Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
+ Reply to Thread
Results 1 to 2 of 2

Thread: akska2

  • Thread Tools
  • Rate This Thread
  • Display
  1. #1

    akska2

    n Muis loer deur n kraak in die muur
    van die plaashuis en sien dat die boer
    en sy vrou besig is om n pakkie oop te maak.
    Hy wonder wat se kos daar dalk in die pakkie kan
    wees. Met skok sien hy dat dit n muisvalletjie is!
    Hy retireer na die plaaswerf
    en roep n waarskuwing luid uit:
    Daar is n muisvalletjie in die huis!
    Daar is n muisvalletjie in die huis!
    Die hoenderhaan het gekloek,
    in die grond gekrap, sy kop opgelig en ges:
    Mnr muis, ek besef dat jy baie besorg hieroor is,
    maar dit raak my glad nie.
    Die muis draai toe na die vark en vertel hom:
    Daar is n muisvalletjie in die huis!
    Daar is n muisvalletjie in die huis.
    Die vark het ook met die arme muis
    gesimpatiseer en ges:
    Ongelukkig kan ek niks daaraan doen nie,
    maar ek sal bid. Wees verseker, jy is in my
    gebede.
    Die muis draai hierna na die koei en s:
    Daar is n muisvalletjie in die huis!
    Daar is n muisvalletjie in die huis!
    Die koei reageer toe as volg:
    Haai mnr muis, ek is so jammer vir jou,
    maar dit raak my gelukkig nie.
    Die muis het hierna, met gebo hoof
    en neerslagtig teruggekeer na die huis
    om die boer se muisvalletjie te weerstaan_
    alleen, stoksiel alleen!
    Dieselfde nag kon n geluid
    deur die hele huis gehoor word
    die geluid van n muisvalletjie wat sy prooi gevang
    het!
    Die boer se vrou het gehardloop
    om te sien wat die valletjie gevang het.
    In die donker het sy nie gesien
    dat dit n giftige slang se stert was
    wat in die slagyster gevang is nie.
    Die slang het die boer se vrou gepik!
    Die boer het haar na die hospitaal gehaas
    Met haar terugkoms by die huis
    het sy nog koors gehad.
    Almal weet dat mens koors
    met vars hoendersop behandel.
    Die boer het by die huis uitgestap met sy
    handbyltjie.
    om die hoof bestanddeel van die sop te gaan haal.
    Maar die boervrou se siekte het voortgeduur.
    Vriende en die bure het die hele dag
    en nag by haar bed gewaak.
    Om kos vir hulle voor te sit het die boer die vark
    geslag.
    Maar helaas! Die boervrou
    het nie gesond geword nie. Sy het gesterf.
    Baie mense het vir die begrafnis gekom.
    Die boer het die koei geslag om vir almal vleis te
    kon gee.
    Die muis het deur die kraak in die muur
    alles met groot droefheid gade geslaan.
    So, die volgende keer wanneer jy hoor
    dat iemand n probleem het
    en jy dink dat dit jou nie regtig aangaan nie,
    onthou ..
    Wanneer een van ons bedreig word,
    is almal van ons in gevaar.
    Ons is almal betrokke in hierdie tog
    wat lewe genoem word.
    Ons moet ons o oophou vir mekaar
    en n ekstra poging aanwend om mekaar te
    bemoedig
    ONTHOU! ELKEEN VAN ONS
    IS N DRAAD IN DIE TAPESERIE
    VAN ANDER MENSE.
    ONS LEWENS IS AAN MEKAAR GEWEEF VIR N REDE.
    Een van die beste dinge om aan vas te hou in
    hierdie wreld is n VRIEND

  2. #2

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •