Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 4 of 4 FirstFirst ... 234
Results 31 to 40 of 40

Thread: 666 Merk van die dier

  1. #31

    666 of watookal

    Indien jy jou energie mors om die tekens en merk van die dier te volg gaan jy jou tyd vermors om die regte ding te doen en dit juis waar die nou pad begin, bid tot die Vader om jou te help. Om soos een van sy kinders in sy wyse wee te handel.

  2. #32
    510

    Ja ek het van Walther se videos gekyk. Ek respekteer sy siening, maar verskil oor die wegraping. Sy verduideliking oor die Roomse kerk stem ek mee saam, behalwe dat dit nie die dier is nie , maar n namaaksel van die dier deur satan.

    Chris

  3. #33
    510

    Sou jy saamstem met Hein dat God ń fyn uitgewerkte plan het, waar Hy miljoene van Sy kinders aan die satan uitlewer om vir 7 jaar verdruk, vervolg en vernietig te word?
    Is dit dieselfde God wat Sy lewe kom offer het sodat ons kan lewe?

    Chris

  4. #34
    Nov16

    Ek stem saam met jou. Ons mors baie tyd op n debat wat nie daar behoort te wees nie.

    Dit is vir my baie eenvoudig. My Vader wil nie en sal nie die bose dade waarvan skrywers op die blad, Hom beskuldig doen nie. Dit is nie die Vader wat ek ken of wat die Bybel beskryf nie.

    Dit noodsaak my om die fout by bestaande lering en opinies te soek. Die fout kan tog nie by God wees nie.

    Chris

  5. #35

    Smile

    Quote Originally Posted by Chris1 View Post
    Nee wat Chris gee maar net die antwoord as jy kan asb,soos wat daar gevra is.
    As dit 'n debat uitlok hoef jy nie deel te neem nie,dis mos maklik.Eintlik is debat goed en reg as almal net eerlik hulle vrae stel en eerlike reguit kort antwoorde gee op vrae aan hulle gestel.
    Chris1

    Jammer ek het jou plasing gemis. Ek glo jy het my antwoord gesien. Ek gee rerig nie om vir debat nie, in teen deel. Ek is net bekommerd oor die absolute verskille tussen gelowiges en die feit dat ons mekaar verwerp eerder as om by die waarheid uit te kom. Tog kan en mag ons nie ophou probeer nie.

    Ek sou graag jou opinie op my antwoord wil he.

    'n Ander punt wat ek wil maak en graag terugvoer wil he is die volgende.

    Mat 24:34 Voorwaar Ek s vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

    Baie goddelose mense reken hierdie is die grootste verleentheid vir christendom. As ons glo dat dit wat in Mat 24 vooraf staan 2000 jaar later nog nie gebeur het nie. Beteken dit Jesus se profesie het nie in daardie geslag plaasgevind nie. Die gevolg daarvan is dat mense wat die profesie nie verstaan nie tot die verkeerde gevolgtrekkings kom dat, Jesus nie 'n ware profeet is nie en dat die evangelie wat Hy verkondig het 'n leuen is. Ek wil nie eers verder op die gevolge van die verkeerde afleiding ingaan nie, dit walg my.

    Die situasie is dat mense dit glo en Jesus verwerp as gevolg van dit. Mense soos Hein wil die betekenis van geslag probeer verander, dit help nie, daar is nerens anders in die Bybel waar dit so vertaal word nie. Dit word ook in hfst 26 en Mrk 9 herhaal.

    Hoe verduidelik ons hierdie geslag en Jesus wat verklaar die koninkryk is naby aan heidene wat vra? Naby kan tog nie 20 eeue weg wees nie.

    Hierdie man verduidelik ook beter as ek.

    Chris

    Last edited by 454; 02-23-2017 at 09:25 PM.

  6. #36
    Quote Originally Posted by 454 View Post

    In plasing 56, in die "Ominous end times" draad, word hierdie teksvers van Matt 24 direk uit God se Woord verduiddlik, uit die oorspronklike Griekse vertaling. En dis logies vertaanbaar.... Nou wonder ek of jy dit gelees het of nie ..... En ek wonder hoekom jy dit nie WIL verstaan nie?

  7. #37
    Hein

    Gaan jy nou na al die bewyse nog steeds vir ons probeer vertel dat God 'n massamoord op Sy kinders fyn uitgewerk het en gaan sorg dat dit gebeur?

    Genade Hein, jy kan dit mos nie vir een oomblik rerig glo nie. Die kennis is tot jou beskikking, begin met die laaste video wat ek geplaas het, dit is nie so lank soos die ander nie.

    Chris

  8. #38
    Quote Originally Posted by 454 View Post
    Hein

    Gaan jy nou na al die bewyse nog steeds vir ons probeer vertel dat God 'n massamoord op Sy kinders fyn uitgewerk het en gaan sorg dat dit gebeur?

    Genade Hein, jy kan dit mos nie vir een oomblik rerig glo nie. Die kennis is tot jou beskikking, begin met die laaste video wat ek geplaas het, dit is nie so lank soos die ander nie.

    Chris
    Chris, in plasing 33 en ook nou beskuldig jy my van goed wat jy uitgedink het, en beweer ek ges het, en maak jou eie afleidings, soos jy wil..
    Al probeer ek ho, om mooi uiteen te sit en skrif aan te haal, hou jy aan glo aan jou nuutgevonde geloof, dat die groot verdrukking uitgebeeld in Openbaring reeds plaasgevind het 1947 jaar gelede on 70AD.
    Dus mors ek my tyd met jou, dis al. So gaan groot en geniet jou soeke. Ek sluit af.

  9. #39
    Hein

    Soms dink ek jy lees nie wat jy skryf nie, dan worrie ek oor wat in jou kop aangaan. Hier is 'n paar uitreksels uit jou skrywes. Ek lewer kommentaar in rooi.

    So daar bly slegs n paar jaar oor, 7 jaar bly oor waarvan 3,5 jaar onder geweldige verdrukking soos nog NOOIT op die aarde was nie, sal wees. Hoekom? Want dis God se plan! Niks wat gebeur op aarde kan sonder God se toestemming plaasvind nie
    Jy se mos hier God het die geweldige verdrukking beplan. Beplan jy vir jou kinders se toekoms sulke gruwels?

    So elke ding wat satan wil uitvoer op aarde weet God vooruit. Dis nie n verrassing vir God nie. So ook is die gebeurtenisse in Openbaring ook nie n verrassing vir God nie. Nee, God het selfs in detail vir ons kom vertel wat moet EN SAL gebeur:
    Hein God het die wat wou hoor in detail gewaarsku, die wat gehoor het was nie in Jerusalem met die verdrukking nie.

    Jesus se kruisiging is ook deur God beplan en georkestreer. Dink jy dit was nie God se plan om Christus so te verbrysel nie. Dink jy God het nie geweet wat gaan gebeur nie Chris?
    Nee Hein, God het homself aan Sy skepsels uitgelewer, hulle het gekies om Hom te verbrysel.

    Kom ek lig jou in, alles wat opgeskryf is in Openbaring, is God se fyn uitgewerkte plan. Om te s dat dit nie God se plan is nie, is om te s dat God nie in beheer is nie. Elke liewe ding wat gebeur in Openbaring is God se plan met die aarde en die mense wat daar woon.
    God is nie in beheer van die mens se wil nie Hein, dis ons keuses, ons kan nie God blameer vir ons foute deur te se dit is Sy wil of plan nie.

    Die 7 seels en die 7 trompette, wat blaas, die 7 laaste plae kom nie van satan af nie Chris, dit kom van God af. Hy voer dit uit. Dis Sy fyn uitgewerkte plan, wat gaan gebeur in die laaste 7 jaar op aarde.
    Rerig Hein, jy stuur pla oor jou kinders nadat jy hulle vergewe het?

    Daar mag sekere kinders van God wees wat deur God beskerm gaan word, maar nie almal nie Chris. Almal gaan nie die verdrukking ontsnap nie.
    Net sekeres Hein? Die wat nie verlei word nie, dit is ons keuse of ons luister of nie. God is regverdig die wat luister na Sy waarskuwings sal Hy beskerm

    Miljoene mense moes onthoof word in daardie vervolging.
    So as dit nog nie plaasgevind het nie, glo ek jy is op die verkeerde spoor. Dink so bietjie daaraan as
    Miljoene,onthoof? Net in Hollywood nie in die Bybel nie.

    Hein, jy is reg ek beskuldig jou, maar ek dink dit nie uit nie, ek lees wat jy skryf. Jy laster teen my Vader.

    Chris

  10. #40

    dankie chris

    dankie chris

    Quote Originally Posted by Nov16 View Post
    Die een moet ons baie versigtig aanpak, daar is baie aanslae en die begrip moet sonder ywyvel oorgedra word.

    N gebrek aan kennis maak van ons sondaars, en juis waar ons verloore raak, waar satans ons optel en nie maklik los nie, waarin ons twyvel daar moet die geloof en die Gees ons neem na n beter plek.

    Hier volg die frugte van geloof in die Gees, n paar woorde en elkeen kan seker sy eie definiesie saamslaan wat pas.

    Liefde

    blydskap; bron van vreugde; geneugte; genoe; hom verheug; verbly; verheugenis; verheuging; vreugde

    geduld; nalating; onthouding; verdraagsaamheid; versaking

    vriendelikheid, begunstiging

    geskiktheid; goedheid;

    Akkuraat, presies, betroubaar

    Satan weerhou ons van die vrugte watter teen stelling as ons kyk na die vrug wat eva gepla het in genesis, sy kon nie dit teenstaan nie sy moes dit net doen ag die belustige slang haar oortuig het.

    So defenetief ontneem satans ons van die vrugte kyk weer wat verloor jy as jy nie in die geloof kan wandel nie.

    Terwyl jy grooi in die geloof kry ons die by

    gelatenheid; gelykmatigheid; gelykmoedigheid; sielsrus

    Weereens verloor ons die gerief hier bo genoem as satan ons beetkry

    http://biblehub.com/commentaries/galatians/5-22.htm

    ek het daar die deel geneem uit die drrad van dit is net die begin

    asons nou n merk of n seel wil soek meet dit aan die bogenoemde skrif
    Last edited by Nov16; 02-24-2017 at 09:33 PM.

Page 4 of 4 FirstFirst ... 234

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •