Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Results 1 to 3 of 3

Thread: God is altyd goed

  1. #1

    God is altyd goed

    Ek verstom my aan sommige van die antwoorde in plasings wat op die forum verskyn en daarom het ek dit goedgedink om die onderwerp te begin.

    Miskien, verskil my verstaan van "goed", van ander christene, maar van dat ek kan onthou is ek geleer God is goed, dit is ook my ervaring in my persoonlike verhouding met God. 'n Liefdevolle Vader wat Homself offer ter wille van Sy kinders.

    Dit is egter nie almal se getuienis nie, ander beleef en ervaar God anders. Mense beskuldig God van gruweldade teenoor Sy kinders, waarvoor hulle self in die tronk sou beland as hulle dit aan hul eie kinders sou doen. Hulle probeer sulke dade aanvaar as God se wil. Die verwyt en hartseer word onderdruk uit vrees vir nog erger dinge as daar enige tekens van verset is.

    Ek verstaan dat dit wat ons ervaar en beleef die gevolg van ons geloof is. Hoe is dit dan nou moontlik dat ons, dieselfde Bybel lees, elkeen heilig gemaak is deur Jesus Christus en tog verskillend glo?

    Chris

  2. #2

    Waarna ons moet strewe

    Romans 11,36/35
    "God's goodness appears in two things, giving and forgiving."

    ons Vader Almatige Skepper van Heemele en Aarde met alles wat daarin is gee vir ons geskiktheid, goedheid en vriendelikheid dit is totaal onbegrensd onbeperk asook geen einde vir ons maar vir menslike verstand is die gawe wat God ons bied onbegryplik ons verstand kan dit nie akkommodeer nie.

  3. #3

    Goedheid van God

    http://biblehub.com/topical/g/goodness.htm

    Dit is n besonder studie veld.

    Chris jou skrywe

    ""Ek verstaan dat dit wat ons ervaar en beleef die gevolg van ons geloof is. Hoe is dit dan nou moontlik dat ons, dieselfde Bybel lees, elkeen heilig gemaak is deur Jesus Christus en tog verskillend glo?

    Chris"""

    Ek dink die eintlike vraag is waar begin ons die bybel lees, by genesis of by openbaarings?

    Of begin ons by die nuwe testament?

    Ek persoonlik vat n onderwerp, dan neem ek al die soort vertaalongs wat daarmee gepaartgaan, en begin opsommings maak, en vergelykings plaas en dan probeer ek die inligting opweeg?

    Met mense is dit baie mooilik. Neem ons vriend in gedagte wat vir mense die woord aanbied in kurses, waar is die inpak van die kurses as elke persoon met iets ander struggle.

    Daar is geskrywe die woord is nie vir almal nie .
    So weereens sal party verstaan en dit lees en inneem ander sal blootweg voort ploeter...
    Last edited by Nov16; 11-27-2016 at 05:52 PM.

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •