S415

Mat 13:58 En Hy het daar vanweŽ hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie.

As gevolg van hul ongeloof. By ons volkie is dit baie keer eerder as gevolg van ons bygeloof.

'n Eenvoudige voorbeeld is iets soos: "Siektes en swaarkry sal altyd daar wees". Mense glo dit, hulle spreek dit en ons beleef dit, tog weet ons dit is nie God se plan vir Sy skepping nie. Solank mense dit glo sal dit egter so wees. Soms is ons hande, net soos Jesus sin afgekap as gevolg van mense se ongeloof. Dan kan ons God se woord saai, ons kan bemoedig, ons kan help en ondersteun, maar sonder geloof sal daar nie wonderwerke wees nie.
Ek en jy kan niks daaraan verander nie dit is vir elkeen volgens sy geloof.

Chris