Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 7 of 14 FirstFirst ... 56789 ... LastLast
Results 61 to 70 of 136

Thread: Openbaringe / Revelation

  1. #61
    Jy is heeltemal reg Chris, en slaan die spyker op die kop..., ek wil nie meer deelneem aan jou nuutgevonde opinie nie. Jy is heeltemal korrek dat ek myself weer gaan onttrek, totdat daar weer iets sinvols opkom, wat bespreek kan word.

    Gee my die voordeel van jou twyfel, dat ek die een was wat jou probeer help het, en aangehou het ten spyte daarvan dat jy aangehou het met jou preterist futurist geloofsoortuiging, en nog vele ander goed. Maande en maande het ek tyd aan jou gespandeer, en ek glo dat meeste mense al na die 3rde keer sou moed opgee met jou.
    Ek is nou daar, ek het moed opgegee met jou na maande, en dit mag selfs jare wees as ek aan al die onderwerpe dink. Jy is enig in jou soort wat regtig "weird" goed glo, maar soos ek gese het, dis jou keuse.

    As jy die siening wil inneem dat ek kop uittrek, dan is jy heeltemal reg ek doen. As jy my daarvan wil beskuldig, gaan gerus voort.

    Weereens, geniet jou reis, jy is op jou eie.
    Groetnis.

  2. #62
    Hein
    Ek is nie op my eie nie, nooit nie, my Vader is altyd by my.
    Dis jammer jy reageer elke keer so, maar ek verstaan jou frustrasie. Dis nie lekker as die somme nie klop en die gelofies kom nie bymekaar uit nie.
    As jy egter nugter kyk na wat ek skryf en jou probeer leer sal jy besef dat dit die waarheid is. God is nie n massamoordenaar soos jy beweer nie. Hy lewer nie Sy kinders aan die bose uit nie.
    God my Vader is liefde en elkeen wat Hom ken, weet dit en ervaar dit.

    Chris

  3. #63
    Hein.
    Ek het lank terug nie jou frustasie verstaan met Chris nie , ek verstaan nou.
    Mense wat net bloot wyer om vra te antwoord met teenvrae keer op keer op keer maak mens moeg en tam. Dit is hoekom ek my heeltemal van sy gesprekke ontrek het, lank voor jou.

    Jou geduld verdien erkenning.

  4. #64
    Chris1

    Daar kry jy sowaar ook 'n hou hier van die kant af in. Dis ok, maar ek wil tog vir jou se dat my intensies nie is om mense te frustreer nie. Hoekom wil jy my nou as die vyand uitmaak? Dit is duidelik dat jy nie my of Hein se redenasies gelees het nie. As jy het, sou jy gesien het dat Hein homself in hoek gekry het en nou nie verder kan of wil redeneer nie. Ek kan net raai jou frustrasie en moegheid is oor jy dieselfde gelofie as hy probeer regverdig of is jy nog in 'n krul is omdat ek jou probeer leer het dat jy nie jou kinders kan reg slaan nie en God nie Sy kinders reg straf nie. Ek raai maar.

    Wat ek wel weet is dat ek ook daai gelofies probeer regverdig het, sonder sukses. Ek het gefrustreerd gebly, ek het my moeg gestry oor iets wat iemand my verkeerdelik geleer het. Ek het antwoorde begin soek, ek soek nog, ek kry baie, dis 'n bevrydende ontdekking waarin ek daagliks al meer van my Vader leer en al meer van Hom hou.

    In my entoesiasme om my nuwe kennis, wat dalk vir party ou nuus is met ander mense te deel maak ek foute. Daarvoor vra ek onvoorwaardelik om verskoning, dit is nie my bedoeling nie.

    God is liefde, Hy wil vir Sy kinders net die beste gee, beter as enige aardse vader, wanneer mense my Vader dan beskuldig van bose dade, verraderlike planne en satans komplotte probeer ek om mense te oortuig dat dit nie God se plan vir Sy kinders is nie. Ek voel dis die regte ding om te doen. Jy en Hein blykbaar nie. Ek verstaan dit nie, maar dit is elkeen se keuse, God dwing,straf of manipuleer niemand om vir Hom lief te wees of 'n verhouding met Hom te he nie, dis elkeen se keuse.

    Ek het nie al die antwoorde nie, maar ek weet dat die wereld, sommige media, kerke en organisasies mense se persepsie van God negatief beinvloed. Dit het baie subtiel begin, maar vandag word dit openlik van preekstoele af verkondig en God se kinders word mislei. As jy vra het wat ek nie beantwoord het nie vrae asb weer, as ek kan antwoord ek.

    Chris

  5. #65
    Ek groet julle in Jesus Naam.

    Preterism
    is kettery en enigeen wat dit verkondig is 'n ketter! Apostel Paulus het ons gewaarsku oor di vals lering. Kom ons kyk wat s God se woord!

    L jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
    Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,
    en hulle woord sal voortwoeker soos n kanker, onder wie daar Himens en Filtus is,
    wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle s dat die opstanding al plaasgevind het
    ; en hulle keer die geloof van sommige om.
    ~II Tim 2:15-18 (AFR53)
    En ek lees 454 s iets van Jesus wat praat van "binnekort", maar het jy dan vergeet 454, dat een dag by die Here soos 'n duisend jaar is en 'n duisend jaar soos een dag.

    Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
    ~II Peter 3:8
    Jesus Is My Ros
    Ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie,
    want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo...
    ~Romans 1:16

  6. #66
    En ek lees 454 s iets van Jesus wat praat van "binnekort", maar het jy dan vergeet 454, dat een dag by die Here soos 'n duisend jaar is en 'n duisend jaar soos een dag
    En hier is 'n voorbeeld van dit waarmee ek stoei ...

    Veral wanneer ons oor tyd praat is baie van ons lief om na hierdie vers te gryp wanneer die tydraamwerk nie mooi uitwerk vir my redenasie nie. Die probleem is dat Jesus op daardie stadium met mense soos ek en jy gepraat het. Hoe sal jy dit verstaan as iemand vir jou s iets gaan binnekort gebeur?

    Moet my nie verkeerd verstaan nie ... toe ek die term Preterism gaan opsoek het, het daaar groot rooi ligte vir my aangegaan oor hulle leer. Wat ons egter nie heeltemal kan wegredeneer nie is dat daar tog ook 'n mate van sin in van hulle redenasies is en hoe uitsprake in die Woord vanuit die Joodse kultuur en tydraamwerk beoordeel kan word.

    Ek dink nie dat een van ons kan stry dat daar gedeeltes is waarmee ons stoei om dit heeltemal verklaar te kry of by ons huidige verstaaan ingepas te kry nie. Vir my is hierdie hele ding 'n proses van groei en ontdekking en net omdat ek dalk op 'n stadium 'n fout maak met die spesefieke paadjie wat ek kies om te volg beteken nie dat ek skielik verlore is en heeel die paad byster geraak het nie.

    Ek dink ons moet mekaar kans gee om te groei en dit sluit in om foute te maak langs die pad want dit is al hoe ons leer ...

  7. #67
    More JST

    Natuurlik kan 'n duisend jaar vir God soos een jaar wees en anders om. God is almagtig dit sal vir Hom wees soos Hy wil. Tog dink ek dat as Jesus vir Sy dissipels iets belangriks wil verduidelik, wat Hy wil he hulle moet verstaan, sal Hy dit in terme doen wat hulle kan verstaan. Wil jy ons nou kom vertel Jesus het Homself weerspreek? Daar staan tog duidelik gou, binnekort, in hierdie geslag. Jy wil nou maak asof dit alles foute is.

    Kom ons dink gou mooi wie is die ketter.

    Sal dit die ou wees wat se God gaan Sy kinders aan die satan uitlewer vir sonde waarvoor Hy hulle reeds vergewe het, of is dit die ou wat se God wat liefde is, het die volle losprys vir almal wat glo se sondes betaal en sal nooit Sy kinders verraai deur hulle aan die satan uit te lewer nie? Maklike vragie antwoord gerus dan gaan ons verder.

    Chris

  8. #68
    S415

    Ek het eers gepost en toe gelees jy het klaar geantwoord. Dankie, ek stem saam met jou.

  9. #69
    God gaan Sy kinders aan die satan uitlewer vir sonde waarvoor Hy hulle reeds vergewe het
    En net hier dink ek is war julle mekaar mis ...

    Ek dink nie dat daar ges word dat ons aan satan uitgelewer gaan word oor sondes waarvoor ons reeds vergewe is nie.

    Soos ek die redenasie verstaan is ons vrygekoop deur Christus vir sondes van die verlede, hede en toekoms. Maar as Christene woon ons steeds in die fisiese wreld en sal dit wat met die wreld gebeur tog ook 'n fisiese impak op God se kinders h wat op daardie staddium in die wreld leef.

    Maar dan kom ons nou weer by die storie oor die eindtyd waaroor ek nog nie in my hart vrede het nie ... ek werk nog daaraaan om die hele ding vir my op te klaar.

    Wat ek wel glo is dat God se beloftes waar is vir elkeen van Sy kinders. Wanneer Hy dan s dat Hy geen siekte of aanval my sal laat bedreig nie dan glo ek dit absoluut. Die vrag is dan weer, nou waarom word ek dan siek en daardie is een van die vrae wat ek besig is om saam met die Woord te probeer uitpluis.

  10. #70
    Quote Originally Posted by S415 View Post
    En net hier dink ek is war julle mekaar mis ...

    Ek dink nie dat daar ges word dat ons aan satan uitgelewer gaan word oor sondes waarvoor ons reeds vergewe is nie.
    S415

    Jy is reg almal se dit nie, tog is dit presies wat mense insinueer wat glo die groot verdrukking van openbaring moet nog plaasvind. Daar is mense wat glo dat, selfs al is hulle wedergebore en is hulle skoongewas deur die bloed van Jesus, kinders van God, geheilig deur hul geloof in Jesus Christus, hulle nog steeds aan die satan/draak/antichris uitgelewer gaan word in die eindtyd.

    Jammer ek moet dit se, maar ek sien dit as 'n verwerping van Jesus se volmaakte offer.

    Chris

Page 7 of 14 FirstFirst ... 56789 ... LastLast

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •