Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
+ Reply to Thread
Page 9 of 13 FirstFirst ... 7891011 ... LastLast
Results 81 to 90 of 122

Thread: Amerikaanse Verkiesing

  • Thread Tools
  • Rate This Thread
  • Display
  1. #81
    Do You Really Want A King?

    Hier word n hele klompie punte aangeraak en is werd om heeltemal te kyk. Net 13:28 minute.


  2. #82
    Unregistered
    Guest
    Dankie 472.

    Hein, kyk asb!

  3. #83
    Dit lyk of die uitslag van die Amerikaanse verkiesing baie van die omstandighede en die moontlikhede vir die onmiddellike kort termyn verander het. Wat ek hiermee se is dat Trump indien hy dit oorleef, Amerika weer n ekonomiese faktor kan maak. Wat ek hiermee se is dat werk geleenthede binne Amerika baie kan verbeter.

    Baie mense, veral mense wat hulleself in rigtings kwalifiseer het, sal nou weer hoop h. Baie Suid-Afrikaners wat wil emigreer sal ook nou hoop h, tog weet ons nie hoe maklik Amerika nou vir die uitlander werk geleenthede gaan gee nie.

    EK kry die gevoel dat die swart mense hier by ons self so bietjie ongemaklik met die vooruitsigte van Trump as president is. Alhoewel daar op plaaslike vlak, meer en meer aanduidings is dat swart mense opgesteek word om blankes uit te moor, is dit asof hulle ietwat kriewelig is oor wat Trump aan hulle kan doen.

    Die 23ste November 2016 het ek n ondersoek gaan doen waar diewe gewapend ingebreek het en tog nie die inwoners oorrompel het nie. Die ondersoek het aan die lig gebring dat die goedkeuring vir die inbraak, wel in n tipe hofuitspraak gegee is. Wat beteken dit?

    Ek hoor Malema wil die wit Afrikaner uitmoor en dan vra een van sy ondersteuners in Levubu n vuurwapen sodat hy die wit boere wat op hulle neersien, een vir een kan uitmoor.

    Hoeveel van die misdade en moorde wat ons sien, was nie dalk ook op so n politieke vlak bespreek en beplan nie? Ek wys nie die vinger na ons nie en ek s verseker nie dat ons moet gatkruip nie, maar ek begin oor n paar goed in die lewe wonder.

    Ek wonder hoe regverdig ons nog is ?
    Kan ons as Afrikaans sprekende wit mens in Afrika nog daarop roem dat ons oorwegend gasvry, regverdig en opbouend is?
    Kan ons nog roem dat ons n nederige nasie is wat streef om waarde tot ander mense se lewens toe te voeg?

    Hoe regverdig is die bedreiging teen ons?
    Hoe opreg is die begeerte om hulleself te laat geld?

    Ek dink die wet wat al die grondeise na 2014 ongrondwetlik verklaar is iets wat tog hoop gee, tog sal die radikale swart man dit asnog n poging vas die wit man sien om hom wat swart is, terug te hou.

    Hoe lank gaan ons nog moet wag voor hierdie rasse geweld pot oorkook, en gaan dit wel een of ander tyd oorkook ?

  4. #84
    My opinie, gegrond op wat ek op veral Facebook leess is as volg:

    Die gemiddelde Afrikaner (blanke?) is super gatvol vir die geweld wat teen ons gemik word en dit is uiterard te verstane. In teenstelling egter om verdraagsaamheid te verkondig word hulle meegesleur deur die propaganddamasjien wat die geweld in ons almal se gesigte wil hou en deel hulle te lekker al die grusame berigte en foto's op sosiale media en word te lekker saam wraak gesels. Op die manier bereik hulle die vyand se doel namens hulle deur die wig van tweespalt al dieper in te dryf.

    Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is beslis nie perfek nie, maar die vereistes volgens God is vergewingsgesindheid, verdraagsaamhied, liefde, vrede ens. en wanneer ek so deur die sosiale media bladsye blaai, dan is dit presies die teenoorgestelde wat ek sien. Ek lees hoe mense mekaar aanmoedig om van alle swart werkers ontslae te raak wat in hulle diens is aangesien die "goed" net daar is om te moor en steel. Besef ons wat die langtermyn sosiale impak van ssulke besluite gaan wees? Wil ons ook nog aktief die werkloosheid- en misdaadsyfers aktief verder opjaag?

    Hoe wil ons vrede in ons land bewerkstellig as daar nie eers vrede in ons eie harte is nie? Die Woord s dat soos 'n mens in sy hart dink, so IS hy.

    Natuurlik is dit moeilik, Jesus het self gewaarsku dat dit so gaan wees. Maar Hy het nooit ges dat Hy verstaan dat dt moeilik gaan weees en daarom is dit maar reg as ons nie volgens God se wil leef nie.

    Ons het nodig om onsself van die propagandasisteme van die wreld te speen en weer elkeen in sy/haar hart terug te kom by die beginsels of waardes wat ons beweer ons s'n is.

    Ons is 'n 'n hewige geestelike oorlog gewikkel en dit is daar waar ns die geveg eerste moet aanvat want anders gaan ons beslis verloor.

    Daar is vrek baie uitdagings vir ons, maar met God loop ons 'n oormag storm. En om 'n goeie mentor van my aan te haal ... if it is to be, it is up to me. Ek het dus nodig om eerstens by myself te begin want dit is eintlik die enigste persoon oor wie se besluite ek direk 'n invloed kan uitoefen.

  5. #85
    Goed opgesom
    Ek het nou net 'n gedagte gehad.
    Is daar 'n manier wat mens werkers kan aanstel op grond van hulle geloof in Christus?
    Waar sou mens hulle vind?
    Sal dit nie 'n manier wees om bedreigings te verminder en terselftertyd steeds werk te verskaf nie?

  6. #86

    Weet jy hoe lyk so n mens?

    Quote Originally Posted by 510 View Post
    Goed opgesom
    Ek het nou net 'n gedagte gehad.
    Is daar 'n manier wat mens werkers kan aanstel op grond van hulle geloof in Christus?
    Waar sou mens hulle vind?
    Sal dit nie 'n manier wees om bedreigings te verminder en terselftertyd steeds werk te verskaf nie?
    Baie mooilike een die, hoekry jy sulke mense? Wil graag ook weet.

    Almal gaan ier kwaad word, jy kry maklik n klip christen sodra jy die klip lig is die duiwel daar.

  7. #87
    Verstaan ek nou reg? Donald Trump 'dump' die CIA, FBI en Secret Service se dienste wat sy veiligheid moet verseker en huur in plaas van hulle, n groep 'Russian Special Forces' om die taak te verrig. As dit so is, het ek nou alles gehoor!


  8. #88
    510. 'n Mens kan dit seker kry maar hoe gaan jy jou liggie in die wereld laat skyn as jyself met lig omring is?

    En wat Trump se sekuriteit betref. Enige iets is seker moontlik en ons sal maar moet wag om te sien of dit so is of nie. Ek dink as ek in sy skoene was sou ek dalk dieselfde plan oorweeg het.
    Last edited by Lukas; 12-22-2016 at 02:54 PM.

  9. #89
    Something interesting here or hogwash? His predecessor is up to many things. DJT is entering the WH house chewing gum with plans to kick butts, and I reckon he is all out of gum. https://www.youtube.com/watch?v=eErisLyuSHg

  10. #90
    Mense wat in vrees leef kan enige iets omskep om hulle vrees te verterk.

+ Reply to Thread
Page 9 of 13 FirstFirst ... 7891011 ... LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •