Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
+ Reply to Thread
Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 10 of 24

Thread: Lang afstand radio komunikasie

  1. #1

    Lang afstand radio komunikasie

    Is daar enige radio amateurs onder ons geledere?

    Ons wil graag 'n radio netwerk saamstel van mense regoor die land wat aan die volgende vereistes kan voldoen:

    HF toerusting vir lang afstand koms.
    VHF en UHF vir lokale koms. ( Dit sluit die midband en hoe band in asook die klein handstelletjies wat baie buurtwagte gebruik.)

    Die persone wat HF toerusting het moet verkieslik ook VHF en UHF toerusting he om boodskappe van grondvlak verder te kan versprei.

    Die doel hiervan is om gereed te wees indien die selfoon en telkom sisteme faal

  2. #2
    Dit sal ín goeie idee wees wanneer die radioamteurs ín noodnetwerk het waardeur ín mens die burg B kanale kan bereik.

    Die Burg B radioís is die enigste radioís wat nie deur die moderne sein blekkeerders geaffekteer kan word nie en voorsorg is altyd beter wanneer dit gedoen word wanneer daar nog tyd is om iets te doen.

    Ons weet nou al dat een 13 sleutel wat op die regte plek ín kortsluiting maak, byvoorbeeld die hele Gauteng se selfoon kommunikasie kan stop. Ons sÍ nie dat dit gaan gebeur nie, want ons glo dat die radikale elemente net so van hulle kommunikasie afhanklik is. Tog is die moontlikheid nie uitgesluit dat sekere areas tydelik afgesny kan word nie en dan kan ín alternatiewe metode van inligting oordra, baie waardevol wees.

    Dit sal gaaf wees as die radio amateurs, terwille van voorsorg vir 456 kan antwoord.

  3. #3
    Ek het al so baie oorweeg om n radio amateur te word, want dit klink vir my baie lekker en interessant. Dan gryp ek die leer goed om vir die eksamen te swot en kom net tot die eerste hoofstuk of so. Kan nie onthou nie, lanklaas probeer.

    Maar dan loop ek in n elektroniese muur van vereiste kennis vas. Hulle leer jou die goed, maar ek stel nie in elektronika belang nie en het nie n behoefte om goeters te bou nie. Dus, nes ek die volgende konsep onder die knie het, het ek die eerstes vergeet, want mens kan nie elke dag net dit doen nie. So, dan gee ek maar op.

    Maar steeds wonder ek, waarom noem hulle dit radio amateur en nie elektronika wizz kid nie? Mens sou dink n radio amateur is iemand wat:

    Die wet ken
    Die reels ken
    Aktief deelneem en op hoogte bly van bogenoemde
    Aan n beheerende liggaam behoort en in 'good standing' met daardie liggaam wees wat monitor en bogenoemde beheer en afdwing.

    Ek meen, as toegewyde sport skut word ek toegelaat om met baie gewere te werk, besit en by my te hÍ. Ek moes demonstreer ek ken die wet, die reels, dat ek die wapens kan gebruik en aanwend, dat ek aktief bly en aan die nodige liggaam se vereistes voldoen.

    Ek moet aan al die goed voldoen wat ek genoem het, maar ek hoef nie wapens te kan bou of ammunisie te vervaardig nie. Dit is n voordeel as ek kan, want dit gaan my geld spaar. Maar steeds koop ek die materiale wat ek nodig het. Ek hoef nie MP200 of elke ander kruit te kan meng nie, ek hoef nie slagdoppies te kan maak nie, ek hoef nie doppies te maak of punte vir die patrone nie. Al daai goed koop ek.

    Ek verstaan jy moet kennis hÍ van hoe jou toerusting werk, om dit effektief aan te wend. Jy moet die regte radio koop vir die regte doel, jy moet die regte antenna kan bou vir die regte doel. Maar dit kan jy mos leer soos jy dit nodig kry? Waarom moet jy elke soort kan bou wat daar is? Jy gaan waarskynlik die ding klaar gemaak koop en net aanmekaar sit.

    So, ek sal graag wil hoor waarom moet ek n elektroniese ingenieur wees voor ek n radio amateur kan word?

    En dan het ek ander observasies. Ek ken n paar radio amateurs. Hulle is nie aktief nie, sal glad nie op die ingewing van die oomblik toerusting of antenae kan bou nie, beskik lankal nie meer oor die elektroniese vermoens nie. Ja, met die regte handleidings sal hulle kan, maar selfs ek sal dit met handleidings kan doen. Ek dink julle kan sien waarheen ek hiermee mik en gaan nie uitbrei nie, die manne gaan net vir my kwaad word.

    Eintlik vra ek maar net, ek verstaan nie en kan iemand verduidelik?

  4. #4
    472 ek wil jou graag antwoord en ek hoop ek slaag daarin om jou gemoed bietjie ligter te maak.

    Elke man soen sy vrou of meisie op sy eie manier, en ek het begrip daarvoor dat jy nie graag jou eie goed wil bou nie, Vir my is dit weer lekker om dit te kan doen.

    Dit is ook nie 'n vereiste om goed te kan bou nie, jy kan alles koop. Maar dit sal baie frustrasies spaar as jy darem 'n draad kan las, soldeer en toedraai met isoleerband.

    Die tegniese of elektroniese gedeelte is egter baie elementer en iemand wat std 8 wetenskap gehad het behoort dit maklik onder die knie te kry. Jy moet darem weet wat is 'n geleier, wat is 'n weerstand en so 'n paar berekenings kan doen. Jy moet darem kan uitwerk wat die golflengte is van 'n radiogolf van bv 7.100 MHZ. Dit is egter deel van die eksamen wat jy moet slaag.

    Net soos 'n toegewyde sportskut, ( ek is 'n lid van SAPSA) moet jy die wette, reels, prosedures en regulasies ken. Die beheer liggaam is die SARL wat staan vir die Suid Afrikaanse Radio Liga. Hulle reel eksamens, bepaal die reels en skakel met ICASA. Hulle skakel ook met al die internasionale radio instansies en bepaal die frekwensies wat dit vir jou moontlik maak om met iemand in Europa of enige deel van die wereld te praat.

    Wanneer jy jou eksamen geslaag het en jou lisensie gekry het, mag jy 'n onbeperkte hoeveelheid radios besit. 'n Gewone persoon moet 'n lisensie vir elke radio wat hy besit kry en dan R42 per radio per jaar betaal vir gewone VHF en UHF radios. As hy 'n HF radio wil he gaan dit hom R 4000 per radio per jaar kos. Dit is die HF radio wat gebruik word vir lang afstand praat.

    Die eksamen bestaan uit 3 dele:
    1. Die regulasies en prosedures wat ook die wetsaspekte insluit.
    2. Tegniese teorie of elektronika soos jy dit noem
    3. 'n Praktiese toets waar jy aan die eksaminator moet kan bewys dat jy jou radio aan 'n kragbron en antenna kan koppel en waartydens jy dan ook jou eerste kontak sal maak met 'n ander radio stasie.

    Die kostes daaraan verbonde is R 500.00. Dit sluit jou eksamenfooi, eerste jaar of gedeelte van die jaar se lisensiegeld en SARL lidmaatskap in.
    Eksamens word in Mei en Oktober van elke jaar gedoen. Die lisensie geld vir 'n amateur is R137 per jaar en jy kan 'n onbeperkte aantal radios oor die hele spektrum besit.

    Ek hoop dit beantwoord jou vrae. Gooi maar as daar nog iets is wat jou pla.
    Last edited by 456; 04-28-2017 at 02:22 PM.

  5. #5
    South Africa cancels 2,100 Ham Radio licences
    in QRZ Now 23 aprile 2017 1,917 Visite

    South Africaís ICASA has cancelled 2,100 Amateur Radio licenses, believed to be more than 1/3rd of the total, for non-payment of licence fees

    SARL News reports:

    At the quarterly SARL/ICASA Liaison meeting held this week, ICASA confirmed that 2 100 amateur radio licenses were cancelled for non-payment of licence fees. Over the past few months, the League has reminded radio amateurs in news bulletins, newsflashes and on the web to ensure that their license payment are up to date. In December, last year the League sent e-mails to members who were in arrears and whose licenses were about to be cancelled. This week another 143 members were e-mailed again.

    ICASA sends invoices at the beginning of each year but many do not reach their destination, often caused by licensees not updating their addresses. The regulations are clear that the responsibility to pay the annual fee is on the licensee and that ICASA is under no obligation to take responsibility for non-delivery of invoices.

    To check if you license was cancelled call the League Office on 011 675 2393 between 09:00 and 12:00. If your licence was cancelled and you did make payment, please send copies of the payment to [email protected]. If ICASA was at fault, they will reinstate the license. In all other cases, radio amateurs will have to reapply for a license.
    A Bunch of people who never owned slaves apologise to a bunch of people who were never slaves

  6. #6
    Ja ICASA is so deurmekaar soos enige ander staats instansie, kyk na die vuurwapen wet debakel.

  7. #7
    Jaaa Swaar! Ek verstaan, skop maar teen die prikkels. Ek kan darem daai eenvoudige goed doen en die teorie verstaan ek soos ek deur dit werk, maar die retensie is maar moeilik. En dit is my punt. 90% van radio amateurs gaan daai toets pluk as hy dit skielik moet skryf. Maar genoeg daarvan, dit is hoe die lewe is.

    Nou wonder ek, bestaan daar n voltydse kursus wat jy kan doen net voor die eksamen, waar jy alles in die voorafgaande weke swot en klasloop, net aan dit werk, voltyds, en na die afloop die eksamen skryf terwyl dit vars in jou geheue is? Met instrukteur die works. Hoe lank sal dit neem vir so n kursus? As dit n week of twee is, kan mens seker n plan maak om daar te gaan bly vir die tydperk, die geld uit te lÍ en jy het jou lisensie lewenslank, solank jy elke jaar betaal?

    Ek het nogal simpatie met die ouens wat vergeet om te betaal. Ek het my een drank lisensie so verloor. Mens kry die 'reminder' in November en dit moet voor die einde Desember betaal wees. Ek het nie die reminder gekry nie en toe ek in Januarie wakker skrik, toe is dit tickets. Geen verskoning, pleit of redenasie help nie. Hy is gekanseleer en jy moet voor begin. Klink of ICAASA bietjie meer geduld het, maar so stel mens mos maar uit, soos die geduld meer word...

  8. #8
    472 ek is nie bewus van 'n voltydse kursus nie. Daar mag dalk moontlik sulke kursusse wees wat deur sommige van die radioklubs gegee word. In watter deel van die land is jy?

    Sodra jy geregistreer het vir die eksamen, kan jy egter by 'n website registreer waar jy voorbeelde van die eksamen vraestelle aanlyn kan invul en dan onmiddelik jou uitslae kry. Jy kan 'n onbeperkte hoeveelheid van die vraestelle invul. Jy sien die vraag en dan soek jy in die boek die regte antwoord en kliek op dit. Dit is wat my die eksamen laat slaag het.

    Die vraesstel is 'n veelkeuse vraestel, so jy merk net die regte antwoord. Jy het net nodig om jou naam ens te skryf.

  9. #9
    Quote Originally Posted by 456 View Post
    Sodra jy geregistreer het vir die eksamen, kan jy egter by 'n website registreer waar jy voorbeelde van die eksamen vraestelle aanlyn kan invul en dan onmiddelik jou uitslae kry. Jy kan 'n onbeperkte hoeveelheid van die vraestelle invul. Jy sien die vraag en dan soek jy in die boek die regte antwoord en kliek op dit. Dit is wat my die eksamen laat slaag het.

    Die vraesstel is 'n veelkeuse vraestel, so jy merk net die regte antwoord. Jy het net nodig om jou naam ens te skryf.
    Dit nie geweet nie. Ek sal maar, as daar weer n stil tyd in my lewe kom, weer daarna kyk.

    Klerksdorp.

  10. #10
    In Klerksdorp is die Noordwes radio klub asook die Klerksdorp Radio klub. Ek kan hulle besonderhede vir jou deurgee

+ Reply to Thread
Page 1 of 3 123 LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •