Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Results 1 to 4 of 4

Thread: Bid ons altyd reg ?

  1. #1

    Bid ons altyd reg ?

    Angus is nou besig om n miljoen mense vir Bloemfontein te organiseer sodat hulle teen die mense kan bid wat reg in eie hande neem. EK is nie presies wat hulel wil bereik nie maar hier is my verstaan van bid en in die outoriteit optree en Hein en Chris moet my asb reghelp waar ek verkeerd is.


    Hierdie deel is Deel 4 en dit gaan oor ons optrede om plaasaanvalle en rowe te voorkom.

    __________________________________________________ ______________________________________


    AKSKA se vraag. Wanneer is n plaasaanval dreigend?
    Ek skryf hierdie stuk na die drastiese aanbevelings wat van Loskop vallei beveiliging versprei word.

    ONDERWERPE:

    Deel 1. Inleiding tot plaasaanvalle
    Deel 2. Wanneer is n plaasaanval dreigend
    Deel 3. Hoe kan ons n plaasaanval voorkom
    DEEL 3. Hoe voorkom ons n plaas aanval?
    DEEL 4. Ons beste wapen teen plaasaanvalle
    Deel 4 is net vir mense wat in die wreld is maar nie
    van hierdie wreld nie. Deel 4 is net 10 bladsye en
    wanneer jy dit in 10 minute gaan deurlees gaan dit nie veel
    beteken nie. Wanneer dit jou dae neem om daardeur te lees en deur te werk, gaan dit vir jou iets beteken.

    Bid ons altyd reg?

    Ek het n maatskappy wat inligting inwin om plaasaanvalle geweldsmisdaad beter te verstaan sodat ons dit kan bekamp. Die suksesse wat hierdie maatskappy Swartberg Intelligence support services Pty ltd teen misdaad in die geheel het, kan eerder as wonderwerke beskryf word.

    En hierdie wonderwerke is vir elke gelowige moontlik.

    Die nuutste inligting wat ek vanuit die APLA oorde gekry het, het weer bevestig dat die EFF doelbewus Christene gelowiges teiken om te vermoor. Die geweld en haat waarmee hierdie aanvalle uitgevoer word, is nie omdat die mense wit is nie, maar omdat hulle gelowiges is.

    Volgens die inligting beplan die EFF om voor Augustus ook groot hoeveelhede mense in die dorpe en stede te vermoor en hulle doel is om uiteindelik n miljoen mense te vermoor.

    DIE VRAAG IS:

    Moet hierdie informasie ons met vrees vul? Moet ons gereedmaak om na die berge en na Prieska te vlug? Of kan ons iets hieraan doen om dit te voorkom?

    Om te vrees is om nie te glo nie en om nie te glo nie, is om die wonderlike beloftes van God in die wind te slaan en om God se bestaan en SY gesag wat Hy vir ons as Sy kinders gegee het, te verwerp.

    Wanneer jy glo dat God kan lieg, of dat God nie werklik bestaan nie, hoef jy nie verder te lees nie. Maar as jy glo dat God leef, dat God se Beloftes vir ons waar is en dat God vir ons Lief is, moet jy dalk hierna kyk.

    In die Tuin van Eden het God vir Adam die Goddelike gesag gegee om oor die aarde te heers. Die mens Adam het daardie gesag aan satan gegee die dag toe hy ontrou was aan God maar in Jesus en met die offer wat Jesus Yesua vir ons gemaak het, daardie gesag aan ons terug besorg. Yesua / Jesus het satan oorwin. Hy het Satan so oorwin dat Hy vir Sy kinders totale mag oor satan gegee het.

    Waarom trek ons dan swaar as ons al die mag oor die satan het? Ons trek swaar omdat ons aan satan die outoriteit gee om ons te teister. Satan kan aan ons doen, net wat ons hom toelaat om aan ons te doen.

    Deuteronomium 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die sen en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,

    Die wreld is negatief en alles wat ons in hierdie wreld sien en beleef is negatief. Om die lewe te kies, is om doelbewus te kies om jou brein te dwing om negatiewe gedagtes met positiewe gedagtes te vervang. Dit beteken dat jy aan geen negatiewe gedagte ooit n sweempie van n geleentheid moet gee om te groei nie. Jy forseer dit doelbewus, met n doelbewuste besluit, uit jou gedagtes uit, en vervang dit met iets positiefs.

    PLAASAANVALLE EN HUIS-ROWE

    Hier is nou vir ons n negatiewe besigheid waarmee ons elke dag gekonfronteer word. Wat meer is, God het aan ons die kennis gegee om hierdie bedreigings te sien soos wat dit ontwikkel en in baie gevalle kan ons die bedreiging vir n maand of langer vooruit sien kom.

    Diegene wat nog nie die geleentheid gehad het om die kennis op te doen nie, waarsku Hy ook voor die tyd. Van ons hoor die waarskuwing en ander is so besig met ons eie dinge dat ons nie Sy stem hoor nie. Of ons hoor dit nie of ons gee nie ag nie.

    Maar wat doen ons wanneer ons voor die tyd weet ?

    Daar is vir my niks lekkerder om vir n vrou te vertel dat die kriminele beplan om haar kinders voor haar te vermoor terwyl hulle haar gaan verkrag nie.

    Of om vir n man te vertel dat hulle hom wil vasbind sodat hy nie kan roer nie sodat hy kan sien hoe hulle sy 9 en 11 jarige dogters saam met sy vrou gaan verkrag terwyl hy sal toekyk voor hulle hom gaan vermoor.

    Hoe kan dit vir my lekker wees om so iets vir n vrou te vertel?

    Eenvoudig. Satan het gekom om te roof en te steel, maar Jesus het hom reeds oorwin. Jesus het aan ons die mag gegee om hierdie goed in die Gees te stop daarvoor kan gebeur. Jesus het die krag vir ons gegee om ons vyande te vermorsel, voor hulle by ons huis kom.

    Met die outoriteit wat Jesus vir ons voor Sy hemelvaart en met die Heilige Gees gelos het, het ons totale mag oor hierdie bose magte en owerhede wat in die lug is, gegee.

    Die volgende vraag:

    As dit so is dat ons mag oor hierdie aanvallers het, waarom word soveel mense met die Bybel in die hand vermoor, wanneer hulle van die kerk kom?

    Dit is eenvoudig. Omdat hulle nie in die outoriteit leef wat God vir hulle gegee het nie. n Predikant se vrou se eendag vir my dat dit so bietjie vermetel voel om in die outoriteit te leef. Is ons vermetel wanneer ons doen wat Jesus vir ons ges het om te doen?

    Wat is die outoriteit wat ons het?

    Ons moet praat en ons moet in Jesus se naam spreek. Jesus het aan ons al die mag in die wreld gegee om hierdie misdadigers te vermorsel soos wat Dawid oor sy vyande gebid het. Ons kan die gees wat teen ons optree vervloek en verdryf en vermorsel, nog voordat dit by ons uitkom.
    Wanneer ons voor die tyd n ondersoek instel om n waarskuwing wat mense gekry het, te ondersoek, gee ons ook vir die mense die datums van die beplande aanval.

    Een van die lede wat in Louis Trichard woon bel my eendag om te vertel dat hy die reeks kriptografie wat beplan om hom in sy kantoor te skiet, gemeet het en hy gee toe vir my die verskillende afstande sodat ek vir hom die datum en tyd kan uitwerk.

    Ek gee vir hom die datum en toe ek die datum gee, s hy van sy kant af, Maar dit is vandag en toe ek die tyd noem, s Maar dit is nou! O daar klop hulle aan my ruit! En hy gooi die foon neer en hol vir sy wapen.

    Hy het toe met sy rug teen die muur in die gang gaan sit en die buurtwag opgeroep en die polisie te bel. Maar omdat hulle beplan het om hom deur die ruit te skiet en nie beplan het om hom te gaan soek tot hulle kom kry nie, het hulle weggehardloop. Die buurtwag lede het die spore gekry waar hulle oor die heining gespring het, maar teen die tyd wat die buurtwag daar aangekom het, was die knape al baie lank weg.

    Aanvalle word deeglik beplan en dit word lank vooruit vir spesifieke dae beplan. Die misdaad netwerk werk in selle en die selle praat nie van die een na die ander een, met selfone nie. Die sel kan onder mekaar met selfone praat maar nie oor die grense na ander selle toe nie. Die selle wat by die beplanning van die misdaad betrokke is, word op die manier beskerm om nie op die misdaadtoneel verbind te word nie.

    Ons verstaan die kriptografie boodskappe wat n taal is. n Gekodeerde boodskap wat met merkers geskryf word, en omdat ons dit verstaan, kan ons presies bereken wanneer n aanvaller beplan om sy aanval uit te voer. Ons kan spesifieke datums vir mense gee en wanneer ons dit gee, is dit asof ons vir die mense n doodstraf gee. Tog hoef hulle nie nou vir n maand lank in vrees te leef terwyl hulle nagte deur wagstaan nie. Hulle tye wanneer hulle kies om in vrees te leef, is met ons datums ernstig verkort. Maar moet hulle in vrees leef ?

    Wanneer ons na hierdie datums kyk wat ons vir jou kan gee, kan dit intimiderend wees, maar eintlik is dit glad nie. Om hierdie datums en tye wat hulle n aanval teen jou beplan te ken, is die beste waarborg wat ons het dat niks met ons sal gebeur nie.

    Geen misdaad kan plaasvind as die geleentheid vir die misdaad nie bestaan nie. Wanneer ons die geleentheid van die misdadiger ontneem, gebeur daar hoegenaamd niks. Die misdadigers is eenvoudig nie bereid om die kans op sy eie lewe te waag nie.

    Wanneer jy n dag of twee voor die aanval, skielik jou deure en sleutels anders bestuur, sal die boodskap reeds by die misdadigers uitkom dat jy iets vermoed en dat jy hulle moontlik verwag. Die misdadigers sal binne inligting h en jou optrede sal die risiko vir hulle so verhoog dat hulle soos mis voor die son kan verdwyn.

    Maar vir hulle sal dit nie oor wees nie. Vir hulle sal dit beteken dat iemand in hulle geledere inligting uitgelek het en hulle sal nie kan voortgaan, voor hulle die lekkasie opgespoor het nie.

    DIE BESTE NUUS

    Die beste nuus is dat jy volkome mag oor hierdie aanvallers het. Dit is in jou mag om hulle sonder n geweer te verpletter, te verstrooi, te verjaag of te verwoes. En om daardie mag te verstaan, moet jy net een ding doen.

    Jou Wapen teen n aanval;

    Jy moet besluit hoe lewendig God is en dan moet jy besluit of God vir jou sal lieg of nie.

    Wanneer jy vir my s dat God nie kan lieg nie, het jy reg geantwoord en dan moet jy jou wapen in Lukas 10 vers 19 en 20 gaan haal. Met hierdie wapen het Elia meer as n 1000 soldate gyselaar geneem en aan hulle koning uitgelewer.

    Hoe werk die wapen ?

    Om te sien hoe jy hierdie wapen moet gebruik, moet jy na Matheus 18 vers 18 gaan en dit gaan bestudeer.

    Dit is nooit God se wil dat Sy kinders verkrag en vermoor moet word nie. Dit is nie. Geen predikant het die reg om by so n graf van n vermoorde te staan en te s dat God gegee het en dat God geneem het nie. Dit is nie God se wil vir jou nie.

    God se wil vir jou is dat jy vrede en voorspoed sal geniet. Omdat dit Sy wil is, het Hy jou voor die tyd gewaarsku dat daar n bedreiging is. Om die bedreiging presies te sien het Hy vir ons geleer hoe om dit te doen. Maar jy het ons nie nodig nie.

    Jesus het die satan reeds vir jou aan die kruis oorwin en in Jesus, het vir jou volle mag oor die satan se magte en planne. Jy kan net oorkom wat jy die satan toelaat. Die keuse is 100% by jou.

    Jou wapen se ammunisie:

    Die 1933 vertaling het hierdie vers bietjie anders verduidelik.

    33 vertaling . Mat 21:21 Maar Jesus antwoord en s vir hulle: Voorwaar Ek s vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle alles kan doen wat ek gedoen gedoen het, meer nog, julle sal vir hierdie berg kan s: Hef jou op en werp jou in die seesal dit gebeur.
    Mat 21:22 En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.

    53 Vertaling Mat 21:21 Maar Jesus antwoord en s vir hulle: Voorwaar Ek s vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al s julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die seesal dit gebeur.
    Mat 21:22 En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.

    Vir my was die Kern van die vertaling met die 53 vertaling verwyder. Dit s nog dieselfde maar die kern is uit. En die kern was die woorde meer nog:

    Moses het meer gedoen toe hy die Staf op die grond gegooi het en sy staf in n slang verander het wat die towenaars se slange opgeet het. Moses het meer gedoen toe hy die Rooisee gekloof het. Elia het meer gedoen toe hy sy vyand gyselaar geneem en aan hulle koning gaan uitlewer het. Elisa het meer gedoen toe die bylsteel op die Jordaan gegooi het en die koper kop van die byl wat verloor het, op die water gedryf het.

    Jesus s dat ons wanneer ons geloof het, kan doen wat Hy gedoen het. Wanneer ons geloof het, sal ons alles kan doen wat die ou geloofshelde gedoen het. Ons sal kan doen wat Jesus gedoen het toe hy die storm stilgemaak het.

    En wat ek jou nou vertel word ook in die Bybel bevestig.

    Mat 17:20 En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek s vir julle, as julle geloof het soos n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg s: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.

    Mat 21:22 En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.

    Mark 11:24 Daarom s Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

    En hier is die bom waarmee jy die vyand se planne sal verpletter.

    Mark_11:23 Want, voorwaar Ek s vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg s: Hef jou op en werp jou in die seeen nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy s, sal gebeurhy sal verkry net wat hy s.

    ( Kan jy sien dat jy moet praat soos Jesus met die storm gepraat het!?Selfs om vir ren te bid is om die wolke en die wind te beveel om die ren te bring? )

    Mat 18:18 Voorwaar Ek s vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

    (Jy kan enige bose plan, sameswering, komplot wat teen jou en jou huis vasgemaak is, ontbind vermorsel en verbreek en dit sal so wees!)

    Mat 18:19 Weer s Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.
    Mat 18:20 Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.


    Verwerp alle vrees in jou hart in die Naam van Jesus en vertrou op Hom om vir jou die woorde te gee wat jy teen die bedreiging moet uitspreek.

    Die sukses van die teenaanval teen die vyand, kom uiteindelik op jou eie geloof in God neer. Hoe vr is jy bereid om God sonder enige twyfel in jou eie hart te glo?

    Hoe sterk is jou geloof?

    Ek dink die sterkte van jou geloof hang van jou verhouding met God af. Hoe meer jy met Hom praat en toelaat dat Hy met jou praat, hoe sterker word die verhouding. En hoe sterker jou verhouding word, hoe groter word jou geloof.

    Dink hieroor.

    Geloof het twee voorwaardes

    Mark 10:15 Voorwaar Ek s vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.


    Jy moet die realiteit van die werklikheid wat voor jou is en wat jy kan sien en beleef, in die naam van Jesus verwerp en soos n kind jou hart oplig. Jouself bly maak oor dit wat jy glo en sien, asof dit reeds bestaan.

    Maar daar is ook n waarskuwing wat vir elkeen van ons geld.

    Luk_9:62 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.


    Wat beteken dit?

    Wat jy in geloof vra en wat jy dan met die realiteit van jou eie werklikheid vergelyk, is soos iemand wat sy hand aan die ploeg slaan en na die verlede omkyk om te vergelyk.
    Watchman Nee is n Sjinees wat ontsettende vervolging vir sy geloof ervaar het. Hy het wonderwerke beleef soos wat n mens nie kan glo nie. En Watchman Nee het n paar wette van die Gees verduidelik.

    Hy het vertel dat satan n gewig op jou gees plaas. n Gewig is nie iets wat jy altyd agterkom tot dit soos n klip van jou afrol nie. Ons moet leer om die gewig wat satan op ons gees plaas te herken sodat ons dit in Jesus se naam kan afgooi en verwerp.

    God plaas n dryf in jou gees. God se las op jou gees is iets wat jou aanspoor, dryf en motiveer.

    Een van ons opdragte is om God in blydskap te dien.

    Hoe kan ons God in blydskap dien wanneer mense daagliks om ons beroof, verkrag , vermink en vermoor word?

    Watchman verduidelik dat ons, ons gees moet oplig. Ons moet onsself voor God bly en gelukkig maak wanneer ons bid. Wanneer ons, ons gees oplig en onsself bly maak, ontken ons die realiteite wat satan om ons skep en word die realiteit wat God vir ons wil h, die realiteit waarin ons leef.

    DIE GEWELD IN HIERDIE LAND

    Ons moet weet dat ons in die wreld is, maar nie van hierdie wreld is nie. Die wreld sal wees soos hy is en die wreld het sy eie agenda wat deur God toegelaat word. Maar ons het gesag om hierdie geweld wat teen die kinders van God gerig is, te stop wanneer ons, ons saam daarteen uitspreek
    En ons hoef nie n Miljoen mense te wees nie. Ons hoef net twee of drie te wees.

    n Bedreiging is soos n tarentaal wat by ons verbyvlieg. Wanneer ek s dat ek geloof het en dat ek n tarentaal gaan skiet, kan ek nie net by die deur uitstap en n skoot in die lug skiet nie. Daar gaan niks val as daar nie n tarentaal in die lug is nie. Daar moet n tarentaal wees.

    Net so kan ek nie loop en sameswerings bestraf wat nie daar is nie. Daar moet n sameswering wees en wanneer daar een is, kan ek dit aanspreek.

    DIE GEWELD BY JOU HUIS

    Wanneer jy en jou man of vrou saamstaan, kan julle enige bedreiging wat teen julle huis gemik is, verpletter.
    Mark 11:23 Want, voorwaar Ek s vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg s: Hef jou op en werp jou in die seeen nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy s, sal gebeurhy sal verkry net wat hy s.

    Jy het geen powers nie. Jy is net die tuinslang wat die water na die plant neem. (MB. Brink) Ons is tot alles in staat deur Christus wat ons krag gee. (Paulus)
    Wanneer ons bid, gesels ons met ons Vader en wanneer ons met Hom gesels, het ons n ander benadering.

    Mat 6:5 En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek s vir julle dat hulle hul loon weg het.
    Mat 6:6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
    Mat 6:7 En as julle bid, gebruik nie n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.
    Mat 6:8 Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.

  2. #2

    dankie Lukas

    yip jy moet maar meer tyd aan ons mensies spandeer, baie dankie

    dit laat my terug dink aan ons eerste rooftog by die huis, ek het gebid Vader maak die manne blind vergeewe hulle want hulle weet nie wat hulle hier kom maak nie...

    binne sekeodes het die 4 omgedraai en weg gery asof daar niks verkeerd was nie

    die skok later was toe ons geen sluitels of sellfoon of enige manier het om van die buite werld te laat weet wat met ons gebeur het ..jy voel magteloos staan by jiu eie huis en kan net mooi niks doen nie. behalwe dat jou gebed jou beslis van grusaame omstandigheede gered het

  3. #3
    Hallo Lukas, kom ons begin by Angus Buchan. Ek kon nog niks fout vind met hom, vandat hy begin evangeliseer het nie. Kyk almal het foute, en hy ook. Maar in prinsiep is Angus mooi kind van die Here. Wanneer hy vra vir 1Miljoen mense om saam te kom, glo ek hy het gehoor by Vader, en dit nie uit sy duim gesuig nie.
    1 miljoen teenoor 90 miljoen bevolking is seker nie te groot nie.

    Na jou vraag, oor ons outoriteit. Ja God gee vir ons mag en wapens om satan te weerstaan, dis heelteml korrek. Maar leef almal met skoon hande of gaan daar goetertjies agter die gordyne aan?? Sal ons ooit weet?
    Myself as voorbeeld was een op tyd diaken gewees en saam dominee huisbesoeke gedoen, in voorste ry op kerkbanke gesit, maar was die grootste sondaar in dardie tyd. Niemand het daarvn geweet nie, behalwe ek en God. Hoogheilig maar tog ongered en sondaar van formaat.
    Vandag as weergebore kind vn die Here gaan dit vir my oor met skoon hande leef, en veral in wat ek nou doen as evangelis. Geen vatplek vir satn nie, en ek maak oorlog in die gees elke dag om satan te weerstaan.

    Bloedlynvloeke in generasie bloedlyne. Baie omstrede onderwerp. Moet ons nie ook daarna kyk nie? Siektes, aanvalle, dood, ens.

    In prinsiep stem ek met jou saam dat mense nie weet wat hul outoriteit is in Christus nie, en dis n probleem.
    Die Byble s nie verniet: weerstaan satan en hy sal vn jou wegvlug nie.
    Dis oorlog in die gees. Skiet jy eenkeer en koes duisend keer, OF skiet jy in die gees duisend keer en satn koes? Die satan moet weet wie en wat jy is in Christus.

    Jy kies n baie moeilike onderwerp wat nie so maklik verduidelik kan word nie , maar dis mooi uiteengesit. Daar is nie net resep vir alml nie, en God werk individueel met elkeen van ons.... Maar die basics is daar.

  4. #4
    Bid ons reg?
    1Ti 2:1 In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir ALLE mense;
    1Ti 2:2 vir konings en ALMAL wat hooggeplaas is, SODAT ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.
    1Ti 2:3 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,
    1Ti 2:4 wat wil h dat ALLE mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.
    1Ti 2:5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,
    1Ti 2:6 wat Homself gegee het as ‘n losprys VIR ALMAL, as die getuienis op die regte tyd,
    1Ti 2:7 waartoe ek aangestel is as ‘n prediker en apostel—ek s die waarheid in Christus, ek lieg nie—’n leraar VAN DIE HEIDENE in geloof en waarheid.
    1Ti 2:8 Ek wil dan h dat die manne op ELKE plek moet bid en heilige hande ophef SONDER toorn en twis.



    Ken ons ons outoriteit?
    Eph 6:10 Eindelik, my broeders, word kragtig IN die Here en IN die krag van SY sterkte.
    Eph 6:11 Trek die VOLLE wapenrusting van God aan, SODAT julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
    Eph 6:12 Want ons worstelstryd is NIE teen vlees en bloed nie, MAAR teen die owerhede, teen die magte, teen die wreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
    Eph 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, SODAT julle WEERSTAND kan bied IN DIE DAG VAN ONHEIL en, nadat julle alles volbring het, STAANDE kan bly.




    Skoon hande voor God?
    Jas 4:7 ONDERWERP julle dan aan God; WEERSTAAN die duiwel, en hy SAL van julle wegvlug.
    Jas 4:8 Nader tot God, en Hy SAL tot julle nader. REINIG DIE HANDE, julle sondaars, en SUIWER die harte, julle DUBBELHARTIGES!




    Net ‘n paar gedagtes..., om n paar op te noem.

    Baie meer inligting op my webtuiste hieronder:
    http://battleready.co.za/site/battle...onal-services/

    http://battleready.co.za/site/spiritual-mapping/

    http://battleready.co.za/site/clean-hands/

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •