Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
+ Reply to Thread
Results 1 to 3 of 3

Thread: Hoe dink ons oor ons veiligheid?

  1. #1

    Hoe dink ons oor ons veiligheid?

    Ek staan verstom hoe mense derduisende Rande op goed kan spandeer wat vir hulle geen voorkomingswaarde gee nie.

    En wat die reaktiewe waarde betref. Dit is nou wanneer goed reeds gebeur het om na die tyd iets daaraan te doen. Daar staan ek net so verstom om te sien hoeveel mense aan kamera sisteme spandeer waarvan die pixels so min is dat jy skaars ’n mens van ’n boom op die skerm kan onderskei.

    En dan wonder ek weer. Hoe waardeer ons ons lewens.


    Click image for larger version. 

Name:	Fransie.jpg 
Views:	20 
Size:	81.8 KB 
ID:	3458



    Vroeg in hierdie week was ’n jong pa van Ottosdal in ’n motorongeluk. Die outjie is ’n yster en hy is vir die gemeenskap se veiligheid ’n groot aanwins omdat hy, wanneer daar probleme is, nie omgee hoe laat dit is en hoe lank dit hom gaan besig hou nie. Hy sal sy hond vat en spore volg en enige ding doen wat kan help om misdaad in sy gemeenskap minder te maak.

    Maar soos ek s . Hy is jonk. Sy kinders is klein en hy werk dat dit bars om self ’n lewe te maak. Hierdie week was hy in ’n lelike ongeluk. Dit het die nooddienste 3 ure geneem om hom uit sy voertuig te kry. Daarna moes hy Hospitaal toe en toe?

    Toe hy na die volgende hospitaal moes gaan, weier die hospitaal om hom te ontvang, voor hy nie ’n 100 duisend Rand as deposito kon neersit nie. Hy is in ’n koma, sy bankrekening het nie naastenby die geld nie en hierdie deposito is net die begin.

    Sy rekening sal uiteindelik tussen 500 en 700 duisend Rand draai. Ek sal later die rekening nommer gee waar mense met fondse kan help.

    Maar voor ek dit doen wil ek net h dat jy een keer hieroor moet dink. Wanneer jy in ’n plaasaanval of ’n huis-roof geskiet word, is dit waarna jy gaan kyk. Jou mediese fonds gaan nie die hele slag absorbeer nie.

    Ons sien die laaste tyd meer en meer dat ’n man en sy vrou en in sommige gevalle, ook dat die kinders geskiet en verkrag word.

    Hoeveel kos dit dan?

    En ons wil baie geld op goed spandeer wat vir ons geen waarborg gee dat ons nie aangeval sal word nie.

    Ons wil geld spandeer aan goed wat aan ons valse hoop skep?

    Kan jou sekuriteit wat jy vandag het, jou van so ’n ongeluk vrywaar? Het jy die 2 miljoen Rand om jou gesin se hospitaalkoste te dek en dan het jy nie eers ’n waarborg dat hulle dit gaan oorleef nie?

    Hoe redeneer ons?

    Dink jy regtig dat jou uiters goeie verhouding met alle ander rasse jou van so ’n ongeluk kan vrywaar? As jy so dink leef jy in ’n ander wreld en het ek vir jou ’n groot verrassing. Hoe mooier jou verhoudings hoe wreder die uitkoms.

    Nie een van ons is gevrywaar dat ons en ons gesin nie een of ander tyd geteiken gaan word nie. Wat doen ek om voorkomend te wees?

    En wat doen jy wat voorkomend sal wees?

    Hoe goed kan jou kamera afneem en gaan dit ’n aanval voorkom?
    Hoe veilig is jou heining? Dink jy regtig dat jou heining jou en jou gesin gaan beveilig?

    Hoe lyk die veiligheid in en om jou huis? Gaan dit regtig ’n ongeluk voorkom ?

    -------------------------------------------------------------------------------
    Hierdie jong man offer sy lewe elke dag vir ander mense se veiligheid op. Hy kry nie betaling vir wat hy doen nie en hy het nou ’n groot terugslag ervaar.

    Hier is sy storie en kyk tog of jy nie iets vir hom kan doen nie.
    -------------------------------

    25/5/2017
    FRANS HUGO
    8:00

    UPDATE vanaf Jenny van Vuuren.

    Ek was by Fransie!!Hy is op ventilator en onder sedasie!! Geen been is gebreek! Slegs sy sleutelbeen, linker arm en vinger! Dokters het agv hart en longe wat hul bekommer het slegs sy linker gebreekte arm geopereer en vinger gespalk asook sensor in brein geplaas wat bloeding en swelling monitor!! Sy ribbes is gekraak! Lewer gekneus! Die swelling op die brein het gesak!! Sy polsslag is baie beter ! Sy bloeddruk pla omdat medikasie verander! Dokters is tevrede met sy vordering! Hy is steeds kritiek maar as hy so bly verbeter beplan hul om hom dalk Vrydag of Saterdag by te bring en ventilator af te haal!! Madeleine en sy ouers is so dankbaar vir al die oproepe, besoeke, bydraes en gebede!! God is Groot Alle eer aan HOM!!

    Bydraes vir Fransie kan in die volgende rekening van Ottosdal Boere Unie betaal word:
    Ottosdal Brandforum
    FNB tjek
    Rek no: 62427176541
    Takkode: 240938
    Sit jou naam op & ‘F-Hugo’ as verwysing.

    Boere-unie d.m.v. Lizette Scoltz & Jenny Janse van Vuuren sal fondse administrateur.
    Vir navrae oor die fondse, skakel
    Lizette Sholtz by 079 804 1090 of 018 571 0104 (Boere Unie nommer, nie altyd beman)
    Of
    Paul du Plessis by 082 944 0446
    ----------------------------------------------------------

    Hierdie jong man verdien ons hulp want hy offer sy lewe vir ons op. Wat doen ons in ons gemeenskap om in tye van nood ook hierdie tipe hulp te verwag?
    Last edited by Lukas; 05-25-2017 at 03:10 PM.

  2. #2
    Hier is nou weer ' nuwe plan..


  3. #3
    Dit is nie die eerste keer wat hierdie taktiek gebruik word nie. EK het in die verlede al gesien hoe hierdie dooies die verkeer onderskat en dan doodgery word. Hierdie ou het n veilige kans gewaag, en die vrou was baie skerp.

    Mooi werk

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •