Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 2 of 3 FirstFirst 123 LastLast
Results 11 to 20 of 28

Thread: Is Gebooie of Wet nog geldig is die vraag?

  1. #11
    454/Chris
    Daar is net 10 Gebooie.
    Die res van die wette waarna jy verwys in Levitikus et.al. is die seremonile wette. Wette - nie Gebooie nie. Per definisie nie dieselfde ding nie. Die Skrif verwys egter dikwels na die gebooie as die wet.
    Volgens my is die seremonile wette vervul en onnodig gemaak deur Jesus se sterwe aan die kruis. Die Lam wat geoffer is. Geen verdere offers is dus meer nodig nie.
    Tog verwys Jesus self herhaaldelik na die wet. Mat 5:17 & 18 as voorbeeld.
    Die 10 Gebooie is vandag so geldig soos die dag toe God dit SELF geskryf en vir Moses op die berg gegee het. Is dit moontlik belangriker as wat mens dink?

  2. #12
    Quote Originally Posted by 510 View Post
    Klip in die bos:
    Watter van die 10 gebooie kan ons dan maar breek aangesien dit nou nie van toepassing is op mens as jy jouself 'n Christen noem nie?
    Sal ons moor, steel, egbreek of lieg? Of sal ons afgode kry?
    Presies watter gebod steek julle so dwars in die krop dat julle dit verwerp?

    Moenie terugantwoord met 'n vrugte van die Gees opstel nie. Moet ook nie kom met die storie dat dit onmoontlik is om die gebooie te onderhou nie.
    Dis nie die vraag nie.
    My vraag is:
    Met watter gebod het julle 'n probleem?

    Ek weet dis veel gevra, maar as elkeen net die gebod kan spesifiseer sonder om te verduidelik, vat ons dit van daar af.

    As jy dink mens kan maar die 10 gebooie hou na die beste van jou vermo kan jy ook maar s dis nie 'n euwel nie.

    Ek neem aan dat Hein en Chris nie die 10 gebooie wil hou nie, vanwe hulle verduidelikings bo
    Gaan lees Rom 3:10, daarna Rom 3:23, daarna Matt 5. As jy dit klaar gelees het, dan kyk jy waarom God die wet vervang het met een offer aan die kruis. Ek en jy het dit nie besluit nie, God het. Verstaan jy dit? Dink mooi !

    God het gekies om brandoffer en spysoffer te stop, wat saam met die wet loop. Dis onskeibaar. As jy vir redding die 10 gebooie wil / moet hou, moet jy sorg dat jy so elke maand skapie of wat slag en vir jou sondes offer. Skaapvleis is duur... Jy moet ook hoop dat jy nie sterf intussen, as jy gesondig het nie , want dan het jy probleme. Jy moet jou ook laat besny.

    Jy vra wat is so moeilik? Watter een? As jy een van die 10 nie onderhou nie, is jy skuldig aan HELE wet.

    Vir redding moet jy alles onderhou. Ek kies Jesus se genade offer aan die kruis. Hy het gedoen wat ek nie kan doen nie. Verstaan jy dit? Nadat ek weergebore is, WIL ek God behaag deur gelei te word deur Heilige Gees ( Rom 8:14) .

    Jou vraag watter een, dink ek so vinnig uit Matt 5
    27 Ye have heard that it was said by them of old time, Thou shalt not commit adultery:

    28 But I say unto you, That whosoever looketh on a woman to lust after her hath committed adultery with her already in his heart.

  3. #13
    Hein
    Moet nou nie opgecharge raak nie. Dankie vir wat jy geskryf het.

    Ek kan nie voorgee om alles te verstaan nie, maar ek verstaan hoekom jy die versverwysings gegee het.

    Ek staan by my punt: die 10 gebooie is nie vas aan die offerwette en diesmeer nie. Ons hoef beslis nie meer goeters te offer nie.
    MAAR
    Om al die gebooie te onderhou na die beste van sy vermo is 'n Christen se voorreg. Natuulik is daar nie een van ons wat regverdig is nie. Ek stem saam met oortree 1 is so goed soos oortree almal. Ons is almal sondaars. En daarom kan ons nooit sonder God se Genade gered word nie. Selfs al kan jy die hele gebod hou en jy het nie God se Genade nie, kan jy nie gered word nie (dink ek, ek wil nou niemand verdoem nie)

    Soos met meeste van die geestelike onderwerpe, hak die gesprekke vas by die plek waar mense van mekaar verskil.
    Dis jammer.

  4. #14
    AHA!
    Ek het die woord onthou wat ek gesoek het: morele wet!
    Die 10 gebooie is 'n morele wet.
    Terwyl die offers en dinge seremonile wette was om mee vergifnis te vra na oortreding van die morele wet.

    My eintlike punt in hierdie gesprek is as volg:
    dink net hoeveel beter plek die wreld sou wees as almal nie so graag die 10 gebooie verwerp het nie (om welke rede ook al)

    Dink net hoe baie (indien nie meeste nie) hartseer en ellende mense mekaar sou kon spaar as almal net probeer het om 10 redelik eenvoudige rels te gehoorsaam.

  5. #15
    Quote Originally Posted by 510 View Post
    AHA!
    Ek het die woord onthou wat ek gesoek het: morele wet!
    Die 10 gebooie is 'n morele wet.
    Terwyl die offers en dinge seremonile wette was om mee vergifnis te vra na oortreding van die morele wet.

    My eintlike punt in hierdie gesprek is as volg:
    dink net hoeveel beter plek die wreld sou wees as almal nie so graag die 10 gebooie verwerp het nie (om welke rede ook al)

    Dink net hoe baie (indien nie meeste nie) hartseer en ellende mense mekaar sou kon spaar as almal net probeer het om 10 redelik eenvoudige rels te gehoorsaam.
    Man, ek stem saam dat die wereld mooi plek sou wees, as hul die 10 gebooie kan onderhou, jy is reg. Ek wens dit ook. Maar God het in elk geval soos Chris verduidelik het, die wette in ons harte opgeskryf. Dis hoekom ek glo dat elkeen wat moor of steel, WEET dat hy verkeerd doen en skuldig is, van dag 1 af. Hoe weet ek dit? Want toe hul sondig het hul geet vn die boom van goed en kwaad.

  6. #16
    Om al die gebooie te onderhou na die beste van sy vermo is 'n Christen se voorreg.
    Maar dit is onmoontlik en ek dink dit is juis die punt.

    OMDAT dit onmoontlik is moes Christus (die volmaakte Mens) kom om die wet te vervul en OMDAT Hy die wet vervul het, hoef ons dit nie meer te doen nie.

    Dit is die hele punt van genade ... jy kry iets sonder om dit te verdien en sonder om iets daarvoor te doen.

    Waarom wil jy aangaan om jouself te frustreer en te probeer om iets te doen wat jy voor jou siel weet jy nie kan doen nie? Ons is vry in Christus ... heeltemal vry. Waarom wil ons weer die wet wat ons vasgehou het op onsself neem?

    Hoe saal jou kiners jou frustreer as jy hulle van iets vrygespreek het, totaal vergewe het, en hulle kom elke kort-kort terug en vra of hulle vir jou iets kan doen om op te maak vir die verkeerd wat hulle gedoen het?

    Waarom wil ons dit met God doen?

  7. #17
    Belangrike deel van daai sin wat jy mislees = na die beste van sy vermo!

    Om die 10 gebooie te probeer onderhou, is nie iets wat jy doen omdat jy vergewe wil word nie.
    Jy pleeg tog nie elke dag nie moord nie, omdat jy vir iets wil opmaak nie?

    Maar ek hoor wat jy s en dit is waar.

    Maar wanneer mens vry raak in Christus, is dit 'n natuurlike ding om so te leef om Hom te behaag. Daarom vra Hy dat ons tog maar probeer om nie te sondig nie. Jy kan nie s vergewe my omdat ek vandag aspris my kollega afgejak het, en dan doen jy dit maar weer more nie. Jy probeer tog om dit nie weer te doen nie.

    Ek dink nie daar is iets in die 10 gebooie wat onbillik is om te probeer regkry nie. Nie omdat jy moet nie.
    Omdat jy wil!

  8. #18
    510

    Jy is reg, die verskil is of jy dit onderhou uit dankbaarheid omdat jy wil of onderhou jy dit uit vrees vir straf.

    Dit stop nie daar nie, ons onderhou die twee gebooie uit liefde vir ons Vader.

    Mat 22:37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefh met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
    Mat 22:38 Dit is die eerste en groot gebod.
    Mat 22:39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefh soos jouself.
    Mat 22:40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

    Chris

  9. #19
    Quote Originally Posted by 510 View Post
    Hein
    Moet nou nie opgecharge raak nie. Dankie vir wat jy geskryf het.

    Ek kan nie voorgee om alles te verstaan nie, maar ek verstaan hoekom jy die versverwysings gegee het.

    Ek staan by my punt: die 10 gebooie is nie vas aan die offerwette en diesmeer nie. Ons hoef beslis nie meer goeters te offer nie.
    MAAR
    Om al die gebooie te onderhou na die beste van sy vermo is 'n Christen se voorreg. Natuulik is daar nie een van ons wat regverdig is nie. Ek stem saam met oortree 1 is so goed soos oortree almal. Ons is almal sondaars. En daarom kan ons nooit sonder God se Genade gered word nie. Selfs al kan jy die hele gebod hou en jy het nie God se Genade nie, kan jy nie gered word nie (dink ek, ek wil nou niemand verdoem nie)

    Soos met meeste van die geestelike onderwerpe, hak die gesprekke vas by die plek waar mense van mekaar verskil.
    Dis jammer.
    Toe Kain vir Abel doodgeslaan het is het n vloek oor hom gekom , die hele heelal moes kyk hoe die eerste moord op die aarde plaasvind , deur satan se verleiding en opstand teenoor God.
    Dit was lank lank voordat daar 10 geboeie was maar nog voor die gebeurtenis was die mens ongehoorsaam aan God en is die mens uit die paradys verbied. God kon op daardie oomblik die mens wat Hy geskape het sumier in n oogwink laat sterf het .
    Voor die skepping van die mens was daar oorlog in die Hemel agv van hoogmoed en die slang ,die duiwel , is neergewerp op die aarde. Dit was n kosmiese gebeurtenis vr bo ons denke.
    As die mens na die sondeval uitgewis sou word, sou die ganse heelal God gehoorsaam het uit vrees en simpatie met satan h. Dus het God in sy alwysheid besluit dat die Heelal moet gade slaan, sy liefde en goedheid. Die mens het n kans gekry om sy liefde vir God te wys en is toegelaat om te leef om aan die heelal te wys, wie en wat satan is en wat sy rebellie tot gevolg het tot vandag toe.
    Toe kom Kain se rebellie en slaan sy broer dood , weereens kon God die mens sommer hier uitgewis het .
    Moord sommer so vroeg vroeg in die nuwe wreld en verwronge begeerte, van ek wil ook aanvaar word maar as ek nie my sin kry nie maak ek dood , hoogmoed eis sy tol.
    So het die wreld aangegaan en op n dag besluit God tot hier en nie verder nie , Hy moet riglyne neerl en Hy skryf 10 gebooie as maatstaaf waarvolgens die mens moet leef. Het julle al ooit gedink as die 10 riglyne nie in die daargestel was nie hoe katatrofies dit sou wees, die mens sou n totale onbeheerste wese gewees het .
    God het nie die geboeie geskryf om die mens te straf nie maar dit is geskryf om die mens n kans te gee om sy liefde teenoor God te bewys. As julle my liefhet onderhou my geboeie het Hy ges.
    God het egter ook ges as julle een van hierdie geboeie oortree is jy skuldig aan al die geboeie.
    Mens kan nie sommige van die tien hou en sommige nie , al 10 geboeie is n eenheid om die mens orde in sy daaglikse bestaan te gee.
    Self landswette is daarvolgens opgestel anders sou dit nie verkeerd gewees het om te steel nie , of dood te maak nie , of hoogmoedigheid begeertes te toon vir jou buurman se mooi kar of welvarendheid ens.ens nie.
    Nou kyk die satan kreatuur, sal uit sy natuur nie wil h die mens moet georden lewe nie , dus is die 10 geboeie vir hom n vet kans om die mens in opstand te bring en te mislei.
    Kan enige samelewing funksioneer sonder wetgewing en riglyne . Nee dis katastrofies. Dus kan geen mens sonder God se riglyne funksioneer nie . In teenstelling met al die dik wet boeke vol wette het God n skamele tien neergel, wat die aardbewoner in elk geval as riglyn gebruik vir die regstelsel.
    Al tien geboeie is daargestel vir die mens om te volg uit liefde vir Hom, geen een mag verander word of bo die ander een gestel word of meer geag word as die ander een nie , want dit vorm n eenheid van gesag en geregtigheid.
    Geen jota of title mag uit God se word wat Hy daargestel het geneem word nie .Tog is die neiging van die wreld om slegs nege van die tien geboeie te volg , onder satan se verleiding. Dit het aanleiding gegee tot miljoene mense wat op brandstapels gesterf het en doodgekap is in die donker eeue toe die Waldense vervolg is.
    Dit alles onder die verleier van nasies se leiding in sy opstand teen God. Die beleid van satan is om , as ek nie terug mag gaan na God se ryk nie sal ek al die aardbewoners vir my vat en hulle mislei en verdelg.

  10. #20
    Daar is verwys na Mat 5:17-19

    Maar lees Mat 5:19-20
    Jesus s:
    "19 Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense s leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.

    20 Want Ek s vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as di van die skrifgeleerdes en Farisers nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie."

    Wat kan jy hier uit s?
    Jesus self verwag steeds dat jy di gebooie nakom.
    En in die hemel sal mense wees wat dit onderhou en mense geleer het om dit te onderhou en OOK mense wat dit nie onderhou het nie en mense ook geleer het om dit nie te onderhou nie.
    En diegene wat dit onderhou het sal hoog geag word.
    En die wat nie dit onderhou het nie, sal op 'n manier op neergesien word in die hemel.

    Ek dink mens wil graag hoog geag word en nie 'n tweederangse Christen nie.

    Oor watter gebooie jy nou eintlik moet hou:
    Di gedeelte van jy moet jou naaste liefh soos jouself som al die ander gebooie op. So hul almal is op jou van toepassing.

    Wat die wette en gebruike betref:
    Lees Romeine 14

    5 Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.

    6 Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.

    7 Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie.

    8 Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.


    13 LAAT ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dt liewer, om nie die broeder ’n hindernis of struikelblok in die weg te l nie.

    14 Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein.

    15 Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie.


    17 Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

    18 Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.

    19 Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.

    20 Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ’n mens om te eet as dit tot aanstoot is.

    23 Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.


    So wat s dit:
    As jy glo die ander wette is op jou van toepassing moet jy dit nakom.
    En as jy nie so glo nie, hoef jy nie.
    Maar as jy jouself by iemand vind wat hierdie wette en gebruike onderhou, en jy sal aanstoot gee deur te doen wat jy gewoonlik doen, geld di wette wat vir jou gasheer geld vir jou ook.

Page 2 of 3 FirstFirst 123 LastLast

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •