Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 1 of 13 123 11 ... LastLast
Results 1 to 10 of 128

Thread: Ominous endtimes signs

  1. #1

    Ominous endtimes signs

    Interessant is al wat ek kan s




  2. #2
    524

    Die video is 'n klassieke voorbeeld van hoe die satan kinders van God huidiglik mislei. Meeste van die gedeeltes van profesiee wat hier gebruik word het reeds in vervulling gekom vanaf so vroeg as 70nc. Christene word gebreinspoel om te glo dat al die elende vir hulle bedoel is en nog oppad is. Dit alles terwyl dit op die Jode gemik was en reeds gebeur het. Deur ons te laat glo dit moet so wees, veroorsaak ons self 'n klomp elende wat die satan vir die wereld beplan.

    Die wereld en satan wil graag he ons moet glo, die verdrukking is God se plan en dat dat christenskap aan die kwyn is. Die Bybel leer ons egter dat die aarde gevul sal word met God se heerlikheid.

    As ons effens terugstaan en mooi kyk besef ons dat kinders van God groei en vermeerder. 2000 Jaar gelede was daar 1 Leier en 12 volgelinge, vandag is daar 2.2 biljoen, ongeveer 32% van die aarde se bevolking, wat Jesus bely. In enige mate is dit vooruitgang.

    Die eindtyd is nie n tydperk wat satan in beheer is en afbreek nie, dit sal 'n tyd van oorwinning op oorwinning vir die kinders van God wees, totdat God se heerlikheid die aarde vul en al Jesus se vyande 'n voetbank vir sy voete gemaak is. Dan sal Jesus weer aarde toe kom.

    Ek weet dit is nie wat ons in sondagskool geleer het nie, maar ondersoek dit gerus.

    Chris

  3. #3
    Waarom vertel die Bybel dat ons as kinders van God vervolg gaan word omdat ons sy naam ken.

  4. #4
    Greengroen

    Die Bybel vertel vir klomp mense klomp goed op verskillende plekke. Almal kan nie net aanvaar dat alles wat daar staan op almal van toepassing is nie.

    Die feit dat daar vervolging is en dat die Bybel ons daarteen waarsku, maak dit nie God se wil of plan nie. Moord, verkragting, hongersnood, ens is verseker nie God se wil nie, tog gebeur dit, dieselfde met vervolging ter wille van die evangelie.

    Die kort antwoord op jou vraag is misleiding en verleiding. Die Bybel leer ons ook dat ons lewe uit die geloof en die woorde wat ons spreek. Dus wanneer ons glo ons gaan vervolg word en dit uitspreek, sal dit so wees.
    satan het dit reggekry om mense te laat glo dat velvolging hulle lot is, satan het mense verlei en laat glo dat al hierdie vervolging maar deel van die prys is wat ons moet betaal vir 'n ewige lewe. satan het mense laat glo dat die koninkryk van God hier op aarde besig is om tot niet te gaan, dat alles verdoem is tot elende en dan sal Jesus kom. Dit is 'n leun, Jesus kom vir 'n heel bruid, Hy kom weer wanneer die kinders van God op aarde heers en die aarde vol is van God se heerlikheid. Dit was die plan met die aarde vanaf die skepping van die mens.

    Wat sou God se doel met die mens wees indien satan die mens verslaan? Ons weet mos God se wil sal geskied en ons weet Sy wil is om die aarde te vul met Sy heerlikheid. God het die mens geskape na Sy beeld en gevul met Sy Gees, vir hierdie doel.

    Chris

  5. #5
    Quote Originally Posted by 454 View Post
    524

    Die video is 'n klassieke voorbeeld van hoe die satan kinders van God huidiglik mislei. Meeste van die gedeeltes van profesiee wat hier gebruik word het reeds in vervulling gekom vanaf so vroeg as 70nc. Christene word gebreinspoel om te glo dat al die elende vir hulle bedoel is en nog oppad is. Dit alles terwyl dit op die Jode gemik was en reeds gebeur het. Deur ons te laat glo dit moet so wees, veroorsaak ons self 'n klomp elende wat die satan vir die wereld beplan.

    Die wereld en satan wil graag he ons moet glo, die verdrukking is God se plan en dat dat christenskap aan die kwyn is. Die Bybel leer ons egter dat die aarde gevul sal word met God se heerlikheid.

    As ons effens terugstaan en mooi kyk besef ons dat kinders van God groei en vermeerder. 2000 Jaar gelede was daar 1 Leier en 12 volgelinge, vandag is daar 2.2 biljoen, ongeveer 32% van die aarde se bevolking, wat Jesus bely. In enige mate is dit vooruitgang.

    Die eindtyd is nie n tydperk wat satan in beheer is en afbreek nie, dit sal 'n tyd van oorwinning op oorwinning vir die kinders van God wees, totdat God se heerlikheid die aarde vul en al Jesus se vyande 'n voetbank vir sy voete gemaak is. Dan sal Jesus weer aarde toe kom.

    Ek weet dit is nie wat ons in sondagskool geleer het nie, maar ondersoek dit gerus.

    Chris
    Nee Chris, stem natuurlik glad nie saam met jou nie. Jy s vreemde goed hier, wat nie sin maak nie, en ook nie opgeskryf is in Openbaring nie:
    1. "Die wereld en satan wil graag he ons moet glo, die verdrukking is God se plan...."

    Nou vra ek jou wie bring hierdie oordele op die aarde uit, wie laat satan toe om te doen wat hy doen, soos opgeskryf in Openbaring? Wie word vervolg ? Wie word onthoof?

  6. #6
    44Die duiwel is julle pa! Al wat julle wil doen, is om na julle pa te luister. Wat hy s, doen julle. Die duiwel stel net daarin belang om mense se lewe te vernietig en hulle dood te maak. Hy was nog altyd so. Hy gee ook niks om vir die waarheid nie. Al waarin hy belangstel, is om te lieg en te bedrieg. Dit is hoe hy is. As hy sy mond oopmaak, lieg hy. ’n Mens kan niks glo wat hy s nie. Ja-nee, hy is die oorsaak van al die bedrog en leuens in hierdie wreld.
    Read Johannes 8

  7. #7
    Hein

    Wie soek sal vind. Jesus se opdrag aan ons was, maak disipels van alle nasies. Dit beteken gaan bou die koninkryk van God. Dit is wat kinders van die Here doen ons bou, in die proses breek ons die werke van satan af. Waar daar lig is moet die donker wyk. Die lig wat kinders van God bring is die heerlikheid van God. Ons is besig om in opdrag van God te heers en die aarde te vul met God se heerlikheid. 2000 Jaar gelede was daar 1 nou is daar 2 biljoen en getalle groei teen 'n ongekende tempo. Sal God se plan nou insluit dat 2000 plus jaar se werk deur Homself vernietig word, dit terwyl ons weet dat Sy opdrag is om te heers oor die aarde?

    Wat die oordele aan betref is meeste reeds afgehandel, die res is van toepassing op mense wat hulself beskikbaar stel vir die bose en verseker nie vir die kinders van God nie. Ons kan mos nie glo ons is geheilig en geregtig voor God deur die bloed van Jesus en dan nog glo dat God ons uitlewer aan die satan nie?

    Jou tweede vraag is wie laat satan toe. Eenvoudig die mense wat hom aanbid, ophemel en vrees.

    Kinders van God word vervolg, ons sien dit daagliks, maar ons is deur God bemagtig om die vervolging te weerstaan en die vyand te laat vlug.

    Jy sal meer spesifiek met die onthoof moet wees.


    Greengroen, ek stem 100% saam met jou aanhaling, ek hoop net nie jy mik dit op my nie.

    Chris

  8. #8
    Nee glad nie op jou Gemik nie

  9. #9
    Quote Originally Posted by greengroen View Post
    44Die duiwel is julle pa! Al wat julle wil doen, is om na julle pa te luister. Wat hy s, doen julle. Die duiwel stel net daarin belang om mense se lewe te vernietig en hulle dood te maak. Hy was nog altyd so. Hy gee ook niks om vir die waarheid nie. Al waarin hy belangstel, is om te lieg en te bedrieg. Dit is hoe hy is. As hy sy mond oopmaak, lieg hy. ’n Mens kan niks glo wat hy s nie. Ja-nee, hy is die oorsaak van al die bedrog en leuens in hierdie wreld.
    Read Johannes 8
    Verduidelik asb greengroen. Jy het nou jou kop uitgesteek. wees spesifiek asb.

  10. #10
    Greengroen

    Dankie, nogal 'n verligting, party mense se opinies maak vir my saak. Jy is een.

    Hein

    Ons kan 'n lewenslange debat oor Openbaring begin, slimmer mense as ons het al en hulle nageslag debatteer vandag nog. Jy is egter welkom om te probeer, ek waarborg jou die tradisionele verklarings waarmee ons die laaste 80 jaar mislei is, gaan nie water dra nie. Voor jy egter die debat begin wil ek jou vra om te gaan oplees wat die vroeer kerkvaders se menings rondom die verdukking, wegraping en eindtyd was. Dit kan jy dan toets aan die Bybel. Die posisie wat jy nou handhaaf is afgelei vanaf die huidige aanvaarde kerklerings.

    Die eenvoudige oplossing is om dit te verstaan vanuit 'n vader se oogpunt. Ons erken en bely God tog as ons Vader. 'n Vader wat liefde is en Sy kinders na Sy beeld geskape het. 'n Almagtige Vader wat Homself ingeperk het deur vir Sy skepsels 'n eie wil te gee en Homself dan verneder het om die losprys vir Sy kinders se wilsbesluite en sondes aan Sy skepsels te betaal. Dit klink ongelooflik, maar dit is ons Vader!

    Jy het 'n probleem met "Die wereld en satan wil graag he ons moet glo, die verdrukking is God se plan...." Dink jy regtig die God wat ek hierbo beskryf het, wil 'n derde van Sy skepping vernietig? Ek het self so geglo en dit was een van die dinge wat gemaak het dat my verhouding met God stagneer het. Hoe vertrou ek iemand of iets wat bereid is om dit aan sy geliefdes te doen? Dit is nie ons Vader nie, dit is nie in Sy natuur nie, dit is nie Sy wil nie. Alles wat op aarde gebeur is nie God se wil nie en wanneer Hy ons daarteen waarsku word dit ook nie Sy wil nie.

    Dit is soos om jou tuinjong te waarsku sy rondslapery gaan hom aids gee, as dit gebeur is dit nie jou wil nie, jy het slegs die kennis gehad om te weet dit is wat gaan gebeur.
    Dit is kranksinnig om te glo dat die Skepper, wat Sy kinders, wat Hy seen, vir wie Hy die losprys betaal het en as heiliges verklaar het, Sy kinders net so sal oorlaat aan hul eie lot. Ons as vaders vir ons kinders doen dit nie, hoekom sal God wou?

    Chris

Page 1 of 13 123 11 ... LastLast

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •