Chris weet jy ek is nie eens lus om jou weer te antwoord nie, want dit is so duidelik dat jy glad nie mooi verstaan nie. Ek het hierdie al oor en oor en oor en oor, en oor en oor verduidelik, keer op keer.
Kan jy vir eens en vir altyd besef dat God se Raadsplan niks uit te waai het, met of ons kies om binne God se wil optree of nie, NIKS nie! Ons het keuese! Jy is reg. Maar wat ek en jy van Raadsplan in definisie glo, is blybaar hemelsbreed!
Sy Raadsplan weet VOOURUIT dat jy nie in Sy wil gaan optree nie. Sy Raadsplan WEET VOORUIT dat jy aan die pretrist futurist geloof sou begin vashou, en dit begin glo. God is nie buite beheer as ek en jy verkeerd optree nie. Hy is nie eens verras nie! Sy Raadsplan vir die aarde is reeds vasgestel, en dis presies hoe dit gaan gebeur op die aarde. Wat ek probeer uitwys is dat God alles vooruit weet.
Nog voordat ek hierdie skrywe gerig het, het God presies geweet wat ek jou gaan antwoord, en Hy weet ook wat jy gaan "reply"
Ja, jy is reg, dit is nie God se wens dat ons moet afwyk nie, maar dis buite Sy wil hoe jy optree hier op aarde. Maar glo dit, dis in God se Raadsplan opgetrek, oneindige tyd voordat dit gebeur! En dit gaan so gebeur, dit gaan nie verander nie. God is Soewerein bo alles!
Ek hoop dis duidelik dat my en jou definisie hemelsbreeds verskil.