Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
+ Reply to Thread
Page 2 of 3 FirstFirst 123 LastLast
Results 11 to 20 of 24

Thread: Lang afstand radio komunikasie

  • Thread Tools
  • Rate This Thread
  • Display
  1. #11
    Quote Originally Posted by 456 View Post
    In Klerksdorp is die Noordwes radio klub asook die Klerksdorp Radio klub. Ek kan hulle besonderhede vir jou deurgee
    Dankie, maar nie nodig nie, ek ken van die ouens.

  2. #12
    Ek weet niks van radios af nie. Nadat ons kommunikasieloos gelaat is toe Vodacom vir 5 dae aan hulle toring gewerk het, het ek besef hoe hulpeloos mens kan wees sonder kommunikasie. Die toring bedien al die netwerke in die omgewing so dit help nie eers om te skuif MTN toe nie. En ons is nie lus vir Telkom nie.

    So my vrae is:
    1. Waar kry mens die Burg B radios?
    2. Is dit verskriklik duur?
    3. Hoe ver kan mens met dit werk? Word dit deur afstand beperk of iets?

    Byvoorbaat dank

  3. #13
    510 Om jou vrae te beantwoord.
    1. Die meeste radio handelaars behoort jou te kan voorsien van die radios. Burg B is nie 'n radio nie maar is kanale wat op spesifieadieke frekwensies, op radios wat werk tussen 66 en 88 Megahertz. Dit val binne die VHF (very high frequensie) band en staan ook bekend as midband radios.
    2. Hulle pryse wissel tussen R3600 en R 4900 per radio. Handelsmerke wat goeie kwaliteit is, is Anytone, Kirisun en RTS en hulle voldoen aan ICASA se vereistes. Saam met die radio het jy antennas nodig. Jy het ook n kragbron nodig. Handelaars sal vir jou n volledige kwotasie kan gee. Hulle sal jou ook behulpsaam wees om n lisensie te kry. Die antenna vir n voertuig verskil van die antenna vir n basis radio maar kan ook dieselfde wees. Vir n voertuig gebruik jy die voeruig se batery. Vir die basis stel gaan jy n kragbron nodig kry. Dit kan ook n batery wees met n batery laaier of sonpaneel.
    3. Die afstand word deur baie faktore bepaal. Die vernaamste faktor is die tipe antenna en die hoogte van die grond af van die antenna. Ander faktore is die krag uitset van die radio en die terrein waarin jy is, baie berge en geboue ens het n invloed omdat hierdie tipe radios basies "line of site" radios is. My antenna is op n mas wat 16 meter hoog is, en ek het al met n persoon in Ermelo gepraat van my af. Dit is n afstand van 170 km soos die kraai vlieg.

    Ek hoop dit help en dit was n groot plesier.
    Last edited by 456; 05-04-2017 at 09:12 PM.

  4. #14
    Hoe werk die Burg B lisensie ding? Hoef jy nie n radio amateur te wees nie? Bepaal jou lisensie op watter kanaal jy kan praat en luister? Die plaaswag gebruik dit. Wat en wie se toestemming het jy nodig om op daardie kanaal te praat en luister?

  5. #15
    Jy het nie nodig om n radio amateur te wees om radios te besit wat die burg b kanale op het nie. Streng gesproke moet jy n lisensie he vir burg b. Jy betaal R210 aansoekfooi en daarna R100 n jaar. Dit klink nie of daar n beperking is op die hoeveelheid radios nie. Dit is volgens ons plaaslike radio handelaar. Die beste gaan wees om met jou naaste handelaar te skakel

  6. #16
    Daar is nogal redelike "bargains" tekry - mens moet net bietjie soek. Ek dink ek gaan ook weer bietjie met myne karring..

    http://www.ananzi.co.za/ads/stuff/cb...th-africa.html



    Inligting in die forum https://mybroadband.co.za/vb/showthr...381-CB-Radio-s

    En die 4X4 ouens is nogal stout oor CB radios. http://www.4x4community.co.za/forum/...-s-for-Dummies

    The South African Radio League http://www.sarl.org.za/

    Hoop dit help so bietjie..

  7. #17
    CB radios werk op 27 MHz en dit is AM radios. Hulle kraguitset is in die meeste gevalle onder 10 watt. Dit word omtrent nie meer gebruik nie en daarom sal dit nie werk vir plaaswagte en buurtwagte nie. Die midband radios wat werk tussen 66 en 88 MHz en wat FM radios is, word baie deur boere gebruik. As jy die burg b kanale daarop het kan jy amper landswyd met iemand praat.

  8. #18
    Al die praat van CB radios maak my deurmekaar. Dit het mos niks met Burg B te doen nie, is ek reg?

  9. #19
    Quote Originally Posted by 472 View Post
    Al die praat van CB radios maak my deurmekaar. Dit het mos niks met Burg B te doen nie, is ek reg?
    So ver ek dit verstaan is burgerband radio en CB radios dieselfde ding.
    in USA noem hulle dit CB en in SA noem hulle dit B band.

    caholt.

  10. #20
    Die CB is 25MHz. Dit het n baie kort golf en kan baie ver praat. Burg B radios is 67 MHz. Op die vlakte kan die met gemak tot 7o Km plaat meer met behulp van herleiers, kan jy die hele land vol praat.

    Die 67 MHz is n baie stil radio en kan baie ander funksies aanlas soos om jou posisie vir ander lede te verduidelik.
    Last edited by Lukas; 05-11-2017 at 05:12 PM.

+ Reply to Thread
Page 2 of 3 FirstFirst 123 LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •