Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 7 of 7 FirstFirst ... 567
Results 61 to 64 of 64

Thread: Openbaringe / Revelation

  1. #61
    Jy is heeltemal reg Chris, en slaan die spyker op die kop..., ek wil nie meer deelneem aan jou nuutgevonde opinie nie. Jy is heeltemal korrek dat ek myself weer gaan onttrek, totdat daar weer iets sinvols opkom, wat bespreek kan word.

    Gee my die voordeel van jou twyfel, dat ek die een was wat jou probeer help het, en aangehou het ten spyte daarvan dat jy aangehou het met jou preterist futurist geloofsoortuiging, en nog vele ander goed. Maande en maande het ek tyd aan jou gespandeer, en ek glo dat meeste mense al na die 3rde keer sou moed opgee met jou.
    Ek is nou daar, ek het moed opgegee met jou na maande, en dit mag selfs jare wees as ek aan al die onderwerpe dink. Jy is enig in jou soort wat regtig "weird" goed glo, maar soos ek gese het, dis jou keuse.

    As jy die siening wil inneem dat ek kop uittrek, dan is jy heeltemal reg ek doen. As jy my daarvan wil beskuldig, gaan gerus voort.

    Weereens, geniet jou reis, jy is op jou eie.
    Groetnis.

  2. #62
    Hein
    Ek is nie op my eie nie, nooit nie, my Vader is altyd by my.
    Dis jammer jy reageer elke keer so, maar ek verstaan jou frustrasie. Dis nie lekker as die somme nie klop en die gelofies kom nie bymekaar uit nie.
    As jy egter nugter kyk na wat ek skryf en jou probeer leer sal jy besef dat dit die waarheid is. God is nie n massamoordenaar soos jy beweer nie. Hy lewer nie Sy kinders aan die bose uit nie.
    God my Vader is liefde en elkeen wat Hom ken, weet dit en ervaar dit.

    Chris

  3. #63
    Hein.
    Ek het lank terug nie jou frustasie verstaan met Chris nie , ek verstaan nou.
    Mense wat net bloot wyer om vra te antwoord met teenvrae keer op keer op keer maak mens moeg en tam. Dit is hoekom ek my heeltemal van sy gesprekke ontrek het, lank voor jou.

    Jou geduld verdien erkenning.

  4. #64
    Chris1

    Daar kry jy sowaar ook 'n hou hier van die kant af in. Dis ok, maar ek wil tog vir jou se dat my intensies nie is om mense te frustreer nie. Hoekom wil jy my nou as die vyand uitmaak? Dit is duidelik dat jy nie my of Hein se redenasies gelees het nie. As jy het, sou jy gesien het dat Hein homself in hoek gekry het en nou nie verder kan of wil redeneer nie. Ek kan net raai jou frustrasie en moegheid is oor jy dieselfde gelofie as hy probeer regverdig of is jy nog in 'n krul is omdat ek jou probeer leer het dat jy nie jou kinders kan reg slaan nie en God nie Sy kinders reg straf nie. Ek raai maar.

    Wat ek wel weet is dat ek ook daai gelofies probeer regverdig het, sonder sukses. Ek het gefrustreerd gebly, ek het my moeg gestry oor iets wat iemand my verkeerdelik geleer het. Ek het antwoorde begin soek, ek soek nog, ek kry baie, dis 'n bevrydende ontdekking waarin ek daagliks al meer van my Vader leer en al meer van Hom hou.

    In my entoesiasme om my nuwe kennis, wat dalk vir party ou nuus is met ander mense te deel maak ek foute. Daarvoor vra ek onvoorwaardelik om verskoning, dit is nie my bedoeling nie.

    God is liefde, Hy wil vir Sy kinders net die beste gee, beter as enige aardse vader, wanneer mense my Vader dan beskuldig van bose dade, verraderlike planne en satans komplotte probeer ek om mense te oortuig dat dit nie God se plan vir Sy kinders is nie. Ek voel dis die regte ding om te doen. Jy en Hein blykbaar nie. Ek verstaan dit nie, maar dit is elkeen se keuse, God dwing,straf of manipuleer niemand om vir Hom lief te wees of 'n verhouding met Hom te he nie, dis elkeen se keuse.

    Ek het nie al die antwoorde nie, maar ek weet dat die wereld, sommige media, kerke en organisasies mense se persepsie van God negatief beinvloed. Dit het baie subtiel begin, maar vandag word dit openlik van preekstoele af verkondig en God se kinders word mislei. As jy vra het wat ek nie beantwoord het nie vrae asb weer, as ek kan antwoord ek.

    Chris

Page 7 of 7 FirstFirst ... 567

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •