Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 3 of 3 FirstFirst 123
Results 21 to 28 of 28

Thread: Is Gebooie of Wet nog geldig is die vraag?

  1. #21
    1626

    Jy skryf die volgende:

    "So wat s dit:
    As jy glo die ander wette is op jou van toepassing moet jy dit nakom.
    En as jy nie so glo nie, hoef jy nie.
    Maar as jy jouself by iemand vind wat hierdie wette en gebruike onderhou, en jy sal aanstoot gee deur te doen wat jy gewoonlik doen, geld di wette wat vir jou gasheer geld vir jou ook."

    Jy verwys na ander wette, wat is die wette? Waar kry jy die onderskeid in die Bybel?

    Dan se jy as jy nie glo nie, hoef jy dit nie te onderhou nie. Dit impliseer mos nou 'n mens onderhou net die wette wat hy wil. Verstaan ek jou reg?

    Dan se jy wette wat jou gasheer mag aanstoot wanneer jy dit nie onderhou, moet jy onderhou, m.a.w wette wat jy onderhou en jou gasheer aanstoot gee moet jy liewer ook nie onderhou nie. Verstaan ek jou verkeerd, mis ek iets?

    Chris

  2. #22
    i, die eind oue onderwerp...

    Ek s weer. Nt Christus kon al die gebooie 100% hou.
    Nog geen mens kon dit ooit in die verlede gedoen het nie, en geen mens sal in die toekoms dit regkry om dit te kan doen, uit sy eie nie. Wys my asb wie kon dit doen in die afgeope 6000 jaar, behalwe Christus?

    Net Christus as jou persoonlike Redder, kn vir jou instaan, en jou vlekkeloos voor God stel, skoongewas van alle sondes.

    Wat is so moeilik om te verstaan?

  3. #23
    Hein
    Ek dink almal wat hier lees en skryf het klaar Christus as hulle Redder aanvaar.
    Ek dink die gesprek handel nou op 'n hor vlak, overgesetsynde, noudat jy jouself 'n Christen noem, hoe kan jy nou die A span haal, soos 1626 dit mooi verduidelik het .

    Chris
    Die wette in die Bybel word baie mooi in die Bybel in hulle onderskeie afdelings behandel. Ek is nie seker na watter wette 1626 spesifiek verwys nie.
    Mens moet net baie mooi onthou dat die 10 Gebooie 'n heeltemal aparte storie is as byvoorbeeld die sedewette, die offerwette en die gesondheidswette. Ek weet nie eintlik wat die regte terme is nie.

    As voorbeeld kan mens afval gebruik. Party mense eet nie afval nie, want volgens die voorskrifte in die Bybel is dit onrein. Nou as mens die wetenskap daaragter verstaan, maak dit heelwat sin dat sekere organe weens hulle funksie of waaruit hulle saamgestel is, minder voedsaam en meer riskant vir algemene gesondheid en voorkoming van siektes is.

    (Maar nou moet ek byvoeg dat ek eerder hongerly as om 'n oog of 'n stuk brein in te sluk!!! My voorbeeld het 'n ingeboude fout)
    Maar 'n goeie mens sal dit nou eet as dit deur iemand voorgesit word as jy 'n gas in hulle huis is om nie aanstoot te gee nie. (Ek is bevrees my voorbeeld werk glad nie, want soos ek nou skryf probeer ek dink hoe ek sonder om aanstoot te gee, uit daai bord kos uit sal kan kom!)

    Miskien kan iemand 'n beter voorbeeld uitdink?

  4. #24

    die verterek punt was

    en is ng steeds net oor die 10 gebooie

    die ander wette is elkeen opsy plek on afskyt te maak tussen sekere gewoontes.

  5. #25
    Nov16. Ek hoor wat jy sė, maar ek wil jou graag vra:
    Waarvoor het Jesus Christus aarde toe gekom, as jy nogsteeds die 10 gebooie moet onderhou is die 1 ste vraag?
    Die 2 de vraag is aan jou, as die 10 gebooie die Ou verbond is, waarom het God gekies om Nuwe verbond in te stel in Jesus Christus?
    Ek glo dat as jy hierdie 2 vrae opreg kan antwoord, die draad 100% sal kan antwoord.

  6. #26

    ek dink iemand anders sal graag eerste

    Quote Originally Posted by Hein View Post
    Nov16. Ek hoor wat jy sė, maar ek wil jou graag vra:
    Waarvoor het Jesus Christus aarde toe gekom, as jy nogsteeds die 10 gebooie moet onderhou is die 1 ste vraag?
    Die 2 de vraag is aan jou, as die 10 gebooie die Ou verbond is, waarom het God gekies om Nuwe verbond in te stel in Jesus Christus?
    Ek glo dat as jy hierdie 2 vrae opreg kan antwoord, die draad 100% sal kan antwoord.
    hie n antwoord wil gee Lukas was weer lekker op se stukke om die ander twee draade reg tetrek so ek dink ons moet daar die twee leesers uitnooi om eerste hier n skrywe te maak

  7. #27
    Die gebooie opgesom in:
    Lukas 10:27
    Hy antwoord: Jy moet die Here jou God liefh met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

    So deur afgode vir jouself aan te skaf bewys jy geen liefde aan God nie. Van watter nasie jy ook afkomstig is.

    Deur nie te steel en te moor en egbreuk te pleeg nie, bewys jy naasteliefde. Want deur dit te doen is jy mos nie lief vir jou naaste nie.

    Inteendeel is dit my opinie dat as jy iemand vermoor, jy jouself di reg eien om oor lewe en dood te besluit en dat jy dn jouself op die vlak sit waar net God mag wees. En is dit nie wat Satan gedoen het nie? Homself probeer sit waar net God sit?

    Wat wette betref. Dis al die wette en gebruike wat uitgel word in die Ou Testament. Dit het betrekking op arbeid, lone, tiendes, ens ens. Te veel om op te noem.

    Romeine 14:6
    Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.

    So my buurman hou Sabbat op 'n Saterdag. En ek (seker maar uit gewoonte) op Sondag.
    Wie van ons is reg of verkeerd. Want tog volgens die wette is dit op 'n Saterdag, al dan nie.

    En wat van ander feesdae wat daar geskryf word dat jy moet vier in die ou Testament ?

    Uitdruklik: Hy wat dit vier doen so ter ere van God. En hy wat dit nie vier nie, ook tee ere van God.

    En so ook Kersfees. Nrens word jy ges om dit waar te neem nie. In teendeel, bome opslaan en met goud en silwer versier was iets wat die heidene gedoen het. En tog, as ons dit vier dink ons nie aan afgode nie, maar aan Jesus se geboorte.

    Jeremia 10:2-5
    So s die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.
    Want die insettinge van die volke is nietigheid; want n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van n ambagsman met die byl.
    Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.
    Soos n volverskrikker in n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.

    En wetenskaplikes het met rekenaar simulasie terug gegaan en spekuleer die helder ster wat gesien was, was twee planete wat baie na aan een lyn was. En dat Jesus waarskynlik in ons winter gebore is. Wat sou sin maak. Want die veewagters was in die veld, wat hulle waarskynlik nie in winter (ons somer) sou wees nie.

    Terloops my buurman vier ook nie kersfees nie en ek doen, seker maar uit gewoonte, so wie is nou reg of verkeerd?


    Kom ek probeer nog 'n voorbeeld. Miskien is dit nie gepas nie maar besluit self.

    Ek word genooi na dieselfde buurman se huis vir bring en braai. Hy eet nie vark nie, want dis een van die wette oor rein en onrein diere. Terloops kreef en prawns is ook onrein, vir die wat daarvan hou. Maar terug by die punt. Ek hou van my varktjoppie. Mag ek nou maar my vark na sy huis neem en op sy rooster gooi. Wetende dat hy dit nie aanvaarbaar ag nie. Ek sal aanstoot gee, vir seker. En hy sal seker sy steak nie aanraak nie oor dit op dieselfde rooster was?

    Romeine 14:20-23
    Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir n mens om te eet as dit tot aanstoot is.
    Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen waardeur jou broeder aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie.
    Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie.
    Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.

    Maar as ek nou my varktjoppie tog eet, en ek twyfel of ek mag of nie, veroordeel ek myself. Want dan doen ek iets wat ek nie oortuig is ek mag doen nie. Maar as ek dit eet met 'n rein gewete, is ek nie veroordeel nie.

    Daar is baie wette, Maar hierdie is slegs 'n paar en 'n paar voorbeelde.

    Ek dink nie Lukas moet te vinnig stop sit aan hierdie draad nie. Ek praat in goeie gemoed en vind geensins aanstoot as ek ge-challenge word op sekere aspekte nie. En ek wil ook niemand aanstoot gee of mee baklei nie. En ek dink andere moet ook in dieselfde gemoed hierdie en ander drade benader. Ons moet mekaar help skaaf en groei en deur te vinnig op 'n perdjie te spring of te vinnig gesprek en debat te stop, sal mens dit nie regkry nie. In teendeel, ek geniet di gesprek nogal. Ek kan nie baie met my eie mense oor diep goed gesels nie. 😁

  8. #28
    Quote Originally Posted by 1626 View Post
    Die gebooie opgesom in:
    Lukas 10:27
    Hy antwoord: Jy moet die Here jou God liefh met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.
    Baie goed uiteengesit, en dit maak sin.

Page 3 of 3 FirstFirst 123

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •