Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 11 to 13 of 13

Thread: World War 3 - ?

  1. #11
    Hein, van watter laaste 7 jaar praat jy?

  2. #12
    Hein

    Die gedeelte waarna die skrywer verwys (Revelation chapter nine, verse 15) wat veronderstel is om die 3de wereld oorlog te voorspel het dan reeds gebeur? Die Romeinse mag onder bevel van Titus het vanaf die Eufraat opgetrek en Jerusalem vernietig in 70nc. 'n Derde, meer as 'n miljoen Jode het gesterf en die tempel is vernietig net soos Jesus gese het dit gaan gebeur.

    Chris

  3. #13
    My mening

    Daar iets omtrent die profete wat my pla. Ons het almal die gawe van profesie. Sommige se deel is groter as ander en dit pla my nie. Wat my pla is wanneer ’n profeet vertel dat hy 99% reg is. God is nie 99% nie. Watter persent moet ek dan nie glo nie?

    Die ander ding wat my pla is dat baie van hulle deur die Media beïnvloed word. Die media skep vrese en hulle beïnvloed die denke. Hoe objektief kan ’n profeet wees wanneer sy denke deur die media beïnvloed word ?

    Elkeen van ons het die toegang om self by God te hoor. Wat profete vir ons vertel moet eintlik net ’n bevestiging wees wat ons by God gehoor het. Ons kan nie vandag na die mense toe gaan en hulle soos waarsêers taak om vir ons ons toekoms te voorspel nie. Die wêreld gaan nie regtig oor ons nie. Dit gaan oor God se groot plan.

    ‘n Profeet kan slegte nuus bring maar wanneer hy dit bring, moet dit ’n gees van vrede by die kinders van God skep. God se boodskap aan sy kinders skep nie vrees nie. Vrees is iets wat nie by God se kinders hoort nie.

    Wanneer God se kinders vrees ervaar, is daar iets fout. Of by hulle of by die profeet.

Page 2 of 2 FirstFirst 12

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •