Ons moet besluit of ons die Bybel as Woord van God glo of nie. Omdat ons nie ons bybels ken nie en gekondisioneer is om hier en daar iets met n knippie sout te neem, bevraagteken ons nie die leuns wat opgedis word nie. Mense sÍ, ag wat maak dit saak, of alles in ses letterlike dae geskep is en of dit oor miljoene jare plaas gevind het?

Dit maak baie saak! Dit bewys of jy God glo of nie glo nie. En as jy God nie glo nie, hoe kan jy verwag dat Hy jou sal red, dat jy deur die Deur, Jesus, sal mag ingaan in Sy Koningkryk? As jy God nie glo nie, glo jy nie vir Jesus nie, as jy Jesus nie glo nie, kan jy nie gered word nie. Dit is hoe belangrik dit is en waarom dit saak maak.

Kom ek gee vir u n voorbeeld wat ek onlangs raak gelees het en wat my laat besef het, jy glo of in evolusie, of jy glo God. Jy kan nie albei doen nie. Jy kan nie die een maak pas by die ander nie.

Gaan lees G…NESIS 1.

God het die plante die derde dag geskep en die Son die vierde dag.

Nou, as n dag, miljoene jare lank was, hoe het die plante vir miljoene jare sonder die son oorleef of ontwikkel?

Kan u sien dat u nie evolusie kan aanpas om by God se woord te pas nie? Jy glo of die een, of die ander. Hierdie voorbeeld is nie n bewys vir een van die twee nie. Dit wys slegs dat net een waar kan wees. Dit is dus vir jou om te besluit wie jy glo.