Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
+ Reply to Thread
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 15

Thread: Natural gas vehicles - nuwe trend

  1. #1

    Natural gas vehicles - nuwe trend

    Gister in Pretoria sien ek n nuwe petrolstasie, NGV, waar motors, trokke, ens kan loop op Natuurlike Gas. Soos ek verstaan teiken hul nou die taxi mark, en installasies is verniet om om te skkel , vir taxis. Soos ek verstaan kan jou kar nogsteeds op altwee brandstof werk, NGV of petrol, jy druk net n knoppie. Glo R 9 per liter vir NGV.

    https://en.m.wikipedia.org/wiki/Natural_gas_vehicle

  2. #2
    n vriend van my ry hulle gas aan. Hulle is al n rukkie aan die gang en begin uitbrei.
    Meestal Pretoria , maar as jy n groot vloot het sit hulle n tenk by jou perseel op en target ander besighede in jou area om n stasie te regverdig.

  3. #3
    Unregistered
    Guest

    Gas- en petrol voertuie

    Quote Originally Posted by marais View Post
    n vriend van my ry hulle gas aan. Hulle is al n rukkie aan die gang en begin uitbrei.
    Meestal Pretoria , maar as jy n groot vloot het sit hulle n tenk by jou perseel op en target ander besighede in jou area om n stasie te regverdig.
    Huidig kan jy slegs petrolaangedrewe voertuie omskakel om op gas te loop. Die voertuie met 'n konvensionele vergasser is die maklikste om oor te skakel. Petrolvoertuie wat van inspuiters gebruik maak dink ek het 'n "aanpassing" nodig. Nie seker wat nie.

    Gas as brandstof was in die Kaapstad en omgewing lank in gebruik as brandstof vir petrolvoertuie. Die regering het dit agtergekom en die gasprys toe gekoppel met die petrolprys. Gas se prys het toe aansienlik gestyg.

    Gas se energiewaarde is minder as die van petrol en gevolglik gebruik jy meer liter per kilometer gas as petrol. Aan die einde van die dag is die brandstofverbruik 'n baie klein bietjie goedkoper met gas as met petrol.

    Die groot voordeel van die aanwending van gas is dat die enjin baie skoner in die suiers brand as petrol en dus 'n langer enjinlewe tot gevolg het. Die nadeel is dat jy minder krag (kilowats) beskikbaar het om die voertuig aan te dryf. 'n Plek soos Pretoria en Johannesburg lewer nog minder krag vanwe hulle hoogte bo seespiel.

    Ek het destyds die somme gedoen en kon 'n omsettingstel met gastenk, beheerklep ensomeer teen 'n baie billike prys vanuit Kaapstad aankoop. Alles in ag genome sou dit my nie baat nie en het ddie oorskakeling laat staan.

    Waarheidsoeker.

  4. #4
    Die spesifieke maatskappy doen n conversion op diesels, veral trokke en hulle reken die ouens het groot besparings.

    Ek het egter nie self dit ondersoek nie en dra maar oor wat ek gehoor het.

    Groete

  5. #5
    Unregistered
    Guest
    Quote Originally Posted by marais View Post
    Die spesifieke maatskappy doen n conversion op diesels, veral trokke en hulle reken die ouens het groot besparings.

    Ek het egter nie self dit ondersoek nie en dra maar oor wat ek gehoor het.

    Groete
    Soos ek ook verstaan, target die maatskappy taxi's, en meeste is diesel

  6. #6
    Unregistered
    Guest

    Toevoeging van LPG

    Quote Originally Posted by marais View Post
    Die spesifieke maatskappy doen n conversion op diesels, veral trokke en hulle reken die ouens het groot besparings.

    Ek het egter nie self dit ondersoek nie en dra maar oor wat ek gehoor het.

    Groete
    Vir dieselenjins om op natuurlike gas (LPG) alleenlik te loop is nie moontlik nie. Wanneer natuurlike gas in die inlaatspruitstuk bygevoeg word gaan dit beslis meehelp in die besparing van diesel brandstof. Hierdie beginsel is al baie oud. Destyds is biogas vanaf gasifiers gebruik om brandstof (diesel) te bespaar. Daar is ook n persoon wat die metaangas afkomstig van hoendermis gebruik om n krag op te wek deur middel van n dieselenjin. Hy het sy eie gadget gebou vir die vermenging van metaangas met lug wat dan deur die inlaatspruitstuk na die suiers gevoer word. Ek het n vermoede die tyd van ontsteking moet ook verstel word. LPG-gas is n mengsel van verskillende koolwaterstof verbindings en is hoogs plofbaar. Diesel ontbrand onder ho druk en gebruik gevolglik nie vonkproppe nie. Sou die lugmengsel gemeng word met LPG gas (liquid petroleum gas) is dit hoogs plofbaar en ontbrand dan saam met die diesel sproei se ontbranding wat as vonkprop dien. Die kragslag van die suier is dan meer kragtig as die van dieselbrandstof alleenlik. Vandaar dan ook die besparing.

  7. #7
    Quote Originally Posted by Unregistered View Post
    Vir dieselenjins om op natuurlike gas (LPG) alleenlik te loop is nie moontlik nie. Wanneer natuurlike gas in die inlaatspruitstuk bygevoeg word gaan dit beslis meehelp in die besparing van diesel brandstof. Hierdie beginsel is al baie “oud”. Destyds is biogas vanaf “gasifiers” gebruik om brandstof (diesel) te bespaar. Daar is ook ‘n persoon wat die metaangas afkomstig van hoendermis gebruik om ‘n krag op te wek deur middel van ‘n dieselenjin. Hy het sy eie “gadget” gebou vir die vermenging van metaangas met lug wat dan deur die inlaatspruitstuk na die suiers gevoer word. Ek het ‘n vermoede die tyd van ontsteking moet ook verstel word. LPG-gas is ‘n mengsel van verskillende koolwaterstof verbindings en is hoogs plofbaar. Diesel ontbrand onder ho druk en gebruik gevolglik nie vonkproppe nie. Sou die lugmengsel gemeng word met LPG gas (liquid petroleum gas) is dit hoogs plofbaar en ontbrand dan saam met die diesel sproei se ontbranding wat as “vonkprop” dien. Die kragslag van die suier is dan meer kragtig as die van dieselbrandstof alleenlik. Vandaar dan ook die besparing.
    Mooi gestel

    Ek verwonder my maar net of die lewensduur van so 'n aangepaste enjin nie dalkies verkort word nie. Met die hor "ontploffing" dwing mens eintlik meer wringkrag uit die motor en dus meer "stress" op al die laers en boute wat die spul aanmekaar hou. Indien jou ontploffing hor / groter is si jou kompressie verhouding ook verander en is daar dan ook meer "stress" op die top-boute. Die "combustion chambers" is ook vir my 'n punt waar die hor ontbranding temperatuur oor tyd probleme kan veroorsaak - en meer so as die pomp-tyd nie perfek gestel is nie. Diesel enjins is nogal baie robuuste eenhede, maar klein goedjies kan groot skade veroorsaak.

    Die plan mag dalk goed wees vir ouer tegnologie maar die nuwer "common rail" en enjins soos Merc en BMW ens mag dalk gladnie van die ombouing hou nie. Persoonlik sou ek nie my voertuig as proefkonyn gebruik alvoorens die goed nie deeglik getoets is nie.

    LW - Bostaande is maar net 'n opinie en is nie op enige tegniese toetse gegrond nie.

  8. #8
    Unregistered
    Guest

    Toevoeging van vloeiibare petroleumgas

    Quote Originally Posted by 524 View Post

    Vroer jare toe vergassers in petrolangedrewe voertuie nog aan die orde van die dag was, was die gebruik van verskillende oktaangetal petrol by die kus en byvoorbeeld by Johannesburg verskillend. Sou n mens in Johannesburg bly en jy ry kus toe moes jy n hor oktaan petrol aldaar ingooi. Dit het meegehelp dat die pinggeluid, veroorsaak deur voorafonsteking, skade in die enjin help voorkom. Met die koms van gerekenariseerde brandstofinspuiters vir petrol en dieselenjins is nie net beter brandstofverbruik verkry nie maar het die rekenaar ook die lugdruk in ag geneem en die ontstekingstyd dienooreenkomstig aangepas. Dit het voorafonsteking heeltemal uitgeskakel. Indien die rekenaar egter nie die regte terugvoer van die inspuiters kry nie kan dinge nogal lelik skeefloop.

    Dieselenjins is baie sterk gebou vanwe hulle aanwending (ruwe terrein) en hul hor kompressieverhoudings. Ou statiese dieselenjins en veral ou trekkerenjins se dieselpompe (meganies) moet versigtig gestel word (tyd) om behoorlike ontbranding te verseker. Sou di uitgestel wees sal onvolledige ontbranding die gevolg wees en is swart rook by die uitlaatpyp sigbaar. Nog meer so as die lading op die enjin verhoog word (versnelling ensomeer).

    Deur vloeibare petroleumgas tot n dieselenjin se inlaatspruitstuk toe te voeg kan dit suksesvol gemplimenteer word indien die rekenaar (moderne enjins) se module dienooreenkomstig geprogrameer word. Sodoende kan voorkom word dat te veel gas in die ontbrandingkamers inkom en die kragslag dienooreenkomstig aangepas word. Indien n spiraalvormige vloeigang in die inlaatspruitstuk aangebring word sal dit die afgemete gas (deur die rekenaar of module en met behulp van n sensor) deeglik vermeng voordat dit die ontbrandingskamer binnegaan. Die kragslag sal nie skadelk wees nie. Effektiwiteit word egter verkry deurdat die diesel beter en skoner verbrand met n aanvaarbare kragslag. Die voordele is dus meer as die van die konvensionele diesel ontbranding.

    Die vraag is egter of die verbeterde werkverrigting en skoner (langerlewende enjin) finansieel geregverdig is wanneer die addisionele koste van gas in ag geneem word. n Verdere vraag is die kwessie van veiligheid, die plasing van die gassilinder en die ruimte wat dit in beslag neem. Voorsiening van gas op geskikte plekke sal aanvanklik ook n rol speel.
    Ouer dieselenjins sal egter met omsigtigheid benader moet word. Statiese enjins moontlik makliker as die van byvoorbeeld groot werktuie soos stootskrapers ensomeer.

    Waarheidsoeker.

  9. #9
    Ek self het n paar trokkies, maar die ouer geslag en maak my eie diesel van plastiek en olie deur pyrolysis.
    Die van julle wat boer kan dit gerus ondersoek want my finale produk kos my so R3 per liter en ek gebruik dit suksesvol op my ou ADE engines en selfs in my commonrail bakkie.

    So as als die fan tref kan ek darm nog bietjie beweeg sonder om afhanklik van garages te wees.

  10. #10
    Unregistered
    Guest
    Quote Originally Posted by marais View Post
    Ek self het n paar trokkies, maar die ouer geslag en maak my eie diesel van plastiek en olie deur pyrolysis.
    Die van julle wat boer kan dit gerus ondersoek want my finale produk kos my so R3 per liter en ek gebruik dit suksesvol op my ou ADE engines en selfs in my commonrail bakkie.

    So as als die fan tref kan ek darm nog bietjie beweeg sonder om afhanklik van garages te wees.
    Hallo Marais. Vertel bietjie meer van jou aanleg. Kan dit waar wees? Ek kan verstaan dat die aanleg dit miskien vir 3 rand per liter maak, maar wat van die res? Vervoerkoste van rou materiaal, aanlegkoste?? Laat weet bietjie....

+ Reply to Thread
Page 1 of 2 12 LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •