Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
+ Reply to Thread
Results 1 to 3 of 3

Thread: Eendrag maak mag

  • Thread Tools
  • Rate This Thread
  • Display
  1. #1

    Eendrag maak mag

    Boere, buurtwag help bende aankeer wat glo moor
    Deur Alet van der Walt
    13 Desember 2016 16:29

    Verskeie eenhede van die polisiediens het Dinsdag die vermeende moordenaars van twee SomaliŽrs vasgetrek. Die mans is aangekeer nadat hulle gevlug het en boere die heeltyd gehelp het om vas te stel waar hulle is en diť inligting dan aan die polisie gegee het.
    Samewerking oor twee provinsies heen, tussen verskeie dorpe se buurtwagte, boere en die polisie het Dinsdag daartoe gelei dat die vermeende moordenaars van twee SomaliŽrs in Kroonstad aangekeer is.

    Die SomaliŽrs is Dinsdagoggend in Mogwase, Noordwes, aangeval, beroof en vermoor. Die moordenaars, vermoedelik Lesotho-burgers, het in ín wit Toyota Tazz gevlug.

    Die polisie kon danksy ín selfoon wat die rowers by hulle gehad het die bende se bewegings moniteer en diť inligting aan boere en gemeenskapslede deurgee.

    Henry Geldenhuys, voorsitter van die landbou-organisasie TLU SA se veiligheidskomitee en wat ook in Ermelo boer, sÍ uitstekende kommunikasiestelsels tussen boere in verskeie distrikte, skakeling tussen die polisie, veiligheidsmaatskappye en buurtwagte in dorpe het alles bygedra tot die vinnige optrede Dinsdag.

    Geldenhuys kon die hele soektog na die bende koŲrdineer en aan vyf veiligheidsgroepe deurgee.

    DIE BENDE HET DEUR POTCHEFSTROOM GEVLUG NABY VILJOENSKROON DIE VRYSTAAT BINNEGEKOM. BOERE HET AL DIE ROETES WAT DIE BENDE KON GEBRUIK OM NA LESOTHO TE VLUG. VAN HIER AF DOPGEHOU.
    Die bende het deur Potchefstroom gevlug en by Scandinavia Drift, naby Viljoenskroon, die Vrystaat binnegekom. Boere het al die moontlike roetes wat die bende kon gebruik om na Lesotho te vlug van hier af dopgehou.

    Die bende het die R76 tussen Viljoenskroon en Kroonstad gebruik, vermoedelik om oor Steynsrus na Lesotho te vlug. Boere het die heeltyd inligting oor die bende se vordering deurgegee.

    Kroonstad se polisie is betyds ingelig en die mans is voorgelÍ toe hulle die dorp ingery het. Hulle is net buite die dorp se sakekern aangekeer.

    Sers. Ian Gaobepe sÍ drie mans is in hegtenis geneem en die polisie se hoofwegpatrollie, honde-eenheid, misdaadvoorkomingseenheid, speurtak en uniformtak het nou met die gemeenskap saamgewerk.

  2. #2
    Ek ken vir Hendry, is ook deel van die groeppe saam sy span.

    Dit wat gebeer het is n resultaat van n goeie verhouding wat al vir lank tussen die gemeenskap en polisie gebou is.

    Daar is nog so n paar gevalle waar ons gehelp het plaas aanvallers, CIT rowers en gesteelde voertuie terug gekry het. Ook waar SAPD, die gemeenskap en boere paaie toe maak of die boewe inwag.

    Altyd lekker om die resultaat te sien.

  3. #3

    inligting

    Die inligting was verkeerd dit was Ethiopiers en die twee is al week gelede vermoor. Polisie kon hulle eers vastrek toe boere saamgewerk het

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •