Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
+ Reply to Thread
Results 1 to 7 of 7

Thread: Jammer, jy sal moet wag tot die Polisie kom (Dit kan 'n tydjie neem)

  • Thread Tools
  • Rate This Thread
  • Display
  1. #1

    Jammer, jy sal moet wag tot die Polisie kom (Dit kan 'n tydjie neem)

    Daar word beweer dat die kerel sy goedjies bymekaar gemaak het, maar verseker in die proses so effe moeg geword het en miskien bietjie konsentrasie verloor het.. Daar is eenvoudig nie pille vir dom nie!

    CICA - Crime Intel@CICArsa 36m36 minutes ago
    Whoops. Home invader slips & impailed himself on pallisade fence yesterday while escaping#Gauteng #Johannesburg #Robertsham #sapsGP #SAPS

    Fidelity Group, Robertsham Masjid, AGS Robertsham and 7 others








  2. #2
    Ai. Siestog. Kyk hoe hang die arme breker tjie daar. Dit kan seker niks lekker wees om so vir die polisie te wag nie.

    Die in brekery is ook maar n gevaarlike werk, en as hy dit oorleef wat ek nie glo nie, sal die arme man in n staatshospitaal moet gaan lÍ. Ek wonder of die medies nie ook n skema vir inbrekers kan uitwerk nie. Siestog


  3. #3
    Blykbaar het die outjie dit toe nie oorleef nie. Miskien is dit die nagemaakte Nike's se skuld - hule trap nie lekker vas nie.

    Op 'n meer ernstige noot!

    As hierdie land 'n beter regering gehad het wat ekonomiese groei bevorder het en 'n strenger en meer doelgerigte onderwys stelsel, met amptenary wat die doel van hulle werk besef en navolg, dan was die nie nodig nie.
    Die amptenary in hierdie land is alleenlik daarop ingestel om hulself te verryk en moer-vinnig ook. Een van die ander groot bydraende faktore is die onwilligheid en onvermoŽ om grense te beheer. Elke krimineel wat 'n bietjie spaar geld het pak die tog aan Suid Afrika toe. Dit is beslis vir hulle baie loonend om hier hulle ambag te kom bedryf.

    Elke enkele dood van 'n krimineel in die uitvoering van sy ambag, en elke enkele dood van 'n slagoffer van 'n kriminele wandaad MOET eenvoudig voor die deur van hierde regering (en in veral Jacob Zuma) gelÍ word. Dit is alles as gevolg van hulle onvermoŽ om enigsins te probeer om 'n eerlike doelgerigte regering te wees.

    Maar, "on the other-hand Darren" dit is bleikbaar hulle hoof doel, hulle is immers oorspronklik terroriste vir wie 'n ander lewe geen betekenis het nie! BaasTeds!

  4. #4
    Unregistered
    Guest
    Dit was seker weer die rassistiese wit heining se skuld.......

  5. #5
    Die klem wat al hoe meer en meer op die alternatiewe ekonomie val en die verminderde passie om regte werksgeleenthede te skep, is verseker die grootse oorsaak vir die misdaad wat hand uitruk en terselfdertyd ook die oorsaak dat meer en meer uitlanders werk in hierdie land kry.

    Die plaaslike bevolking hoef eenvoudig nie meer te werk nie. Daar is soveel geleentheid vir toelaes dat geen mens meer nodig het om te werk nie. Die toelaes is genoeg om kos te koop en om aan die res van die behoeftes te voorsien, mag hulle steel.

    Hierdie hele besigheid is ín bose kringloop wat in die negatiewe rigting stuur en die regering wat self uit kriminele bestaan, is dit moeilik om reg van verkeerd te onderskei. Dit is asof hulle net ín probleem met misdaad het, wat teen julleself gemik is.

    Ek kan nie meer presies onthou wie die slim man is wat dit gesÍ hÍ nie, maar die knaap het gereken dat dit vir ín ouer onmoontlik is om sy kind, beter waardes te leer as wat hyself gehad het. As dit die geval is, sal nie een van die huidige politici wat Zuma moet opvolg, regtig ín verskil aan die land se morele waardes, of vir wat dit werd is, aan misdaad kan doen nie.

  6. #6
    Quote Originally Posted by Lukas View Post
    dat dit vir ’n ouer onmoontlik is om sy kind, beter waardes te leer as wat hyself gehad het.
    Baie diep Lukas. Maak my dink in terme van my ouers, ekself en my kind. Maak my baie bekommerd. Gaan ons dan agteruit? Toe onthou ek, wie hulle, my en my kind se Vader is. En dan ontspan ek weer.

  7. #7
    Quote Originally Posted by Lukas View Post

    Ek kan nie meer presies onthou wie die slim man is wat dit gesÍ hÍ nie, maar die knaap het gereken dat dit vir ín ouer onmoontlik is om sy kind, beter waardes te leer as wat hyself gehad het. As dit die geval is, sal nie een van die huidige politici wat Zuma moet opvolg, regtig ín verskil aan die land se morele waardes, of vir wat dit werd is, aan misdaad kan doen nie.
    Dit is inderdaat so. Morele waardes word aangeleer en as die our geen morele waardes het nie is dit vir die kind haas onmoontlik om met daardie waardes groot te word. Daar is natuurlik baie ander faktore wat die morele-besluite kan en sal beinvloed. Een van die groot probleme is die feit dat baie min van die mense 'n goeie fondasie het. As jy 'n huis wil bou wat sterk en stewig is dan het daardie huis 'n goeie fondasie nodig anders tuimel hy inmekaar. In meeste van die gevalle is daar nie 'n sterk geloof of onderig in die waardes wat bv. in die Bybel voorkom nie. Hier is al reeds 'n probleem. Kinders sien en hoor baie meer as wat ouers (verdomp ek weet nie of mens hulle ours kan noem nie) dink. Die goed wat pa en sy kriminele maaters oor praad sal altyd meer interessant klink as enige morele les. Kinders volg voorbeelde baie makliker as lesse op 'n papier.

    Lawrence Kohlberg is een van die manne wat morele ontwikkeling mooi saamvat in sekere groepeerings as jy daaarna kyk dan sal jy sien waarom daardie stelling heel reg is. ((Dit was nie ek wat dit vir jou gese het nie..LOL))


+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •