1626
Jy skryf die volgende:
"So wat sê dit:
As jy glo die ander wette is op jou van toepassing moet jy dit nakom.
En as jy nie so glo nie, hoef jy nie.
Maar as jy jouself by iemand vind wat hierdie wette en gebruike onderhou, en jy sal aanstoot gee deur te doen wat jy gewoonlik doen, geld dié wette wat vir jou gasheer geld vir jou ook."
Jy verwys na ander wette, wat is die wette? Waar kry jy die onderskeid in die Bybel?
Dan se jy as jy nie glo nie, hoef jy dit nie te onderhou nie. Dit impliseer mos nou 'n mens onderhou net die wette wat hy wil. Verstaan ek jou reg?
Dan se jy wette wat jou gasheer mag aanstoot wanneer jy dit nie onderhou, moet jy onderhou, m.a.w wette wat jy onderhou en jou gasheer aanstoot gee moet jy liewer ook nie onderhou nie. Verstaan ek jou verkeerd, mis ek iets?
Chris