Hein
Dis rerig jou keuse of jy dit kyk of nie. Hy het die kennis, jy kort dit, besluit self. Dit is maar 'n uitdaging wat leke predikers het, hulle het die salwing maar kort kennis. Die volk gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis.
Jou poging om verby die binnekort te kom is nie geslaag nie Hein, die nuwe afrikaanse vertaling spel dit mooi duidelik uit.
Rev 1:1 Wat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar. God het die openbaring oor wat binnekort moet gebeur, vir Hom gegee om aan sy dienaars bekend te maak. Jesus het toe sy engel gestuur om sy dienaar Johannes dit alles te laat sien.
Rev 1:2 Johannes is die getuie van wat God gesê en wat Jesus Christus bevestig het; hy getuig van alles wat hy gesien het.
Rev 1:3 Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.
Gaan gou weer terug na vers 3 Hein, jy mis dit. "Die eindtyd is naby." Watter eindtyd? Die einde van die ou verbond, daardie tyd is verby. Ons kan tog sekerlik nie na 2000 jaar nog dink dis naby nie. Dit is verby Hein, in dieselfde geslag as wat Jesus voorspel het dit sal gebeur.
Verder word dit bevestig in:
Rev 22:10 Verder sê hy vir my: “Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby.
Die Eindtyd is naby, hier staan nie die verdrukking gaan gou (7jaar) verby soos jy beweer nie.
In Openb1 staan, God het die openbaring oor wat binnekort moet gebeur, vir Hom gegee om aan sy dienaars bekend te maak. Wie was die dienaars Hein?
Is ons nog dienaars? Die Bybel se nee ons is nou kinders, erfgename.
Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,
Gal 4:5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
Gal 4:6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!
Gal 4:7 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
Jy sien Hein, Openbaring was vir die volk, dienaars, die onder die wet geskryf. Die ou verbond het bestaan uit seen of straf en Jesus het die dienaars deur Johannes gewaarsku dat die "volheid van die tyd" vir die ou verbond aangebreek het. Die wat Jesus aanvaar is gered die ander is gestraf. Dit was die volk se keuse om onder daardie verbond God te probeer behaag. Dit is geskiedenis, ons die kinders van God staan onder 'n nuwe verbond.
Chris