Poll: iscWCY

+ Reply to Thread
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 15

Thread: Die spoorlyn

  1. #1
    Unregistered
    Guest

    Die spoorlyn

    Weet iemand of die spoorlyn vanaf Nam na Prieska voltooi is?

  2. #2
    Toe ek daar was in Maart vanjaar was daar nog 10km's oor gewees.

  3. #3

  4. #4
    Unregistered
    Guest
    Vriende was so paar weke gelede daar. Die spoor is nog so 15km-20km van klaar af.

    Dit is interessant om die vordering van die spoor dop te hou, want dit is van toepassing op Siener se 'Duitse hulp' en die 'enigste spoor wat loop tydens die groot staking'.

    Moet egter nie u ore te veel uitleen aan die interpretasies wat die omloop doen, in dat dit gaan gebeur sodra die spoor voltooi is nie. Daar moet eers heelwat water in die see loop, voor dit gaan gebeur. Hierdie twee dinge gebeur tegelyk, want dit is dan die enigste roete vir die 'goedere' om die binneland te bereik, aangesien alle ander vervoer staan. Ons dink ook dan aan die karre wat staan teen die bulte, geen petrol, olie en dies meer. Daarom is dit so betekenisvol dat hierdie spoor dan die enigste vorm van land vervoer beskikbaar is op daardie tydstip. Dit vir agtergrond.

    Siener se enigste leidraad oor wanneer dit gaan gebeur is as volg. Die groot oorlog se beslissende veldslag is gelewer en die wenner bekend. Dit is dus teen die einde van die oorlog. Ons weet ook dat Duitsland baie sterk gaan wees teen die einde. Daarom dat hulle dan ekstra bronne het om aan ons saak af te staan. Hulle erken dan ook op daardie stadium die traktate wat destyds geteken was.

    Daarom kan ons nie die okkasie binnekort verwag nie. Ons weet net die spoorlyn sal dan reeds in gebruik wees, wat nog nie die geval is nie en die oorlog het nog nie eers begin nie, wat nog teen die einde. Dit is so dat Siener gesê het die oorlog gaan teen n vreeslike spoed geskiet, maar ons weet net eenvoudig nie hoe lank nie.

    Ander dinge wat ook nog eers moet gebeur:
    Die boom moet van bo-af inpluiens en n reuse gat los. (regering van die dag)
    Twee pragtige bome groei daaruit. (Twee Boere republieke)
    Vreemde magte moet in die land wees. (Vrede bewaar?)
    En nog vele meer.

    Die spoorlyn, blou briewe en daai goed lê dus nog vêr in die toekoms.

    Hoop dit help.

  5. #5
    Unregistered
    Guest
    Dankie nr3 en baie intressant, het geweet dit sal een of ander tydvlak inlyf maar jy het dit vir my goed in perspektief gestel. Daar is ander dinge wat nou gebeur, veral van binne ek hou hierdie dinge net in gedagte ter wille van voorbereiding van watter aard ookal. Groete

  6. #6
    Indien hulle aanhou om ons so te moor, sal bitter min van ons die ''oorlog'' sien.

    Dieselfde tel sekerlik vir ander bevolkings groepe ook maar tyd en nommers is nie aan ons kant met die huidige verloop van dinge nie.

    # 3 - ek hou van die manier wat jy daarna kyk en dit maak alles sin. ons moet egter nou al voor berei vir die tipe probleme en vir onself n potjie skrop. Baie mense gaan dit nodig he waneer die tyd aanbreek.

    Vir een of ander rede het so baie mense steeds die volstruis sindroom. Ek word herhinder aan volbloed resies perde as ek na ons volk kyk. In plaas van wag vir die spoorlyn, die blou buriewe en die dood van mandela behoort ons aktief besig te wees in stede en landelike gebiede om na onself om te sien en dinge te verbeter vir almal om ons.

    Daar is a magdom mense daarbuite, werkloos en sommige baie goed opgelei en gekwalifiseer om op te tel en te gebruik tot nie net ons eie voordeel nie maar tot die land sin ook, tot alle lands burgers, ons veiligheid en sekuriteit.

    Maar vir een of ander rede, sonder weerstand van die staat sukkel mens met die klomp mense om hulle te beweeg!

  7. #7
    Unregistered
    Guest
    Quote Originally Posted by Grys View Post
    Toe ek daar was in Maart vanjaar was daar nog 10km's oor gewees.
    Grys, ek weet nie hoe jy dit reg gekry het om op #2 in te druk nie, maar ja, so 10km is reg. Ek wou net nie oordryf nie..

    Ex #3

  8. #8
    Unregistered
    Guest
    Julle beter oplet in die klas, anders gaan daai trein verdwaal! Dit is nou die Numinus na Prieska spoorlyn. Sal iemand die Duitsers laat weet!

    Caprivi en Lüderitz kry nuwe name.

    Terwyl die etniese suiwering van Afrikaners onverpoosd voortgaan in Suid-Afrika, met inheemse Afrikaanse plekname wat uitgesonder word vir aftakeling – in stede van koloniale name – word die Duitse koloniale oorblyfsels in Namibië geteiken. Twee plekke in Namibië het naamsveranderings ondergaan. Die gesogte toeristegebied – die Caprivi-strook – het ‘n nuwe naam gekry om sy Duitse koloniale geskiedenis af te skud. Die gebied is bekend vir sy tropiese klimaat, riviere en wild en sal in die toekoms bekendstaan as die Zambesi-streek. Die Zambesirivier is die grens tussen die noorde van Namibië en die suide van Angola. Dit is oorspronklik vernoem na Leon von Caprivi wat tussen 1890 en 1894 die Duitse kanselier was. Ook Lüderitz in die suide het ‘n nuwe naam gekry en sal voortaan as Numinus bekend wees. Dit is naby die diamant-spookdorpie en toeriste-aantreklikheid, Kolmanskop. - See more at: http://praag.co.za/?p=16037#sthash.YzONo7eO.dpuf

  9. #9
    Unregistered
    Guest
    As die naam verander is dit nie te se die saak verander nie die streek bly dieselfde. n Tweede oorweging sal dan wees dat die oorlog uitbreek voor die naam verandering.

  10. #10
    haha, ontspan die boude. Ek spot net. Visioene werk nie so nie. Daar is nie iemand wat die Duitsers laat weet hulle moet deur Luderitz gaan en dan bestaan die naam nie meer nie. Nee, dinge gebeur soos dit moet, niks met name te doen nie. Siener het dit genoem op die naam wat hy daardie tyd geken het. Soos hy gese het, een van die skepe is n 'platboom skuit'. Hoe moes hy nou weet dit is n vliegdek skip?

+ Reply to Thread
Page 1 of 2 12 LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •