Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 1 of 4 123 ... LastLast
Results 1 to 10 of 40

Thread: 666 Merk van die dier

  1. #1

    666 Merk van die dier

    Dis iets waaroor elkeen mag wonder. Daar is soveel ontledings daarbuite. Oor die onderwerp. Hier is iemand wat n Engelse alfabet "calculator " opgestel het, om die merk te kan ontleed. Nogal baie insoggewend en seker iets waarvoor ons kan bespreek.

    http://landmarkbiblebaptist.net/666-888.html

  2. #2
    Hein jy konsentreer heeltemal te veel op die bose se doen en late, relax hy is verslaan.

    Vind uit wat die seel is wat op ons voorhoofde moet wees dan sal die 666 ook vir jou sin maak.

    Rev 9:4 En aan hulle is gesÍ dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seŽl van God nie op hulle voorhoofde het nie.

    Chris

  3. #3
    Quote Originally Posted by 454 View Post
    Hein jy konsentreer heeltemal te veel op die bose se doen en late, relax hy is verslaan.

    Vind uit wat die seel is wat op ons voorhoofde moet wees dan sal die 666 ook vir jou sin maak.

    Rev 9:4 En aan hulle is gesÍ dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seŽl van God nie op hulle voorhoofde het nie.

    Chris
    Inteendeel Chris, jy het seker nie die ander nommers gesien nie, soos 888?
    Nee Chris, glad nie. Ons word deur God gevra om dit te bereken, en dis kan ons maar probeer uitwerk, want dis wat God vir ons vra. Maar wat wel insiggewend is, dat daar soveel ooreenkomstes is, soos wat ons vandag in die wereld rondom ons sien gebeur van die merk, satan, ens.


    Maar bogenomde moet jou ook glad nie bekommer nie Chris, volgens jou nuutgevonde geloof. Jy glo die verdrukking het REEDS plaasgevind in 70 AD. Dus kan jy nou maar terugsit en ontspan, want volgens die bog videos wat jul kyk, is die verdrukking reeds verby. Al het ek jul oor en oor gewys uit God se Woord dat die man misverstaan en bog praat, glo jul dit nou.

    In elk geval, glo soos jy wil, hopelik sal jy eendag die waarheid uitvind, elkeen is op sy eie paadjie as dit by die Woord van God kom, en die uitleg daarvan. Sterkte

  4. #4
    Hein, jy mis die punt.
    Hoe kry ons die seŽl van God op ons voorhoofde?
    Ons moet kies of die seŽl van God of die merk van die dier. Daars nie plek vir altwee nie.
    Chris

  5. #5

    Kennis

    As julle n kans kry skaf Dr Walter Veith se dvd reeks van Total Onslaught aan. Hier word veral gefokus op die boek Openbaring uit n Christelike oog punt.
    Ek se nog altyd, om van jou vyand se doen en late bewus te wees moet jy ingelig wees oor dit. Help nie jy gaan blindelings deur die lewe nie. Om die vyand doeltreffend en eens op slag te identifiseer moet jy weet wie jou vyand is, hoe hulle te werk gaan en wat hulle motiewe en doelwitte is.

    Ek het ook n ruk terug gaan google oor walvisse en perongeluk op hierdie webtuiste af gekom. Ek gaan nie die webtuiste hier intik soos dit is nie want anders kan dit dalk n direkte link Koppel aan die groep. Die webtuise is www dot whale dot to. Lees maar tussen die lyne en vervang "dot" met n . (punt)
    Hier word oor onaagename dinge bespreek soos beheer oor mense, inentings, menslike handel ens ens ens. Hieruit kan jy aflei dat daar n siek siek wereld daar buite is. Daar is leterlik honderde onderwerpe. Gaan Google dit en kyk self. Delete net jou browser history na die tyd. Ek spandeer ook nie lang tye op die website nie. Lees vining en klim af. Van die onderwerpe is nogal opvoedkundig soos inentings en bevat interesante informasie.

    Maar ons moet nie behep wees oor die satan daar buite nie. Ons moet nie toelaat dat dit ontstel of te veel aan dit dink nie. Net my insetsel

    Andries

  6. #6
    So in gewone taal in een of twee sinne antwoord asseblief die volgende vraag Chris en Hein:
    Wat is die seŽl van God?

  7. #7
    510
    My punt is, orals is baie mense wat baie meninings oor die merk van die dier het. Daar is egter bittermin van die christene wat dieselfde aandag aan die seel van God gee.
    Dit is baie eenvoudig, wanneer jy die seel van God verstaan sal jy ook die merk van die dier verstaan. Altwee verskyn op voorhoofde en sonder die persoon uit. As ek jou nou hier vertel wat dit is, ontstaan daar nog 'n debat en dit het ons nie nodig nie, soek bietjie en jy sal vind.

    Sterkte
    Chris

  8. #8
    Nee wat Chris gee maar net die antwoord as jy kan asb,soos wat daar gevra is.
    As dit 'n debat uitlok hoef jy nie deel te neem nie,dis mos maklik.Eintlik is debat goed en reg as almal net eerlik hulle vrae stel en eerlike reguit kort antwoorde gee op vrae aan hulle gestel.

  9. #9

    Oop gesig

    Quote Originally Posted by Chris1 View Post
    Nee wat Chris gee maar net die antwoord as jy kan asb,soos wat daar gevra is.
    As dit 'n debat uitlok hoef jy nie deel te neem nie,dis mos maklik.Eintlik is debat goed en reg as almal net eerlik hulle vrae stel en eerlike reguit kort antwoorde gee op vrae aan hulle gestel.
    Hmmmm het jy al n oop gesig gesien?

    Geen plooi van verdriet of smarte nie, net smiles....

  10. #10
    Quote Originally Posted by 510 View Post
    So in gewone taal in een of twee sinne antwoord asseblief die volgende vraag Chris en Hein:
    Wat is die seŽl van God?
    Dis die Heilige Gees binne ons. Ons word verseŽl daarmee. Dis my antwoord.

    Ons moet net mooi kyk in watter konteks seŽl en verseŽl gebruik word, uit God se perspektief in Sy Woord.

    En dan Chris, moet ons eers vasstel of die merk dieselfde betekenis as seŽl het, in definisie waarde. Miskien nie so eenvoudig soos om die merk met die seŽl te vergelyk nie.

Page 1 of 4 123 ... LastLast

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •