Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Results 1 to 8 of 8

Thread: Evolusie of Skepping?

  1. #1

    Evolusie of Skepping?

    Ons moet besluit of ons die Bybel as Woord van God glo of nie. Omdat ons nie ons bybels ken nie en gekondisioneer is om hier en daar iets met n knippie sout te neem, bevraagteken ons nie die leuns wat opgedis word nie. Mense sÍ, ag wat maak dit saak, of alles in ses letterlike dae geskep is en of dit oor miljoene jare plaas gevind het?

    Dit maak baie saak! Dit bewys of jy God glo of nie glo nie. En as jy God nie glo nie, hoe kan jy verwag dat Hy jou sal red, dat jy deur die Deur, Jesus, sal mag ingaan in Sy Koningkryk? As jy God nie glo nie, glo jy nie vir Jesus nie, as jy Jesus nie glo nie, kan jy nie gered word nie. Dit is hoe belangrik dit is en waarom dit saak maak.

    Kom ek gee vir u n voorbeeld wat ek onlangs raak gelees het en wat my laat besef het, jy glo of in evolusie, of jy glo God. Jy kan nie albei doen nie. Jy kan nie die een maak pas by die ander nie.

    Gaan lees G…NESIS 1.

    God het die plante die derde dag geskep en die Son die vierde dag.

    Nou, as n dag, miljoene jare lank was, hoe het die plante vir miljoene jare sonder die son oorleef of ontwikkel?

    Kan u sien dat u nie evolusie kan aanpas om by God se woord te pas nie? Jy glo of die een, of die ander. Hierdie voorbeeld is nie n bewys vir een van die twee nie. Dit wys slegs dat net een waar kan wees. Dit is dus vir jou om te besluit wie jy glo.

  2. #2
    Die mens is die sesde dag geskape, saam met al die diere. Die eerste mens is Adam. Daar was nie mense voor hom nie. Hy was die eerste. Glo ons dit of nie?

    Of glo ons daar was duidende mense voor hom, want waar het sy seuns vroue gekry?

    Soos ons so baie lees, die gene poel was so groot, dat ondertrouery nie saak gemaak het nie. Eers later het dit begin saak maak en is dit stop gesit.

    Daar is interessante somme wat mense maak, wat bewys dat as jy met 8 mense begin en jy pas n bevolking groei van .44% toe, jy oor n periode van Noag se tyd tot nou, op vandag se bevolking uitkom. Hierdie somme reken dan ook in al die massa sterftes, oorloŽ ensovoorts in. Weereens, interessant, maar nie konkrete bewys nie.

    Maar neem nou die evolistiese siening van een dag is miljoene jare. Gaan pas hierdie bevolkingsgroei oor miljoene jare toe en jy vind dat daar so baie mense moet wees, dat hulle nie elkeen staanplek op aarde het nie, wat nog van ruimte om te leef. En dan wil hulle nog vir ons kom vertel dat die vloed nie wereld wyd was nie en dat baie dit oorleef het.

    Daar is so baie op die internet wat hierdie dinge verduidelik, u moet net gaan soek en lees. Die bron wat ek tans mee besig is, is die boek beskikbaar by

    http://www.creation-skepping.co.za

    maar daar is baie ander en almal vertel vir ons dieselfde ding. Evolusie is n leun.

  3. #3
    Dit maak baie saak! Dit bewys of jy God glo of nie glo nie. En as jy God nie glo nie, hoe kan jy verwag dat Hy jou sal red,
    Ek moet nog die boek vir my en my kinders koop en is baie dankbaar vir die info. Ek stem ook saaam dat die bestaan van dinge deur evolusie 'n leuen is. Wat ek wel weet is dat daar dinge is wat ons in die wetenskap sien wat nie so eenvoudig deu rdie Woord "verklaar" word nie.

    Persoonlik dink ek daar is iets wat ons mislees of misverstaan en my persoonlike soeke duur dus voort. Wat ek wel vir 'n feit weet is dat God my Pa is en ek deur Jesus Christus deel is van Sy familie ongeag of ek my antwoorde nou kry of nie.

    Ek soek egter voort van die grondslag vir baie se geloof hang in die weegskaal ...

  4. #4
    Ek kan die boek regtig aanbeveel. Ek wil nie te veel hier gee wat daar gesÍ word nie, want dan voel dit of ek die eer vat en beroof ek iemand van hul welverdiende inkomste waarvoor hard gewerk is en baie tyd ingesit is. Al wat ek kan se, ek is nou eers halfpad met die boek en dit is asof skille van my oŽ af val. Dit laat my besef hoeveel ek geweifel het en nie werklik geglo het nie. Nou, as ek n opskrif wat 'miljoene jare' in het sien, weet ek onmiddellik, hier volg bollie!

    Vrae soos, hoe het almal in die ark gepas, wat van die dinosaurs, wat van die ice age, wat van carbon en ander ouderdom toets, wat van 'continental drift', wat se die fossiele werklik en vele meer word hanteer en wat meer is, erkende bronne word aangehaal en n bronne lys is agter elke hoofstuk. Dit is nie duimsuig nie en die bewyse van wat gesÍ word, is daar!

    Ek kan ook byvoeg, dat ek wonder of dit nie beter sou wees om die Engelse weergawe aan te skaf nie. Verstaan my goed, ek is lief vir Afrikaans en geniet dit om iets in my eie taal te lees, maar wanneer dit by wetenskaplike terme en name kom, is Engels seker die meer verstaanbare. Vir ons kinders is dit seker makliker in Afrikaans. Maar ek voel hierdie boek is meer belangrik vir die ouers, want hulle moet eerste die kennis kry en kan dit dan oordra?

  5. #5
    Ja dis baie boos. Boser as wat ons dink. Ewolusie word baie hard gedruk deur die donker bose media.Films en media is deurspek daarvan in laaste 20 jaar. Op DSTV se National Geographic kanale word die een na die ander program herhaaldelik uitgesaai, waarin ewolsie na vore gedruk word. Die wereld is vol daarvan en satan sit agter dit. In Suid Afrika het baie mense ook kwaad geword, veral swartes, toe hul nou die dag weer bene in grotte gekry het, en die mediŗ aangedui het dat dit miljoene jare gelede se voorouers is, daardie ape en bobejaanskedels. In ons skole druk hul ewolusie ook hard as curriculum. Kinders glo wat vir hul aangebied word, want dis dan so " geloffwaardig".
    Die teleskope wat tans in karoo teen miljarde opgesit word in SA en AustraliŽ, is ook vanuit ewolusie big bang beginsels georkestreer , en soek lewe daarbuite.
    Wat meeste mense nie weet nie, iŖ dat ewolusie deur GEEN WETENSKAPLIKE wet of beginsel ondersteun kan word nie, want dis slegs Ů teorie, dis al.
    Gaan ons die laaste geslag wees, wat die waarheid oor die skepping weet??? Gaan google Dr Dino oor ewolusie.

  6. #6
    Kent Hovind se DVD' is UITSTEKEND, om die minste daarvan te sÍ. Jou kinders moet dit kyk.

  7. #7
    Skeppping.jpg
    Ek het hierdie plasing op 'n verkeerde forum se draad gedoen, maar hier is dit nou.

  8. #8
    Dis vir my interessant dat 'n draad wat begin het met...

    "Ons moet besluit of ons die Bybel as Woord van God glo of nie. Omdat ons nie ons bybels ken nie en gekondisioneer is om hier en daar iets met n knippie sout te neem, bevraagteken ons nie die leuns wat opgedis word nie."

    .... Nou trek by 3 ander boeke in 6 kort plasings. Die magtige media is baie slinkser as wat meeste mense besef.

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •