Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
+ Reply to Thread
Results 1 to 3 of 3

Thread: Grondonteiening en dr Pieter Groenewald se toespraak in die parlement

  1. #1

    Grondonteiening en dr Pieter Groenewald se toespraak in die parlement

    http://www.netwerk24.com/Nuus/Politi...g-lei-20170613


    Dié onteiening ‘kan tot burgeroorlog lei’
    Deur Philda Essop 13 Junie 2017 20:45


    ’n Waarskuwing deur dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, aan die EFF dat hul herhaaldelike oproepe vir grondonteiening sonder vergoeding tot ’n burgeroorlog kan lei, het Dinsdag ’n beroering in die Nasionale Vergadering veroorsaak.

    “As julle ’n burgeroorlog wil hê, doen dit,” het hy in ’n debat oor die versnelling van grondhervorming gesê.

    Hy het in sy toespraak gesê grond gaan die hooftema in die 2019-verkiesing wees aangesien daar ’n kompetisie tussen die ANC en EFF is oor aan wie hulle die meeste beloftes oor grond kan maak.

    “As enigiemand in Suid-Afrika dink dat hulle die grond kan onteien sonder vergoeding, leef hulle in ’n droom. Laat ek dit volmondig stel, as jy ’n burgeroorlog in Suid-Afrika wil begin, doen dit. Doen dit.”

    Politieke partye het hom gekap.

    Floyd Shivambu, onderleier van die EFF, het opgespring en gesê Groenewald kan nie met burgeroorlog dreig nie.

    “Dit is onparlementêr om met burgeroorlog te dreig. Moenie dreig nie. Jy weet niks van oorlog af nie.”

    Grace Boroto, raadsvoorsitter, het aan Groenewald gesê sy uitspraak is onparlementêr.

    Groenewald het Shivambu aangeraai om mooi te luister. “Ek het gesê as julle daarmee voortgaan, sal dit . . . ”

    Groenewald het ook vir die EFF gesê hulle moet nog leer oor oorlog wat hy reeds vergeet het.

    Shivambu het beswaar gemaak dat Groenewald “weer met oorlog dreig”.

    Boroto het gesê sy sal advies kry oor Groenewald se uitlatings.

    Thomas Walters, DA-LP, het in sy spreekbeurt gesê hy hoop geen politieke party probeer stemme werf deur “populistiese oorlogspraatjies” nie. “Dit is goedkoop en onverantwoordelik.”

    Jeremy Cronin, adjunkminister van openbare werke, het aan Groenewald, wat intussen die raadsaal verlaat het, gesê die grondkwessie is met reg ’n diep emosionele kwessie.

    “Ek dink dit is iets wat wit Suid-Afrikaners, of jy verregs of rooi soos ek is, moet waardeer en verstaan.”

    Sibusiso Mncwabe, NFP-LP, wat die debat aangevra het, het aan Groenewald gesê hy moet “wedergebore word”.

    “Jy kan nie hierheen kom en sê ons vra vir ’n burgeroorlog nie. Ons voorvaders het vir die grond gesterf. As jy praat van burgeroorlog, is ons nie bang nie. Ons is gereed. Ons moet agbare lede daaraan herinner dat ons op en af in die gange van mag beweeg, maar (weens die feit) dat ons nog nie aandag gegee het aan die grondkwessie nie, huil die bloed en beendere van ons voorvaders steeds.”

  2. #2
    En dis die dwases van die BLF beweging....


    BLF acknowledges the Truck Driver who interrupted #BlackMonday

    Posted on October 31, 2017 by Black First Land First


    Black First Land First (BLF) acknowledges the revolutionary act of the truck driver who, yesterday, rammed into a settler colonialist racist protest of Afriforum, Democratic Alliance (DA) and white monopoly capital (WMC).

    Such an act shows that our people will not fold their arms when those who stole our land look down upon us, abuse us and undermine our very existence.



    The truck driver’s actions, intension not withstanding, are revolutionary in themself.

    We salute the driver and insist that he must be protected, he was just doing the work of God.

    Izwelethu

    #LandorDeath

    ISSUED BY THE NATIONAL COORDINATING COMMITTEE OF THE BLACK FIRST LAND FIRST MOVEMENT (BLF NCC)

    ------------------------------------------------------------------------

    We have resolved to struggle for our liberation by any means necessary! Black people in South Africa (SA) are not liberated. Black people in Africa are not liberated. Black people in the world are not liberated. In 1994 in South Africa, whites gave black people the vote and kept the land and the wealth. This is what white people have been doing across the world and that is how they have kept us in bondage. Now we have decided that we want more than just the vote – first and foremost, we demand our land back and we are prepared to fight for it by any means necessary!

    The bones of our ancestors are crying out for land. They are not resting in peace. The bones of Sikhukhune, Shaka, Nyabela, Hintsa, Moshweshwe, Cetshwayo, Nghunghunyane are calling for land now! The spirit of Bambatha, Sobukwe, Biko, Mantatise, Nzinga, Nehanda cry over the centuries across the African continent for land to be returned! It is the land that gives us life and when we die it’s the land that takes care of our bodies. Without land we are nothing! With land we are everything! That is why we must be black first through getting the land first!



    Landlessness has put black people at the bottom of everything in our society. All solutions which do not start with land are false solutions. The problems black people have today are all centered on the land question. Up to now, all the political parties have been apologetic about who owns this land. All are reluctant to say ALL THE LAND IN WHITE HANDS IS STOLEN LAND! All the land of South Africa belongs to black people.

  3. #3
    Wat nou gebeur is maar net wat ek die afgelope 11 jaar vir julle probeer verduidelik. Nou dat dit begin gebeur, help dit nie om emosioneel te word nie. Dit word nou tyd om juis nie emosioneel te wees nie, en om die regte besluite te maak.

    Die hef aan le nou voor en van volgende jaar af sal ons moet wakker word.

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •