Hein

Ek het hierdie al vir jou verduidelik. Ek probeer weer.

Die skrywe word gerig aan spesifieke, genoemde gemeentes, ons weet die gemeentes het in die tyd bestaan. Daar is dus geen verwarring of kwessie nie, dit is uitgespel. Ek haal die gedeelte aan want ek wil he jy moet jouself in die gemeentes se situasie indink en dit dan lees.

Rev 3:1 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Sardis: So s Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood.
Rev 3:2 Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor die o van my God nie.
Rev 3:3 Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos 'n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie.
Rev 3:4 Maar julle het darem 'n paar mense daar in Sardis wat nie hulle klere besoedel het nie, en hulle sal altyd in wit klere by My wees omdat hulle dit waardig is.
Rev 3:5 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort.
Rev 3:6 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes s.
Rev 3:7 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Filadelfia: So s die Heilige, die Ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie:
Rev 3:8 Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het 'n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verlon nie.
Rev 3:9 Kyk, Ek beskik dat van die lede van die sinagoge van die Satan, die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar lieg kyk, Ek sal maak dat hulle kom en voor julle kniel en erken dat Ek julle liefhet.
Rev 3:10 Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
Rev 3:11 Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie.

Nou, die gemeentelede is al almal dood. Volgens jou moet dit nog gebeur. Dan is Johannes volgens jou 'n vals profeet of God het nie sy woord gehou en onverwags, soos 'n dief in die nag op hulle afgekom nie.

Lees wat daar staan, nie wat mense wil he jy moet glo daar staan nie. Daar is geen verwysing na komende geslagte of kerke nie. Die boodskap was van toepassing op daardie gemeentes.

Wat pla jou in Hfst 14?

Chris