hy ook sal doen met die Wederkoms. Maar voor dan laat God Satan toe om te doen wat hy wil sodat mense uit hulle eie vrye wil God kan kies.
    As jy God gekies het, het die Satan geen mag meer oor jou nie.
    Dit beteken nie hy sal ophou om jou te versoek nie, maar as jy in God se wil leef en groei en tot Hom bid, gee Hy jou die krag om die versoekings te weerstaan en die probleme te oorkom.

    Ek gaan nie nou versies opsoek nie. Lees sommer maar net die hele Bybel
    Dankie 510, jy verstaan korrek, EN DIS PRESIES WAAROM EK NIE KAN AANGAAN MET 'N GESPREK wat die meer rigting het nie.

    Ek sien ook dat Chris weer halfpad gelees het, EN NIE DIE VOLLE SIN GELEES HET NIE.

    Kom ek herhaal wat jy gese/geskryf het:
    God kan enige oomblik Satan se magte beindig, soos Hy ook SAL DOEN met die Wederkoms.

  5. #45
    Ek verskil van jou Chris.
    God is 'n God van liefde.
    Maar dit beteken nie as jy 'n Christen is sal dit met jou altyd net goed gaan nie. God beproef die wat Hy liefhet. Nie om hulle te straf of te tart nie, maar om hulle te louter. Om ons die geleentheid te gee om te groei kom daar soms slegte dinge oor ons pad. Ek s nie dis God wat dit laat gebeur om mens te straf nie, maar God laat dit toe. Soos Hy ook met Job gemaak het. Dis juis wanneer dit met mens minder goed gaan dat mens die kans kry om God se genade te beleef. Dit is dan wanneer jy bewys of die duiwel mag oor jou het of nie. Dit is dan wanneer jou geloof in God beproef word. Wanneer jou geloof sterk is, het die slegte dinge nie die mag om jou geloof in God van rigting te verander nie.
    Die aarde is nie meer die paradys nie en ons is ook nog nie in die Hemel nie en daarom sal mens nogsteeds probleme h.

  6. #46
    Quote Originally Posted by Nov16 View Post
    Hein meskien lees of verstaan ek en Cris nie die deel nie

    Help asb

    “Submit yourselves therefore to God. Resist the devil and he will flee from you.” (James 1 gaan lees bietjie
    Nee Nov16, ek het geen probleem met dit nie. Ek se weer, ek as geestelike werker in maksimum gevangenis bied hierdie goed aan. Ek weet presies wat jul bedoel, of te kenne gee wat jul bedoel.

    Maar soos vir die honderdste keer gaan ek dit WEER herhaal, en hopelik dring ek nou deur. Die duiwel het mag, hy het baie, baie mag. Gaan kyk asb my plasing waar ek dit mooi in meer as 25 opskrifte neergestip het.
    Indien jy dit nie wil erken nie, druk jou kop in die grond soos 'n volstruis, en gaan laa-die-daa aan met jou lewe, ignoreer dit wat God self in Sy Woord skryf. Indien hy nie mag het nie, hoef jy hom dan as satan ook nie te weerstaan nie. (Hopelik gaan die liggie nou aan.)

    As satan nie 'n mag/"force" is nie, hoekom het hy dan vir Christus versoek wat God in die vlees is. Satan het mag, dis die waarheid. Hy is die tweede grootste mag in die wereld naas God Almagtig. Wys my watter mag is daar in die wereld wat groter as dit is...?

    Kom ek gee jou 'n toepaslike voorbeeld. As jy eendag miskien kanker kry of terminaal siek word, dan kom vertel jy my weer of satan mag het of nie. Dan kom vertel jy my wat HET JY VERKEERD GEDOEN(ook volgens jou en Chris se redenasie) ...., SODAT JY mos nou die MAG VIR satan gegee het, dat jy kanker gekry het. Dan moet jy maar onder 'n boom gaan sit en mooi gaan dink wat JY VERKEERD gedoen het... Dis mos nou jul redenasie. Jul redenasie is dus dat jul satan se KANKER ingenooi het in jul lewens en dis jul eie skuld.... :-)

    Ons kan slegs as kinders daardie mag weerstaan, DIS AL. Slegs as 5% van wereld bevolking, kan ons dit vandag in Christus se Naam doen. En dan hardloop satan tydelik weer weg, en kom weer, en weer, en weer.

    Maar die mag van satan as 'n kragtige vyand is daar. Dit bestaan.

  7. #47

    Hein en sy geloof oortyging

    HEIN wanneer jy met hoofletter begin skryf is daar duidelik n emosioneele konetasie.

    Meskien verwonder jy jou oor iets wat baie pla...jou aanhaalings soos geskryf is kommerwekend.is jou uitrusting in die kas of dra jy dit elkedag by jou, saam met jou?

    Indien jy ingeloof staan kan jy berge versit so staan dit in die woord, jy kan wonderwerke laat plaasvind so staan dit ook in die woord. Allesl moontlik en haalbaar net moontlik gemaak vir die gelowige..

    Die grooot vraag is waar is jou uitrusting?

    Ek verstaan jou, chris verstaan jou maar vir een of kundige rede sien jy nie satan as n teenstaander en sy boose magte as n teenstaander nie. Jy sien dit as die Tweede Magtigste entiteit in die heel al.

    Hein jy is totaal verkeerd,

    Dit is eers Die Almagtige God wat drie enig is. Tweede is dit die wat God kom haal wie sy mense en siele is

    derde is die satan as prinse met sy vleuels van engele en die verwerpe gespuis.

    Iewers is die draad besig om sy riting te verloor,

    He that believeth on the Son hath everlasting life: and he that believeth not the Son shall not see life; but the wrath of God abideth on him.

    Die draad het begin met dood op ons paaie. Wie weet wanneer die Almagtige Vader ons begin oordeel, wie weet wanneer sy tyd daar is.
    Nie ons nie nie Hein nie.

    hein jy skryf dit so en juis dit alleen laat my wonder?
    """
    Maar soos vir die honderdste keer gaan ek dit WEER herhaal, en hopelik dring ek nou deur. Die duiwel het mag, hy het baie, baie mag. Gaan kyk asb my plasing waar ek dit mooi in meer as 25 opskrifte neergestip het.
    """

    Jy s ook jy bedien die mense in die gevangenis, gelowige en ongelowige, jy kan mos net aan n persoon se vrugte sien wat hy dra s en leef, of stel dit so

    Die liggie wat jy noem, is n direkte verwysing na jou soeke, ervaarings waarmee jy tans besig is...

    hein moet asbeblief nie voorbeelde gebruik nie, jy kan en mag nie oordeel nie, dit is beperk alleenlik tot EEN Persoon. Jy het nie die verme om teoordeel nie. Jy as n weder geboore kind doen sonde om die geleentheid vir n voorbeeld te gebruik.

    Jou werk is om op te bou, nie verdeeltheid of onmin te saai nie. Onthou baie mooi wat jy saai sal jy maai.

    Jou volgende verwysing
    """Ons kan slegs as kinders daardie mag weerstaan, DIS AL. Slegs as 5% van wereld bevolking, kan ons dit vandag in Christus se Naam doen.""""

    Weer verkeerd Hein ons moet kan glo soos n kind om dit te verstaan...

    Die klein persentasie wat jy noem mag moontlik wees, nie almal gaan na die Vader nie.

    So ja indien jy jou verstom aan Satans se Mag soos jy dit uitspel sal en is daar bitter min wat gered sal of gaan word..


    Jou verwysing na volstrius kop in gat steek....pasnie in die dialoog wat ons probeer voer of oordra nie.

    dapper; manhaftig; onverskrokke Is dit wat jy bedoel met die volstruis?
    Last edited by Nov16; 11-26-2016 at 05:54 PM.

  8. #48

    Hier is die antwoord

    Quote Originally Posted by 1615 View Post
    In die laaste maand of so is hier baie pad ongelukke. Maar dit het skerp gestuig die laaste twee weke en ek wonder wat die rede vir dit kan wees.

    Voetgangers wat omgery word, fatale kop aan kop botsings in die dorp wat beserings en dood veroorsak.


    Halloween is amper op ons weer, en ek wonder of dit nie 'n groot rede is vir al die onnodige dood en verwoesting in die omgewing, op ons paaie is nie.
    1615 op die stadium word daar tou getrek, party het nou al blaase op hula hande van die twis.

    Hier is n verwysing wat sekerlik die antwoord gaan help. God is in beheer
    http://biblehub.com/commentaries/1_john/5-19.htm

  9. #49
    510

    Ek het nooit gese dat dit altyd net goed sal gaan nie, ek se wel dat wanneer dit nie goed gaan nie, is dit nie God se skuld nie. Dit is my eie skuld, Jesus het my losprys vir my sonde betaal en die dood oorwin, God het my vergewe, God het die satan verslaan, tot niet gemaak, ek kan dit nie meer as 'n verskoning gebruik nie.
    Dit wat my oorkom is my eie skuld, dit kan wees as gevolg van ongeloof, vrees, onkunde, trots, wat ek saai. Daar is verskeie redes, maar dit is nie God se skuld of wil nie. Die Bybel is verder duidelik dat wanneer God ons beproef sal dit nie bo ons vermoeens wees nie maar ten goede.

    Chris

  10. #50
    Hein

    Jy is sowaar nog hier. Daai ongemak in jou wil maar net nie wyk nie, ne? Dit kan nie Hein, dit sal nie, nie so lank as wat jy die bog glo wat jy kwytraak nie. Jy kan nie aanhou om God en die satan te beskuldig vir jou foute en ongeloof nie. Jy het die outoriteit, Jesus het dit by satan weggeneem en aan jou teruggegee, jy mors daarmee. Jy hemel die satan op asof hy nog sy hemelse magte het, dink jy vir een oomblik satan sou een mens gespaar het as hy die mag gehad het wat jy hom gee? Die ergste is jy preek die twak!!

    My antwoord aan 510 waarop jy reageer het: Ek het nie halfpad gelees nie, ek het die deel van die sin aangehaal wat ek wou bespreek. God gaan nie die die satan se mag beeindig nie, Hy het reeds. Ek het dit vir jou aangehaal uit die Bybel dat satan se mag tot niet is, hoekom jy dit betwyfel sal net jy weet.

    Nou dan, die res van die sin: Ek het vir jou slegte nuus, as jy glo ons moet wag vir die wederkoms, dat Jesus, satan se mag kom wegvat. Jy gaan lank wag. Die Bybel se anders, die Bybel se Jesus sit en wag dat Sy vyande 'n voetbank vir sy voete gemaak word.

    Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God
    Heb 10:13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete.
    Heb 10:14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.

    In wie se hande is die bal nou Hein? Gaan jy Jesus uitwag? Jy kan nie Hein, Jesus sit en wag dat jy soos 'n kind van God begin heers.

    God se kinders is deur een offer vir altyd volmaak, ons is toegerus en het die outoriteit van God ontvang om die vyand 'n voetbank te maak. Die wereld wag vir die kinders van God om die aarde vol van God se heerlikheid te maak. Ons gaan dit nie regkry deur in ongeloof die satan op te hemel en God te blameer vir als wat fout gaan nie.

    Chris

Page 5 of 6 FirstFirst ... 3456 LastLast

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •