-
akska2
n Muis loer deur ‘n kraak in die muur
van die plaashuis en sien dat die boer
en sy vrou besig is om ‘n pakkie oop te maak.
Hy wonder wat se kos daar dalk in die pakkie kan
wees. Met skok sien hy dat dit ‘n muisvalletjie is!
Hy retireer na die plaaswerf
en roep ‘n waarskuwing luid uit:
“Daar is ‘n muisvalletjie in die huis!
Daar is ‘n muisvalletjie in die huis!”
Die hoenderhaan het gekloek,
in die grond gekrap, sy kop opgelig en gesê:
“ Mnr muis, ek besef dat jy baie besorg hieroor is,
maar dit raak my glad nie”.
Die muis draai toe na die vark en vertel hom:
“Daar is ‘n muisvalletjie in die huis!
Daar is ‘n muisvalletjie in die huis.
Die vark het ook met die arme muis
gesimpatiseer en gesê:
“Ongelukkig kan ek niks daaraan doen nie,
maar ek sal bid. Wees verseker, jy is in my
gebede.”
Die muis draai hierna na die koei en sê:
“Daar is ‘n muisvalletjie in die huis!
Daar is ‘n muisvalletjie in die huis!”
Die koei reageer toe as volg:
Haai mnr muis, ek is so jammer vir jou,
maar dit raak my gelukkig nie.”
Die muis het hierna, met geboë hoof
en neerslagtig teruggekeer na die huis
om die boer se muisvalletjie te weerstaan_
alleen, stoksiel alleen!
Dieselfde nag kon ‘n geluid
deur die hele huis gehoor word –
die geluid van ‘n muisvalletjie wat sy prooi gevang
het!
Die boer se vrou het gehardloop
om te sien wat die valletjie gevang het.
In die donker het sy nie gesien
dat dit ‘n giftige slang se stert was
wat in die slagyster gevang is nie.
Die slang het die boer se vrou gepik!
Die boer het haar na die hospitaal gehaas
Met haar terugkoms by die huis
het sy nog koors gehad.
Almal weet dat mens koors
met vars hoendersop behandel.
Die boer het by die huis uitgestap met sy
handbyltjie.
om die hoof bestanddeel van die sop te gaan haal.
Maar die boervrou se siekte het voortgeduur.
Vriende en die bure het die hele dag
en nag by haar bed gewaak.
Om kos vir hulle voor te sit het die boer die vark
geslag.
Maar helaas! Die boervrou
het nie gesond geword nie. Sy het gesterf.
Baie mense het vir die begrafnis gekom.
Die boer het die koei geslag om vir almal vleis te
kon gee.
Die muis het deur die kraak in die muur
alles met groot droefheid gade geslaan.
So, die volgende keer wanneer jy hoor
dat iemand ‘n probleem het
en jy dink dat dit jou nie regtig aangaan nie,
onthou …..
Wanneer een van ons bedreig word,
is almal van ons in gevaar.
Ons is almal betrokke in hierdie tog
wat “lewe” genoem word.
Ons moet ons oë oophou vir mekaar
en ‘n ekstra poging aanwend om mekaar te
bemoedig
ONTHOU! ELKEEN VAN ONS
IS ‘N DRAAD IN DIE TAPESERIE
VAN ANDER MENSE.
ONS LEWENS IS AAN MEKAAR GEWEEF VIR ‘N REDE.
Een van die beste dinge om aan vas te hou in
hierdie wêreld is ‘n VRIEND
-
Posting Permissions
- You may post new threads
- You may post replies
- You may post attachments
- You may not edit your posts
-
Forum Rules