Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 15

Thread: Om te wag op die Here ....

  1. #1

    Om te wag op die Here ....

    Was jy al ooit in 'n possisie van swaarkry, siekte, rowwe omstandighede, verdrukking of lyding?
    Misien sal die volgende boekie wat ek geskryf het vir jou 'n paar antwoorde gee. Lekker lees! Hein

    Wag op die Here.pdf

  2. #2

    lekker lees maar?

    Quote Originally Posted by Hein View Post
    Was jy al ooit in 'n possisie van swaarkry, siekte, rowwe omstandighede, verdrukking of lyding?
    Misien sal die volgende boekie wat ek geskryf het vir jou 'n paar antwoorde gee. Lekker lees! Hein

    Wag op die Here.pdf
    hein weer eens n lekker lees maar ek en so veel ander mense wag nie op die Here nie ons leef saam met hom elke dag? die verskil hier is daar is mense wat hoop en dan is daar mense wat doen...as jy hoop gaan jy niks doen nie...maar as jy die wapen uitrusting aantrek en begin werk aan jou geloof dan lewe jy met en in die Vader

    lekker dag verder

  3. #3
    Hein

    Ek het jou boek gelees en ek het hoop dat jy die bygelofies kan afskud.

    Ek haal aan uit jou boek.

    Glo jy dit? Besef jy dit?
    Maar ek het ook uitgewys wat die testament se naam is YOU ARE SEATED !!!
    Eff 2:6 en SAAM opgewek en SAAM LAAT SIT in die hemele IN Christus Jesus,
    Eff 2:7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in
    goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.
    Eph 2:6 So that we came back from death with Him, AND ARE SEATED with Him in
    the heavens, in Christ Jesus; (BBE)
    Eph 2:6 And hath raised us up together, and made us sit together in heavenly
    places in Christ Jesus: (KJV)
    Die testament praat nie van die toekoms nie, want die Een wat die testament laat skryf het,
    het reeds gesterf hier op aarde. Dis nou beskikbaar aan jou en my wat glo.
    Nie later nie, NOU!
    Nadenke: Het jy al ooit besef dat jy reeds IN CHRISTUS, saam met Christus op die
    troon sit, en kan heers oor satan en sy demone. Jy sit in n plek van GROOT outoriteit, in
    Christus !!!
    God wil h JY AS KIND VAN GOD MOET HEERS!!!
    Jy mag, dis aan jou gegee as erfdeel
    40
    You are SEATED !!!
    --------------------------------------------------------------------


    My vraag is het ons die erfdeel reeds ontvang of kry ons dit eendag in die hiernamaals?

    Chris

  4. #4
    Quote Originally Posted by Nov16 View Post
    hein weer eens n lekker lees maar ek en so veel ander mense wag nie op die Here nie ons leef saam met hom elke dag? die verskil hier is daar is mense wat hoop en dan is daar mense wat doen...as jy hoop gaan jy niks doen nie...maar as jy die wapen uitrusting aantrek en begin werk aan jou geloof dan lewe jy met en in die Vader

    lekker dag verder
    Hallo Nov16. Ek dink ek verstaan wat jy probeer uitwys, dat daar bemoeisiek mense is wat onder die boom sit en wag, maar dis tog nie wat ek in die boekie probeer uitwys het nie, en ek glo jy weet dit.
    Daar is sekere goed wat mens alles probeer het om dit tee te staan, te weerstaan, soos byvoorbeeld siektes, lyding en verdrukking.
    In die boekie het ek dit duidelik gemaak dat ons hier praat van goed wat jy nie self kan doen nie, want dan het jy nie vir God nodig nie.
    Dit gaan oor goed wat buite jou beheer is.

    Op die tweede punt, sal jy met my saamstem het ek telke male gepraat oor om "IN Christus" te wees, met Sy Heilige Gees binne ons. So ek glo nie die boodskap was daar dat ek en jy sonder Heilige Gees is nie.

  5. #5
    Quote Originally Posted by 454 View Post
    Hein

    Ek het jou boek gelees en ek het hoop dat jy die bygelofies kan afskud.

    Ek haal aan uit jou boek.

    Glo jy dit? Besef jy dit?
    Maar ek het ook uitgewys wat die testament se naam is – YOU ARE SEATED !!!
    Eff 2:6 en SAAM opgewek en SAAM LAAT SIT in die hemele IN Christus Jesus,
    Eff 2:7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in
    goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.
    Eph 2:6 So that we came back from death with Him, AND ARE SEATED with Him in
    the heavens, in Christ Jesus; (BBE)
    Eph 2:6 And hath raised us up together, and made us sit together in heavenly
    places in Christ Jesus: (KJV)
    Die testament praat nie van die toekoms nie, want die Een wat die testament laat skryf het,
    het reeds gesterf hier op aarde. Dis nou beskikbaar aan jou en my wat glo.
    Nie later nie, NOU!
    Nadenke: Het jy al ooit besef dat jy reeds IN CHRISTUS, saam met Christus op die
    troon sit, en kan heers oor satan en sy demone. Jy sit in ‘n plek van GROOT outoriteit, in
    Christus !!!
    God wil h JY AS KIND VAN GOD MOET HEERS!!!
    Jy mag, dis aan jou gegee as erfdeel
    40
    You are SEATED !!!
    --------------------------------------------------------------------


    My vraag is het ons die erfdeel reeds ontvang of kry ons dit eendag in die hiernamaals?

    Chris
    beide Chris, beide

  6. #6
    Hein

    So is satan oorwin of nie? Het ons die mag en outoriteit om te heers of nie?

    Chris

  7. #7
    Quote Originally Posted by 454 View Post
    Hein

    So is satan oorwin of nie? Het ons die mag en outoriteit om te heers of nie?

    Chris
    Jesus Christus het satan reeds oorwin. IN Christus het ons die mag gekry om oor satan te heers.

  8. #8
    Dankie Hein ek sien lig.

    Nou, hoekom sien ons dit nie in die wereld nie? As kinders van God die mag het om oor Satan te heers, hoekom sien ons so baie mense wat ly onder satan?

    Chris

  9. #9
    Quote Originally Posted by 454 View Post
    Dankie Hein ek sien lig.

    Nou, hoekom sien ons dit nie in die wereld nie? As kinders van God die mag het om oor Satan te heers, hoekom sien ons so baie mense wat ly onder satan?

    Chris
    Ken ek en jy al die antwoorde Chris, nee ek glo nie...,
    Ek en jy kan nie vandag vir elke kind van God instaan en namens hulle praat nie. Elkeen stap sy eie pad met die Here. God werk met elkeen en mag omstandighede gebruik om ons nader aan Hom te trek, wie sal weet?

    En wat met elkeen van ons gebeur in hierdie lewe is ook nie vir God 'n verrassing nie. Hy weet alles vooruit. Hy is ook die God van die toekoms, net soos Hy God van die verlede en die hede is. Hy het Openbaring geskryf! Ek het reeds aangedui dat alles wat aan die eindtyd opgeskryf is fyn beplan is in God se Raadsplan, net soos wat alles wat reeds gebeur het in die verlede, ook in God se Raadspaln geval het. Glo dit, of gooi dit weg, God ken alles, en weet alles, en ek berus my daarmee.

    Elkeen moet sy paadjie in geloof stap saam met die Here. Party kinders van God leer vinnig, party leer stadig, en party leer nooit. Dis die lewe. Maar wat ookal gebeur, ek weet God is lief vir elkeen van hulle.
    Elkeen kry dieselfde maatstaf van geloof as hy weergebore is, maar die onus bly op homself om daardie geloofsaadjie te koester, te voed en te laat groei. Indien jy nie die Woord van God lees nie, of hoor nie, of in diepte saam met Heilige Gees bestudeer nie, sal jou geloof of krimp of stagneer en dieselfde bly.

    Wat ek ook vandag sien, is dat God se Gees ons leermeester moet wees. Ons kry so baie goed vandag op die inrternet, soveel verskillende tweedehanse denke, maar dis tweedehans. Laat God se Gees jou eerste lei oor 'n onderwerp, en daarna moet ander goeters daarby inval, anders is mense op 'n dwaalweg. Die Woord van God is die maatstaaf. Indien einige iets bots met die Woord van God, dan moet daar rooi vlaggies begin opgaan. indien daar 'n paar rooi vlaggies opskiet, moet jy baie versigtig wees met tweedehandse inligting. Die satan kom soos 'n engel van die lig, passop!

    As ons oor lyding praat, dink ek daar is genoeg verse in die Bybel waar God se Gees ons bemoedig dat daar WEL lyding, verdrukking, vervolging en versoeking gaan wees vir ons as kinders van God. Die hele Nuwe Testament is propvol daaroor, en Jesus het dit vooruit voorspel, dat dit so gaan wees. Hoekom wil ons dan stry? Gaan bestudeer asseblief die Nuwe Testament, en kyk hoeveel keer daar oor die onderwerpe gepraat word, dis hope op hope verse van bemoediging!!!
    Al die dissipels van God het dit baie erg beleef, en Paulus is seker een van die grootste. As ons in een oomblik met 'n "religious spirit" dink dat Paulus wou gehad het dat hierdie goed oor hom moes kom, dan is ons verwaand en arrogant en leef ons in 'n droomwereld. Paulus is die een wat ons geleer het van Goddelike wapens, en hoe om satan te weerstaan...., maar tog het al daai goed met al die dissipels gebeur, asook die eerste kerke en volgelinge van Christus. So wat maak ons so spesiaal, dat ons dit gaan vryspring??? Ken ons God se Raadsplan?
    So sien ons ook in die afgelope eeue dat sendelinge en kinders van God erg deurgeloop het onder lyding, vervolging, verdrukking en versoeking. Kan ons as die kerk vandag so arrogant wees en aantoon dat ons dit definitief gaan vryspring??? Ek weet nie, jy ook nie! Ons weerstaan satan en doen ons ding, soos wat God ons lei.., maar ek wil nie glo dat ons vandag meer weet as 'n Heilige Gees vervulde Paulus, Petrus of Jakobus nie... Ek bly nederig voor God, en dis al.

    Jy vra die vraag: Hoekom sien ons so baie mense ly onder satan?
    As jy so braaf wil wees Chris, kan jy net sowel langs Job gesit het, langs Paulus, langs al die dissipels en langs al die sendelinge en kinders van God wat verdruk was, gely het, verdruk was, selfs onthoof was..., en hul daardie vraag gaan vra. Ek wonder regtig of jy die moed gaan he om ooit weer hierdie vraag te vra. Ek en jy het nie al die kennis nie...

    Lekker dag.

  10. #10
    Hein

    Jy se alles wat gebeur is God se raadsplan. Ek probeer vir jou verduidelik dit is nie, dit kan nie wees nie. God het ons as mens ons eie wil gegee, ons het dus 'n opsie om buite God se wil te beweeg. Kinders van God probeer in Sy wil bly, maar ons het n keuse.

    Ek is seker jy sal saamstem dat mense buite God se wil beweeg. Dan is daardie mense mos nie meer deel van God se raadsplan nie en is dit nie God se wil wat geskied nie. Stem ons saam daaroor?

    Chris

Page 1 of 2 12 LastLast

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •