Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 20

Thread: The Enemies we face

  1. #1

    The Enemies we face

    https://www.youtube.com/watch?v=LZoleQVsCEE

    Gaan kyk gerus na die vier videos van Derek Prince - baie insiggewend! Ons woon in 'n land wat leef en beef op voorvader geeste en toordokters...

  2. #2
    Baie dankie vir die.

  3. #3
    Ons grootste probleem is seker dat ons die Woord lees, maar nie verstaan wat ons lees nie. Wat dink julle word bedoel met "ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die magte en kragte in die lug"?

    Ek dink dat dit presies net mooi dit beteken wat dit s. Hier gaan ons almal tekere oor verskille tussen rasse en sulke goed terwyl die fisiese eintlik net mooi niks met alles uit te waai het nie.

    In plaas daarvan om dus oor Godegeskape eienskappe soos ras te baklei, trek eerder elke dag die volle wapenrusting aan en raak aktief betrokke by die geestelike oorlog ... DIT is uiteindelik waar die geveg gewen of verloor gaan word.

  4. #4
    Net so. Alles wat in die fisieke realm gebeur, het sy ontstaan in die geestelikke.

    Die grootste les wat ek uit hierdie 4 uur lange video geleer het, is die wat oor Vas gaan. Ek het nooit in my lewe besef hoe belangrik dit is om te vas nie. Dit is dan ook waarvoor ek dankie ges het. Ek het in die NG Kerk groot geword en soos julle weet, speel vas nie n rol in daardie kerk nie. In elk geval nie in die waar ek was nie. Miskien is dit daar, maar daar word nie daaroor gepraat of gepreek of geleer nie. Dus het ek gister vir die eerste keer in my lewe ge-vas. En ek moet s, dit raak jou op n ander 'level'. Dit het beslis n impak in die geestes wereld, wanneer jy dit om geestelikke rede doen. Ek het nog nooit so iets ervaar in my lewe nie en ek was al op baie dieete. Dit is nie net n geval van voedsel onthouding nie. Dit is werklik n verootmoediging van jou siel voor God. Ek is so opgewonde soos n kind en kan nie wag vir my volgende vas en lesse nie!

    (Matt 6)
    2 Wanneer jy dan liefdadigheid bewys....

    5 En wanneer jy bid....

    16 En wanneer julle vas....

    Hierdie is drie opdragte wat aan ons gegee is en ek het dit nooit verstaan/besef nie. Die eerste twee wel, maar die derde word heeltemal verswyg en tog stel Jesus hulle hier gelyk. Wel, ek kan seker nie s gelyk nie, maar duidelik verwag Hy dat ons al drie sal doen!

    So ook die bybelse betekenis van 'verootmoedig'. Een van die belangrikste metodes om jou voor God te verootmoedig, is om te vas. Ek beveel die videos van Derek Prince wat handel oor die Vas, ten sterkste aan. Dit is n MOET kyk. Daar is wat net n uur lank is.

    En dan lees ek ook die volgende in n heel ander lig.

    2 Chronicles 7:14
    14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde we, dan sal k uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.




    Bible teaching by Derek Prince. In Matthew, when Jesus says, "When you pray," we all accept that He intends for prayer to be a key part of our life as a Christian. But then how do we respond when Jesus says, "When you fast"? Discover God's mandate to fast—and the benefits and effects connected to it.
    Last edited by 472; 06-15-2017 at 01:53 PM.

  5. #5
    So bly julle kyk na die video - Derek Prince se videos is simplisties en baie insiggewend! Jy kan gerus deur sy videos werk.

    Daar is ook 'n ander persoon wat ek sterk kan aanbeveel: "The Fuel Project" - kyk na

    https://www.youtube.com/watch?v=HDDG...118C8DEDCEB4F0

    "Know your enemy" bestaan uit 77 kort videos wat wissel van 5 min na 10 min elk en jy sal daar ook besondere goeie inligting kry. Baie goeie navorsing en uiteensetting.

    Ons tree is altyd nader aan ons Skepper wanneer ons met opregtheid bly soek na die Waarheid.

  6. #6
    Daar gaan baie mense wees wat vir jou gaan sė - " Moenie vir satan gaan soek agter elke bos nie" . Ek kn verstaan dat ons sekere mense sal kry wat paranoies optree, maar daar moet balans wees ook. Maar kyk bietjie mooi wat ek hier gaan uitwys.....

    Kom ons kyk wat het Jesus gedoen hier op aarde, want Hy is ons voorbeeld:
    1. Hy het sonder sonde geleef, en sy p en ma gehoorsaam, asook Sy hemelse Vader. Dis innerlike oorlog teen satan.
    2. Hy het mense geleer oor verlossing, liefde, die weg, die waarheid en die lewe, gesterf vir ons aan die kruis. Dis teen satan, dis oorlog teen satan se koninkryk.
    3. Hy het siekes gesond gemaak. Dis teen satan se koninkryk, dis oorlog teen satan.
    4. Hy het duiwels en demone uitgedryf. Dis oorlog teen satan se koninkryk.
    5. Hy het dooies opgewek. Dis oorlog teen satan se koninkryk.
    6. Hy het liefde gepreek, geloop, vergifnis beoefen en geloop. Dis oorlog teen satan se koninkryk.
    7. Hy het wonders en teken gedoen, vir ons gewys wat is moontlik as kinders van God as ons glo. Dis oorlog teen satan se koninkryk hier op aarde.

    In opsomming, wat ons hierbo sien, kan jy maar amper sė, dat Jesus spreekworrdelik gesoek het om satan agter elke bos ( geleentheid) te kry, en hom aan te vat in elke sfeer vn die lewe. Dis oorlog.

    En dan laastens het Hy vir ons gesė dat ons Hom moet volg en groter dinge moet gaan doen as Hy, en dis oorlog teen satan en sy vrot koninkryk.

    So nou is die vraag aan elkeen van ons: Soek ons satan agter elke bos ( geleentheid) of ignoreer ons dit en stap verby?
    Soldate van Jesus.....

    Groetnis, Hein

  7. #7
    Quote Originally Posted by 1616 View Post
    Jy kan gerus deur sy videos werk.
    Ons, ek en my vrou, doen! Elke aand n uur se video. Nou ook al die eerste 3 in Laying the Foundation se 10. Baie dankie weereens.
    https://www.youtube.com/watch?v=ZMJ2...AX2Kk2YePSzQJv

    Ons leer en geniet dit vreeslik. Ook om te vas! Die NG het my nooit geleer om te vas nie!

    Repent (maak n besluit en ommekeer in jou lewe. Dit is nie net vra vir vergifnis nie.)
    dan
    Doop
    dan
    Ontvang die Heilige Gees.

    Ek wag nou al etlike jare om gedoop te word. Jesus moet self vir my die geleentheid skep. Of so glo ek. Ek is dus nog nie gereed nie en probeer meer en meer leer, om die verlangde houding/standaard, te bereik.

    Die sewedaagse advintiste het vir my te veel rels en goed wat jy eers moet doen, voor jy gedoop word. Ek gee nie om, om te leer nie, maar waarom? Ons sien in die Bybel, die Etopir s, daar is water! Wat verhoed dat ek gedoop kan word? Die antwoord, dat jy moet glo Jesus is die Seun van God. Nie, jy moet eers n klomp kursusse doen nie.

  8. #8
    Quote Originally Posted by Hein View Post
    Daar gaan baie mense wees wat vir jou gaan sė - " Moenie vir satan gaan soek agter elke bos nie" . Ek kn verstaan dat ons sekere mense sal kry wat paranoies optree, maar daar moet balans wees ook. Maar kyk bietjie mooi wat ek hier gaan uitwys.....

    Kom ons kyk wat het Jesus gedoen hier op aarde, want Hy is ons voorbeeld:
    1. Hy het sonder sonde geleef, en sy p en ma gehoorsaam, asook Sy hemelse Vader. Dis innerlike oorlog teen satan.
    2. Hy het mense geleer oor verlossing, liefde, die weg, die waarheid en die lewe, gesterf vir ons aan die kruis. Dis teen satan, dis oorlog teen satan se koninkryk.
    3. Hy het siekes gesond gemaak. Dis teen satan se koninkryk, dis oorlog teen satan.
    4. Hy het duiwels en demone uitgedryf. Dis oorlog teen satan se koninkryk.
    5. Hy het dooies opgewek. Dis oorlog teen satan se koninkryk.
    6. Hy het liefde gepreek, geloop, vergifnis beoefen en geloop. Dis oorlog teen satan se koninkryk.
    7. Hy het wonders en teken gedoen, vir ons gewys wat is moontlik as kinders van God as ons glo. Dis oorlog teen satan se koninkryk hier op aarde.

    In opsomming, wat ons hierbo sien, kan jy maar amper sė, dat Jesus spreekworrdelik gesoek het om satan agter elke bos ( geleentheid) te kry, en hom aan te vat in elke sfeer vn die lewe. Dis oorlog.

    En dan laastens het Hy vir ons gesė dat ons Hom moet volg en groter dinge moet gaan doen as Hy, en dis oorlog teen satan en sy vrot koninkryk.

    So nou is die vraag aan elkeen van ons: Soek ons satan agter elke bos ( geleentheid) of ignoreer ons dit en stap verby?
    Soldate van Jesus.....

    Groetnis, Hein
    Hein, toe ek begin lees, het ek gedink jy gaan weer afskiet. Maar teen die einde, stem ons saam. Ons is in n oorlog, ons veg n oorlog in Sy 'weermag'. Om net die wapenrusting aan te trek, doen dit nie. Jy moet die geveg betree! Geen soldaat het daardie wapenrusting aangetrek en net daar bly staan nie. Dit is mos sinneloos?

  9. #9
    Chris, bly ons stem saam.

    Jou woorde:
    Ek wag nou al etlike jare om gedoop te word. Jesus moet self vir my die geleentheid skep. Of so glo ek. Ek is dus nog nie gereed nie en probeer meer en meer leer, om die verlangde houding/standaard, te bereik.

    Die sewedaagse advintiste het vir my te veel rels en goed wat jy eers moet doen, voor jy gedoop word. Ek gee nie om, om te leer nie, maar waarom? Ons sien in die Bybel, die Etopir s, daar is water! Wat verhoed dat ek gedoop kan word? Die antwoord, dat jy moet glo Jesus is die Seun van God. Nie, jy moet eers n klomp kursusse doen nie.


    Waarvoor wag jy? Die Apostels kon nie wag dat weergebore geesvervulde kinders (voorheen heidene) van God, hul laat doop nie, en dadelik soontoe gegaan om die doop-daad te doen. Jesus is gedoop, dis ook Sy opdrag aan ons. Dus kry 'n geesvervulde pastoor en gaan doop jou. Stem saam, geen kursus of ding nie, net belydenis dat jy weergebore is, dis al.

    Sien uit en gaan doen dit!

  10. #10
    ... en groter dinge moet gaan doen as Hy ...
    Hierdie is seker tans een van my grootste worstelvraagstukke ... waarom kan ek (ons?) dit nie doen nie.

    Ek sien Maandag 'n vriend van my by die dokter. Hy was die jeugouderling by wie ek in Witrivier oorgeneeem het vir so 'n paar jaar. Hy is net sowat drie jaar ouer as ek (53) en hy is met Altzheimers gediagnoseer. Ek kon nie glo hoe hy al sukkel om te gesels nie en die dokter s vir my hy gaan vinnig agteruit.

    My hele wese wou vir hom bid, maar ek is al te veel in die verlede "gebrand" ... waar l die fout en hoe werk ek deur dit?

Page 1 of 2 12 LastLast

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •