Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 2 of 3 FirstFirst 123 LastLast
Results 11 to 20 of 21

Thread: Om te wag op die Here ....

  1. #11
    Quote Originally Posted by 454 View Post
    Hein

    Jy se alles wat gebeur is God se raadsplan. Ek probeer vir jou verduidelik dit is nie, dit kan nie wees nie. God het ons as mens ons eie wil gegee, ons het dus 'n opsie om buite God se wil te beweeg. Kinders van God probeer in Sy wil bly, maar ons het n keuse.

    Ek is seker jy sal saamstem dat mense buite God se wil beweeg. Dan is daardie mense mos nie meer deel van God se raadsplan nie en is dit nie God se wil wat geskied nie. Stem ons saam daaroor?

    Chris
    Chris weet jy ek is nie eens lus om jou weer te antwoord nie, want dit is so duidelik dat jy glad nie mooi verstaan nie. Ek het hierdie al oor en oor en oor en oor, en oor en oor verduidelik, keer op keer.

    Kan jy vir eens en vir altyd besef dat God se Raadsplan niks uit te waai het, met of ons kies om binne God se wil optree of nie, NIKS nie! Ons het keuese! Jy is reg. Maar wat ek en jy van Raadsplan in definisie glo, is blybaar hemelsbreed!
    Sy Raadsplan weet VOOURUIT dat jy nie in Sy wil gaan optree nie. Sy Raadsplan WEET VOORUIT dat jy aan die pretrist futurist geloof sou begin vashou, en dit begin glo. God is nie buite beheer as ek en jy verkeerd optree nie. Hy is nie eens verras nie! Sy Raadsplan vir die aarde is reeds vasgestel, en dis presies hoe dit gaan gebeur op die aarde. Wat ek probeer uitwys is dat God alles vooruit weet.
    Nog voordat ek hierdie skrywe gerig het, het God presies geweet wat ek jou gaan antwoord, en Hy weet ook wat jy gaan "reply"

    Ja, jy is reg, dit is nie God se wens dat ons moet afwyk nie, maar dis buite Sy wil hoe jy optree hier op aarde. Maar glo dit, dis in God se Raadsplan opgetrek, oneindige tyd voordat dit gebeur! En dit gaan so gebeur, dit gaan nie verander nie. God is Soewerein bo alles!

    Ek hoop dis duidelik dat my en jou definisie hemelsbreeds verskil.

  2. #12
    Isa 46:9 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;
    Isa 46:10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sÍ: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;

  3. #13
    Hein

    Ek probeer verstaan wat jy vir my se.

    God se raadsplan sluit dus in dat mense buite Sy wil kan beweeg. Jy se mos ons het 'n keuse. Ons het 'n wil van ons eie. God forseer nie Sy wil op ons af nie. Ook nie op mense wat nie Sy kinders is nie.

    Verstaan ek nog reg?

    Chris

  4. #14
    Quote Originally Posted by 454 View Post
    Hein

    Jy se alles wat gebeur is God se raadsplan. Ek probeer vir jou verduidelik dit is nie, dit kan nie wees nie. God het ons as mens ons eie wil gegee, ons het dus 'n opsie om buite God se wil te beweeg. Kinders van God probeer in Sy wil bly, maar ons het n keuse.

    Ek is seker jy sal saamstem dat mense buite God se wil beweeg. Dan is daardie mense mos nie meer deel van God se raadsplan nie en is dit nie God se wil wat geskied nie. Stem ons saam daaroor?

    Chris
    Ons definisie van God se Raadsplan verskil. Dus gaan ek nie weer aanhou herhaal wat ek tevore oor en oor gese het nie.

  5. #15
    Hein
    Wat is jou definisie van God se raadsplan?
    Chris

  6. #16
    Chris, lanklaas gepraat.., ek het jou met respek gese "aspris" nie geantwoord nie, want as jy mooi gelees het sou jy dit opgemerk het.
    Maar ook het ek onlangs 'n boek geskryf wat aantoon dat God Soewerein is, en dit beloof om baie interessant te wees. So ek sal dit later aan jul stuur..,

  7. #17
    Hein

    Ek weet hoekom jy die vrae nie wil beantwoord nie. Jy kan nie. Dit is jou saak, jy kan aanhou vir jouself lieg of bekeer.

    Ek wil jou aanraai om die video hier onder te kyk voor jy jou boekie wat aantoon dat God Soewerein is hier plaas. Dis altyd makliker om iets nie te se, eeder as om jou voet uit jou mond te probeer kry.

    Sterkte.


  8. #18
    Dankie Chris,

    Ek wil net eerstens bly word dat jy na iemand soos Anrew Womack luister, ten minste is dit nie daai Preterist Futurist gemors nie.
    Ek self luister nogal na Andrew, en ek hoor wat hy hier wil se. Al wat hy wil aantoon is dat sekere mense agteroor sit en glad nie hul Godgegewe outoriteit gebruik nie, en se: Laat Gods water oor Gods akker loop". Dis mense wat glad nie opstaan teen die vyand nie...

    As jy mooi geluister het sou jy gehoor het dat Andrew aantoon dat hy glo dat God definitief Soewerein is, maar nie saamstem hoe SEKERE mense dit toepas nie. So daar het jy dit.

    Ek het die boekie klaar geskryf, en dis amper gereed, so ek verander nie dit wat ek van Heilige Gees gekry het nie. Ek hoef ook oor niks te bekeer nie, en jy moet dus asb nie die wa voor die perde inspan nie...

  9. #19
    Hein

    Jy lieg alweer Hein, as jy die video gekyk het sou jy van beter geweet het. Kyk dit gerus klaar. Terwyl jy na die man luister, kyk sommer die ook.



    Chris

  10. #20
    Ag weet jy Chris, jy wil nou alweer begin stry.
    Gaan luister die klankgreep tydstip 1:21

    Ek herhaal my woorde: As jy mooi geluister het sou jy gehoor het dat Andrew aantoon dat hy glo dat God definitief Soewerein is, maar nie saamstem hoe SEKERE mense dit toepas nie.

    En dis presies wat ek verstaan, (hoe sekere mense dit toepas), maar hoe jy dit verstaan mag anders wees. Ek gaan nie verder met jou stry nie.

Page 2 of 3 FirstFirst 123 LastLast

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •