Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 14 of 14 FirstFirst ... 4121314
Results 131 to 136 of 136

Thread: Openbaringe / Revelation

  1. #131
    Hein

    Jy is nou weer in 'n hoek so ek vermoed jy sal soos altyd, bietjie ondergronds gaan. Sterkte, maar dit is onnodig.

    Jy se dit is ek wat nie lees nie, wat nie wil verstaan nie. Kyk na die eenvoudige sin van AW en verduidelik vir my hoe kan ek dit verkeerd verstaan.

    "If itís good, itís God. If itís bad, itís the devil."

    Verduidelik vir my, ander lesers, jouself en God almagtig, hoe kan jy saamstem(in konteks) dat alles wat goed is van God kom en alles wat sleg is van satan. Dan in die selfde asem vir ons se dat, God Sy oordeel oor ons gaan uitgiet, miljoene onthoof gaan word, die dier oor ons gaan heers. Dat God Sy kinders so gaan reg straf tot almal vir Hom lief is. Dit is kranksinnig Hein. Bekeer van hierdie siek bygeloof van jou en in hemelsnaam hou op om dit te preek!

    Chris

  2. #132
    Eenvoudig Chris,

    Straf wat insluit bestraffing, tugtiging en kasty (wanneer ek verval as kind van God en begin sondig) is vir my en jou baie goed. Inderwaarheid is dit uitstekend. Dis liefde! Dit kom van bo. Dit kom van God af. Lees maar weer Hebr 12

  3. #133
    Hein

    So nou wil jy ons kom vertel tsunamis is 'n goeie ding?
    Plaasmoorde is 'n goeie ding?
    Miljoene christene wat se koppe afgekap word is 'n goeie ding?
    Die boere wat verdruk word is 'n goeie ding?
    Misdaad wat kinders van God uitmergel is 'n goeie ding?
    Vloede, moorde, siektes, plae en enige ander ellende vir die mens is 'n goeie ding, want dit is deel van God sy fyn uitgewerkte meesterplan om Sy kinders te straf?

    God wat liefde is gaan Sy kinders nou met geweld in Sy koninkryk inslaan?

    Jy weet dit is bog Hein. Bekeer, gaan op kniee, vra vergifnis en begin oor. Jy is besig om die koninkryk skade te doen. Gaan begin weer lees waar ons met die begin het, kyk hoeveel keer jy al jou gewete moes verkrag. Hoeveel keer jy God van die bose se werk beskuldig het.

    Kyk weer na jou voorbeeld van die man wat tronk toe gaan. Dink jy die man is al een wat nou kastig gestraf word? Wat van sy vrou wat nou nie die huis paaiemente kan betaal nie, die vrou moet gaan hoer vir broodgeld, sy het van niks geweet nie, onskuldig. Hul dogtertjie wat nou koud en honger gaan slaap? Is dit hoe jy jou Vader sien straf uitdeel? Nee Hein, dit is vieslik. Ek begin dink jy kolf vir die ander span.

    Kom ek probeer van 'n ander hoek af.

    Glo jy nog steeds dat alles wat op aarde gebeur God se wil is?

    Chris

  4. #134
    Ek dink ek het redelik genoeg met jou geredeneer Chris. Oor en oor. Dis mos dudielik dat ons nie sal saamstem, omrede jy nie die Woord kan lees nie. So daarom dan verskil ons en los dit nou daar.

    Dis duidelik dat jy glad nie kan onderskei tussen:
    1. Die satan se aanvalle op kinders van God of andere,
    2. Moedswillige ongehoorsame ongeredde sondaar mense,
    3. God se kinders wat gestraf (bestraf, tugtig, kasty) word deur God, om ons op die pad te hou nie. Hebr 12.

    So ek gaan nie verder stry met iemand wat homself MOEDSWILLIG dwaas wil hou nie, en dwase redenasies en vragies HEELDAG rondgooi nie.
    2Ti 4:3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, Ek gee geleentheid vir ander om met jou heeldag te stry oor jou strikvragies.

    Dis finaal, dis klaar, dis genoeg.

    Geniet jou reis en mag Heilgie Gees jou help.

  5. #135

  6. #136
    Hein

    Jy is reg ek kan nie onderskei nie want ek hoef nie, ek weet My Vader sal my nooit verraai nie, ek weet my Vader wil my oorvloedig seen en beskerm ek weet my Vader is genadig en reken my sondes nie, Hy wil nie daaraan herinner word nie.

    Kom Hein verduidelik jy vir ons die verskil. Wanneer is 'n plaasaanval God se wil, wanneer laat God toe dat Sy kinders verkrag en vermoor word? Wanneer beveel Hy die satan om dit te doen? Wanneer straf Hy, Sy kinders so. Verduidelik asb. Jy kan nie en sal nie. Jy sal soos 'n lafaard agter jou onbybelse, satans geloof vasklou. Jy kan nie Hein want dan moet jy erken God is altyd goed en dit sal jy nie kan doen nie,want dan kan jy God nie meer blameer vir al jou ellende en teleurstellings nie.

    Kom Hein verduidelik vir my wat glad nie kan verstaan of onderskei hoe ek moet onderskei, wanneer die satan moor, roof en steel of wanneer God roof, moor en steel. Kom Hein ek daag jou. Ek sal graag wil sien tot op watter uiterste jy hierdie laster van jou wil vat.

    Chris

Page 14 of 14 FirstFirst ... 4121314

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •